Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Enige iets waarna jy soek/Anything you want
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Goeiemiddag almal,

So in die afgelope paar maandjies het ons 'n meevallertjie beleef en ons trek nou na 'n kleinhoewe toe. Dis nie baie groot nie, net so onder die 5Ha, maar dis groot en stil en wild genoeg dat daar darem 'n paar bokkies loop, en daar is spore van varke en ystervarke en so paar ander goete ook wat ek so vinnig opgemerk het.

Ek beplan om 'n lekker groot tuin te maak daarso, en ek wil dus kan peste beheer as dit nodig sou wees. Die naaste huis is so 250m, so nie baie ver nie, maar ook nou weer ver genoeg sodat ek gemaklik bietjie op my eie erf kan speel met 'n kleinerige geweertjie. Ek het gedink met iets soos 'n .22LR met 'n knaldemper op sal buurman nooit eers weet dat ek so bietjie speel nie, so dis na so iets wat ek kyk. Klein, lig, stillerig, goedkoop om te skiet.

Ek sal natuurlik 'n mooi nuwe een verkies, maar die begroting is styf, so enigiets wat nog akkuraat kan skiet sal ek waardeer. Ek sal kolwe regmaak en mooimaak en so aan, solank die loop net nog werk. Selfs 'n magasyn is 'n "nice to have" en nie nodig nie, enkelskoot geweertjies werk ook.

Ek weet baie manne het partykeer so ou een wat daar in 'n kas staan van Oupa se dae af wat nie die aandag kry wat hy verdien nie, so ek bied aan om hom die liefde te geen wat hy so bitter graag nodig het. So paar jaar terug het mense die goed sommer verniet weggegee, maar toe was ek hardkoppig en het mos aangedring op 'n CZ, wat toe nooit realiseer het nie.

So ja, hier is ek, en ek wonder, wat kan ek kry, het iemand so iets?
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1185
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by heywillie »

Kyk op Classic Arms se auctions, ek seker daar sal 'n 22LR deurkom vir 'n goeie prys.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Ds J »

Daar was n ruk gelede 'n enkelskoot .22 hier op die forum te koop. Ek weet nie of hy verkoop het nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by tripodmvr »

Hier was een te koop.

viewtopic.php?p=886454#p886454
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Ek het alvergeet van daardie een, dankie Oom Driepoot! Ek sal gaan grawe waar Lapua se nommer is. Ek het daardie geweertjie laat glip, ek is mos retrench net toe ek hom wou bevestig, maar dinge lyk nou beter.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by OosKaapJagter »

Gaan na jou plaaslike geweerwinkels en doen navraag. Die meeste het agter in die kluis gebruikte .22's soos boedelwapens wat ingehandig is en net daar staan. Dit is gewoonlik die nuutste modegiere wat uitgestal word op die voorste rakke.

Jy sal gewoonlik so wapen teen 'n baie billike prys kan bekom en het geen drama met koerierdienste om die wapen by jou te kry nie. Ek het op hierdie wyse twee Anschutz geweertjies met teleskope gekry vir R3500 en R5500 onderskeidelik.

Classic Arms se mees onlangse aanlyn veiling was die afgelope naweek, so daardie bus is verpas tot die volgende veiling plaasvind. Daar was 'n hele klomp .22's te koop.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Fanta300 »

Daar is ‘n hele paar hier by die winkel waar ek deeltyds betrokke is. Laat weet jou
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Dankie Fanta, waardeer dit.

Ja die geweertjie van Lapua was pragtig, met 'n teleskoop en alles. Die ding het aan my hartsnare gepluk, maar nou ja, daar is geen salf aan te smeer nie :D
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by alecjohnson »

As jy een kan kry, 'n Brno Mod1 met knaldemper tjoepstil, hoor slagpen en dan impak. Die roer is subsonies met standaard ammo.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Fanta300 »

Brno is eerste prys maar ek sien hulle word al geadverteer vir R10000?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Ja mense se pryse is bietjie rof. Fanta ek dink dis die gunshop waar jy betrokke is, hulle het my gebel met 'n goeie aanbod, maar ek kan nie daardie geld spandeer op 'n nuwe geweer nou nie. Dis net nie op die boeke nie.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Fanta300 »

IMG_0100.jpeg
IMG_0101.jpeg
IMG_0102.jpeg
BSA met buis magesyn. R1000.00
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Daardie lyk netjies! Hoe lyk die loop en aksie as ek mag vra? Nog netjies? Sal hy nog 'n coke blikkie op 50 m kan tref? Indien so, vat ek hom!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Fanta300 »

Die gunsmith was nie vanoggend daar nie maar sal vra dat hy hom more bietjie diens en sommer ‘n groepering skiet op 30m. Behoort goeie aanduiding te wees. Laat weet jou.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Lekker, dankie man, dis great. Ek sal sy kolf bietjie mooimaak, en dan kan ek met hom speel!
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by vossie1 »

Ek dink dis n goeie koop vir jou behoefte, lyk of hy genoeg vleis voor op die loop het vir n silencer. Kyk vir een wat oor gly om koste te bespaar of laat Oom Fantie hulle vir jou thread sny.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Ja ek dink ek moet sommer die draad laat sny en klaarkry. Dan is dit gedoen en ek kan rustig 'n dempertjie soek.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by HeinM »

Fanta,

Lig daardie slot nie te hoog vir 'n scope nie...
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Man vra die belangrike vrae hierso, want ek weet nie. Wat ek van .22LRs af weet is gevaarlik.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Ds J »

https://www.emma-rifles.co.uk/product/b ... ion-rifle/

Dit lyk na dieselfde model. Daar is nie voorsiening vir 'n teleskoop nie, en die slot maak direk boontoe oop.

Is daar 'n moontlikheid om 'n rewolwerteleskoop op te sit?
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Giepie »

Wil nie die draad kaap nie, maar wie het ervaring van die 3D printed silencers? Ek wil 'n slip-on vir my Krico laat maak.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

Ds J wrote: Mon Nov 18, 2024 8:55 am https://www.emma-rifles.co.uk/product/b ... ion-rifle/

Dit lyk na dieselfde model. Daar is nie voorsiening vir 'n teleskoop nie, en die slot maak direk boontoe oop.

Is daar 'n moontlikheid om 'n rewolwerteleskoop op te sit?
Lyk of mens die montering baie vorentoe sal moet maak, en dan 'n brug sal moet opsit wat die teleskoop agtertoe bring. Sal hoor wat Fanta te se het, ek gesels met hom in die agtergrond.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Toxxyc »

OK ja daardie enetjie gaan nie werk nie. Die teleskoop issue kan ons oplos, maar die silencer wat die reloading tube blok het nie 'n uitweg nie.

So ek loer voort!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Gesoek: Stil, subsoniese geweertjie (.22LR?)

Post by Fanta300 »

Ok, soos Toxxyc sê, hierdie een gaan nie werk vir hom nie so ek soek voort.

Indien iemand anders belangstel in hierdie een, laat weet my.

Post Reply