.22 LR Teleskoop

User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

.22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Naandse Almal

Ek het n baie sexy Bruno Model 1 .22'tjie. Ek het Vortex Crossfire 2-7x32 teleskoop op hom monteer. Daar is nie fout met die teleskoop nie, hy is net effens te groot en maak die geweertjie lomp.

Wat is 'n alternatief? Ek het grootgeword met 'n 4x20 teleskoop op my. 22 en dit wat heel goed genoeg vir my. Wat sal julle voorstel?

Groete

Sent from my SM-G991B using Tapatalk


Last edited by PietVis on Wed Nov 06, 2024 10:11 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Jaco vdW »

Hallo PietVis

Ek het so jaar gelede Leopold VX Freedom 3-9x40 Rimfire teleskope gekoop vir ons .22's (CZ 452)
Dis 'n lekker kompakte teleskoop. Die paralaks is ook meer geskik vir tipiese .22 skiet, en die afmik gradering werk baie goed.
Sal enige dag hulle weer koop.

Hulle doen ook 'n 4-12 wat ook baie lekker sal werk. Daar was net nie op daardie stadium van hulle beskikbaar nie.
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Hi Jaco

Die objektiewe lens van die Leupold is 40mm, dit is nog groter as die 32mm van Vorteks.

Ek hou glad nie van die moderne neiging waar ouens reuse teleskope op gewere monteer nie. Ek soek 'n klein teleskopie, ek skiet min na papier en jag baie. So 'n kompakte teleskoop is waarna ek soek.

Ek woon in Zambië, hier is min skietbane maar baie jagplek!

Groete

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Jaco vdW »

Ek het die deel van die x32 Vortex mis gelees.

Ja, die VX Freedom is defnitief meer gemik op baan skiet. Dis waar 99.8% van my .22 patrone opeindig.
Dalk iets soos n 1-5 x25 tipe teleskoop soos wat die manne op die groot gewere sit? Die tipe waar die opjektief dieselfde grote as die buis is?

Daar is my ervaring ongelukkig baie beperk, en my opinie glad nie gepas vir jou vraag nie!
Ek het met Pappbeer se 416 geskiet met 'n Swarovski Z6 1-6 op. Mense, dis nou die ding!
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Die kwaal and daardie teleskope is prys, ek het sulkes op van my groter kalibers.

Ek is nie lus om duisende te spandeer om fisante en bosbokke op 30 - 50 meter te skiet nie.

Sekerlik moet daar tog êrens 'n teleskoop vervaardiger wees wat besef dat jag nie op 300 meter + plaasvind nie.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Supacow »

Ek sien Takealot het 4x20 op special R199 afgemerk vanaf R450
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Jaco vdW »

Wat van die teleskope wat op die AR15 tipe gewere gemik is?
Sekerlik is daar meer bekostigbare fabrikate?

Vir 30-50m wat van 'n red dot van soorte?
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Supacow wrote:Ek sien Takealot het 4x20 op special R199 afgemerk vanaf R450
Hahaha

'n Man het darem sy trots!

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Jaco vdW wrote:Wat van die teleskope wat op die AR15 tipe gewere gemik is?
Sekerlik is daar meer bekostigbare fabrikate?

Vir 30-50m wat van 'n red dot van soorte?
Ek het ook aan hulle gedink, maar die wat ek op Amazon sien is almal vreeslik bonkig.

Lyk soos 'n tipe dubbel doel - mik na die vyand en intimideer hom het jou cool hardware.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Geno »

Ek het 'n scope in gedagte. Leupold VX Freedom 1,5-4x28
Dis wel 'n "scout" teleskoop met 6" eye relief, so ek weet nie of hy gaan werk op jou geweer nie?
Ek bevestig voorraad dan laat weet ek jou.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Geno wrote:Ek het 'n scope in gedagte. Leupold VX Freedom 1,5-4x28
Dis wel 'n "scout" teleskoop met 6" eye relief, so ek weet nie of hy gaan werk op jou geweer nie?
Ek bevestig voorraad dan laat weet ek jou.
Hello Geno

Laat weet my asb

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Geno »

PietVis wrote: Thu Nov 07, 2024 9:21 am
Geno wrote:Ek het 'n scope in gedagte. Leupold VX Freedom 1,5-4x28
Dis wel 'n "scout" teleskoop met 6" eye relief, so ek weet nie of hy gaan werk op jou geweer nie?
Ek bevestig voorraad dan laat weet ek jou.
Hello Geno

Laat weet my asb

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Ongelukkig niks.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Ratel »

Kyk ook na Hawke wat spesifiek vir .22 is.
Maak 'n verskil
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by HeinM »

Ek het 'n ou 3-9x40 Tasco (Japan) op my BRNO mod. 1 vir jag en hy pas perfek. Ek het Saterdag weer vuurhoutjieboksies op 80m skoot vir skoot met S&B Standards geskiet.
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Goeie voorstel, ek het gou gekyk.

Wat de drommel maak mens met 'n 12x vergroting teleskoop op 'n 22 LR? Of is ek 'n dinosourus wat lekker gemaklik met my geweer op my skouer deur die veld wil stap en kleinwild jag.

