Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Enige iets tov messe.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by win270 »

Hoop hierdie is sommer net 'n lekker gesels-onderwerp waar jagters kan vertel wat het hulle die meeste opgemerk/ervaar/waargeneem/geleer, ens gedurende 2024 se jagseisoen. Vertel gerus aspekte soos:

1. Dele van die land wat steeds baie goeie jagplekke aanbied of selfs (ongelukkig) verswak het in vergelyking met vorige seisoene.

2. Nuwe "gadgets" wat manne deesdae met sukses in die veld gebruik.

3. Kalibers en ammunisie wat deesdae baie gewild is of baie minder as in die verlede gebruik word.

4. Hoe jaggroepe deesdae lyk (en hulle gedra) teenoor klompie jare gelede. Vir hoe lank gaan hulle deesdae op 'n trippie teenoor ander jare?

5. Plaaseienaars se gedrag teenoor jagters. Watter dienste hulle deesdae aanbied teenoor ander jare, ens?

6. Slagwerk en koelkamer en ander vleisverwerkings op plase.

7. PH of gidse wat deesdae aangewend word op plase.

ens, ens. Ek dink julle verstaan die gedagte van hierdie gesprek.

Trek gerus weg en vertel 'n bietjie! :)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Pvdw »

Ek eksperimenteer of beproef eerder as ek dit so kan stel my kleredrag in die veld. Ek dra glad nie camo nie maar het agter gekom dat langmou hempde, 'n buff tot oor my neus en 'n hoed om die blink van my hare weg te steek virseker vir my werk. Al werk dit net in my kop, gee ek nie om hoe die wild daaroor voel nie maar dis my waarneming die laaste 2 jaar.

Plaas waar ek nou al 9 jaar jag het mense wat nou die laaste 3 jaar karkaste strip en al die snitte en trimmings in sakke pak. Dit is "nuut" vir die plaas en is 'n puik toevoeging volgens my.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Cobus(Cobb) »

1. Moenie jou kamaste by die huis vergeet nie
2. 5 been dead hold stokke(DIY weegawe vir R400) bly 'n puik platform om vanaf te skiet

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by 30-06 »

Cobus(Cobb) wrote: Mon Aug 26, 2024 10:17 pm 1. Moenie jou kamaste by die huis vergeet nie
2. 5 been dead hold stokke(DIY weegawe vir R400) bly 'n puik platform om vanaf te skiet

Cheers
Deel jou resep. Wat gebruik jy vir die geweer om in te rus?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by win270 »

User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Jassie »

Ek het steeds hopeloos te min gejag.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by J le Roux »

Nie alle skote wat jy in die Bosveld gebied word is naby nie.

Onhou maar om jou Rangefinder bydehand te hê as die boer jou 'n vêr skoot in die padlangs aanbied en jy 'n rubberarm het.

Ek sê maar namens 'n vriend ;)
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by win270 »

Dis baie waar, ek verwys nou na die ver skote wat mens soms ook daar moet vat . . . en nie na jou vriend se rubberarm nie!! ;D
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by JF123 »

Bladskote mors vleis
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Capt. Yoda »

Voor 2025 se seisoen kort ek so ene

viewtopic.php?t=91267
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by win270 »

JF123 wrote: Wed Aug 28, 2024 12:18 pm Bladskote mors vleis
Ek stem volmondig saam. Skiet net "agter die blad", as jy kan. Mens moet natuurlik net vooraf mooi verstaan waar die hart en longe is sowal as hoek waarteen jy skiet in ag neem. As jy ook weet waar die nekwerwels is en goed genoeg skiet, skiet nekskoot.

Daar is natuurlik situasies en sekere wildsoorte waar bogenoemde nie goeie advies is nie. Ek wil dus nie veralgemeen nie.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Eduard Venter »

Ek hou nou weer gladnie van agter die blad skote nie. Het 'n groep hierdie jaar gehad wat 15 pens skote uit 17 gehad het, asook 2 bokke verloor het. Dis ouens wat agter die blad skiet om vleis te spaar. Ek weet party manne skiet baie goed, maar ek verkies op die middel van die blad dan hardloop die bok nie ver nie, bloei baie en daar is nooit pens in jou vleis nie. Ek is allergies vir pens. As mens wil vleis spaar skiet 'n kopskoot. Dis my gevoel, ander ouens sal sekerlik verskil Agter die blad is hoe ek geleer is en verstaan 100% die beginsel daaragter

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by JF123 »

Nek en kop skote verder vir my. Ek sal eerder nekvleis verloor as skouer en ribbes. Net as dit regtig moet ver skiet sal ek weer blad of agter blad skiet.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Frederik »

win270 wrote: Mon Aug 26, 2024 7:02 am Hoop hierdie is sommer net 'n lekker gesels-onderwerp waar jagters kan vertel wat het hulle die meeste opgemerk/ervaar/waargeneem/geleer, ens gedurende 2024 se jagseisoen. Vertel gerus aspekte soos:

1. Dele van die land wat steeds baie goeie jagplekke aanbied of selfs (ongelukkig) verswak het in vergelyking met vorige seisoene.
Drie van die 4 plase waar ek die jaar gejag het het stroper probleme gehad. 2 in Limpopo en een in die Vrystaat.

