1. Dele van die land wat steeds baie goeie jagplekke aanbied of selfs (ongelukkig) verswak het in vergelyking met vorige seisoene.
2. Nuwe "gadgets" wat manne deesdae met sukses in die veld gebruik.
3. Kalibers en ammunisie wat deesdae baie gewild is of baie minder as in die verlede gebruik word.
4. Hoe jaggroepe deesdae lyk (en hulle gedra) teenoor klompie jare gelede. Vir hoe lank gaan hulle deesdae op 'n trippie teenoor ander jare?
5. Plaaseienaars se gedrag teenoor jagters. Watter dienste hulle deesdae aanbied teenoor ander jare, ens?
6. Slagwerk en koelkamer en ander vleisverwerkings op plase.
7. PH of gidse wat deesdae aangewend word op plase.
ens, ens. Ek dink julle verstaan die gedagte van hierdie gesprek.
Trek gerus weg en vertel 'n bietjie!



Agter die blad is hoe ek geleer is en verstaan 100% die beginsel daaragter