Hoe leer 'n mens 'n klein seuntjie skiet met 'n lomp ongemaklike geweer? My Pa het my 22 se kolf afgesaag en 'n 4x15 teleskoop opgesit toe 11 jaar oud was en my losgelaat op die plaas.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Jaco vdW »

Ek dink meeste van ons skiet bykans al ons .22 skote op 'n skietbaan.

Om die kompetisies relevant en uitdagend te hou, word die teikens al hoe kleiner, en die afstande rek ook.
Baie van die skiete repliseer die senterslag skiete, net oor korter afstand, wat goedkoper oefen moontlik maak.

Ons skietklub het 'n informele kompetisie wat oor 'n jaar loop. Jy kan soveel keer skiet as wat jy wil, een telling per maand gaan deur, en top ses maande tel. Dit is sogenaamde "hostage" teikens, en dit verg bitter fyn skiet om enigsins 'n telling te kry. So dis maar waarheen die groot vergrotings oppad is.

Ek sal enige dag dit verruil om in die veld te stap met die .22
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by CarelG »

Dalk die een
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
mahomedy13
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Dec 04, 2023 11:40 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by mahomedy13 »

Consider the lpvo Victoptics S6. 1-6x24, illuminated reticle, compact design.

Sent from my SM-S908E using Tapatalk

User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Jaco vdW wrote:Ek dink meeste van ons skiet bykans al ons .22 skote op 'n skietbaan.

Om die kompetisies relevant en uitdagend te hou, word die teikens al hoe kleiner, en die afstande rek ook.
Baie van die skiete repliseer die senterslag skiete, net oor korter afstand, wat goedkoper oefen moontlik maak.

Ons skietklub het 'n informele kompetisie wat oor 'n jaar loop. Jy kan soveel keer skiet as wat jy wil, een telling per maand gaan deur, en top ses maande tel. Dit is sogenaamde "hostage" teikens, en dit verg bitter fyn skiet om enigsins 'n telling te kry. So dis maar waarheen die groot vergrotings oppad is.

Ek sal enige dag dit verruil om in die veld te stap met die .22
Ja, dit is seker hoe die wêreld verander nè!

Ek sien die gewere wat hulle verkoop is ook nie meer vir n man wat met sy voete jag nie, dit is skietbaan of bakkie.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Chevvy SS »

Kyk of jy êrens 'n Bushnell .22 Rimfire 3-9x32 Matte Multi-X Riflescope 762239 kan kry as dit jou vereistes pas? Het goed vir my gewerk.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Pappabeer »

Wat is jou budget Piet?

As jy vir period voorkoms van n ou Model 1 gaan en nie vêrder as 50m gaan skiet nie kan jy vir n ou Weaver K2 gaan. n Ou Zeiss diatal 4x32 of S&B 4x32 kan ook goed werk. Prakties gesproke dink ek jy het n goeie ding aan die gang met die huidige teleskoop.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Pappabeer wrote:Wat is jou budget Piet?

As jy vir period voorkoms van n ou Model 1 gaan en nie vêrder as 50m gaan skiet nie kan jy vir n ou Weaver K2 gaan. n Ou Zeiss diatal 4x32 of S&B 4x32 kan ook goed werk. Prakties gesproke dink ek jy het n goeie ding aan die gang met die huidige teleskoop.
Die Vorteks is heel gaaf.

Maar dit is mos lekker aan die goed te karring tot dit perfek is.

Ek moet dalk op ebay soek vir 'n ou teleskoop, kan dalk mooi lyk en as hy hog helder is lekker werk.

Groetnis!

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by HeinM »

PietVis wrote: Thu Nov 07, 2024 8:46 pm
Pappabeer wrote:Wat is jou budget Piet?

As jy vir period voorkoms van n ou Model 1 gaan en nie vêrder as 50m gaan skiet nie kan jy vir n ou Weaver K2 gaan. n Ou Zeiss diatal 4x32 of S&B 4x32 kan ook goed werk. Prakties gesproke dink ek jy het n goeie ding aan die gang met die huidige teleskoop.
Die Vorteks is heel gaaf.

Maar dit is mos lekker aan die goed te karring tot dit perfek is.

Ek moet dalk op ebay soek vir 'n ou teleskoop, kan dalk mooi lyk en as hy hog helder is lekker werk.

Groetnis!

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Ek het al tientalle scopes om my mod. 1 oor die bestek van 30 jaar gehad. As jy verder s 100m skiet, moet jy 'n beter vergroting hê. Vir nader kan maar die mini mouse goedjies opsit. My Hornet maak nou die 150-200m gap mooi toe ;)

Mooi dag daar!
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: .22 LR Teleskoop

Post by Louisdewet »

https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 25762.html

Daai Weaver


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: .22 LR Teleskoop

Post by PietVis »

Louisdewet wrote:https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 25762.html

Daai Weaver


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie!
Het daardie teleskoop 'n 1" buis?
Ek sal die verkoper more kontak.

Hier is 'n foto van 'n slaai vreter wat pas voor my saloentjie gesneuwel wel. Net sodat julle manne nie dink ek praat te veel nonsens nie ;)

Die Vorteks het mooi gewerk, dalk jeuk my agterkant te veel. Image

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

Post Reply