2. Nuwe "gadgets" wat manne deesdae met sukses in die veld gebruik.
4 been deadhold sticks.

3. Kalibers en ammunisie wat deesdae baie gewild is of baie minder as in die verlede gebruik word.
Ek het verlief geraak op my 7x57

4. Hoe jaggroepe deesdae lyk (en hulle gedra) teenoor klompie jare gelede. Vir hoe lank gaan hulle deesdae op 'n trippie teenoor ander jare?
Oor die algemeen was ek die jaar elke keer saam groepie jagters eerste keer dat ek nie alleen trip reel en jag nie. lekker gekuier alles behalwe die Vrystaat trippe baie hard gejag die Vrystaat was meer kuier en my broer se bachelors.

5. Plaaseienaars se gedrag teenoor jagters. Watter dienste hulle deesdae aanbied teenoor ander jare, ens?
Geen regte klagtes nie maar as jy dagfooi betaal moet alles darem in werkende orde wees een jag voertuig was nie werkend en dan koelkamer probleem.

6. Slagwerk en koelkamer en ander vleisverwerkings op plase.
Moet se die plaas waar die wild die swakste geslag was maar nog baie aanvaarbar was die Wilsdplaas waar hulle net jag die ander was werkended plase.

7. PH of gidse wat deesdae aangewend word op plase.
Een reel wat ek nie van gehou het nie was geen skiet na 5 uur nie dan is dit natuurlik die tyd waarin jy in alles vasloop.
Dit was op een van die plase agv van mense wat kwes.

ens, ens. Ek dink julle verstaan die gedagte van hierdie gesprek.

Trek gerus weg en vertel 'n bietjie! :)
Verder het ek baie lekker die jaar gejag my 7x57 mooi geleer wat ek van hom verwag. Vrystaat was meestal bakkie jag maar ook pret met bietjie van die voete af.

Hoogetepunte van 2024 seisoen:
1 RW trofee rooibok gekry
Eerste kameelperd gejag met 458 Lott.
Kon mooi vet eland koeie plat trek my tweede ooit. Daardie dag het ek Koedoe koei, eland koei en RW rooibok gejag alles op voet dit was een vir die boeke.

Baie Kilometers gedoen en groot les geleer Moet nie en ek herhaal nie 'n flattie wat van shop af kom die eerste aand van jag gaarmaak nie hy mag dalk wraak pleeg. Met 1st jag so uitgedraai lee hande huistoe en baie kilos ligter. :o :confused:

Image

Image

Image

Terloops Bladskote plae my nie ek skiet kop of nek as ek kans kry maar meestal bladskote en met regte kwaliteit koele en geweer kombinasie mors jy maar min. Diere vrek vinniger minder andrenalien en jy hoef meeste van die tyd nie die dier uit te bloei nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Cobus(Cobb) »

30-06 wrote: Tue Aug 27, 2024 1:17 pm
Cobus(Cobb) wrote: Mon Aug 26, 2024 10:17 pm 1. Moenie jou kamaste by die huis vergeet nie
2. 5 been dead hold stokke(DIY weegawe vir R400) bly 'n puik platform om vanaf te skiet

Cheers
Deel jou resep. Wat gebruik jy vir die geweer om in te rus?
Sal more n foto probeer laai
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Cobus(Cobb) »

20240829_091914_resized.jpg
20240829_091922_resized.jpg
20240829_091838_resized.jpg
Hoop fotos maak sin...eerste een is vir as jy moet lê en skiet.

Cheers
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Ajviljoen260rem »

Capt. Yoda wrote: Wed Aug 28, 2024 12:41 pm Voor 2025 se seisoen kort ek so ene

viewtopic.php?t=91267
Jyt mos gese jy gaan 6.5 creedmore ook dan kopp as jy een van die tripods koop??
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Capt. Yoda »

Ajviljoen260rem wrote: Fri Aug 30, 2024 10:55 am
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 28, 2024 12:41 pm Voor 2025 se seisoen kort ek so ene

viewtopic.php?t=91267
Jyt mos gese jy gaan 6.5 creedmore ook dan kopp as jy een van die tripods koop??
In n Chassis
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Ajviljoen260rem »

Capt. Yoda wrote: Fri Aug 30, 2024 10:57 am
Ajviljoen260rem wrote: Fri Aug 30, 2024 10:55 am
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 28, 2024 12:41 pm Voor 2025 se seisoen kort ek so ene

viewtopic.php?t=91267
Jyt mos gese jy gaan 6.5 creedmore ook dan kopp as jy een van die tripods koop??
In n Chassis
En scope keuse was nou weer? Hawke?
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by tripodmvr »

Nee, Nikko Stirling.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by sako 30-06 »

Moenie dat jou seun begin jag nie, dan kry jy nie meer n kans om te skiet nie.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Apie »

Wat is vleisskade?

‘n kwesbok wat in die veld vrek is vleisskade

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
mr rey
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Thu Jan 24, 2013 11:16 am

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by mr rey »

Bos so ruig mens moet in die voertuig paadjies stap (Ellisras)
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Jassie »

Apie wrote: Sun Sep 01, 2024 11:21 am Wat is vleisskade?

‘n kwesbok wat in die veld vrek is vleisskade

Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie, meer en/of groter waarheid kan daar nie van gepraat word nie.

Bewaar Apie se woorde in die anale van jag ++>:
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?

Post by Dolf014 »

"Record keeping" by slag plek is super belangrik.

As jy Sondag oggend die jagters se bokke uitweeg, en daar is iewers n fout..............gaan jy kwaai kopkrap!!!
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Post Reply