Seating Depth of Node aanpassing
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Seating Depth of Node aanpassing
Indien jy op die regte spoed is volgends node, en groep is nie te lekker nie…
Sou jy met die TPL speel of, dalk ‘n laer node probeer??
Wonder so bietjie, wat sou die regte pad wees om te volg..
Sien uit na julle opinies
Sou jy met die TPL speel of, dalk ‘n laer node probeer??
Wonder so bietjie, wat sou die regte pad wees om te volg..
Sien uit na julle opinies
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Die node berekening is nie altyd 100% nie en daarom kan dit help om so 1/2gr na weerskante toe te laai en kyk wat gebeur. Ek het nog sovêr geen TPL verstelling voorgestel indien daar 'n redelike sprong na die lande is nie. Die wat in of teen die lande is kan verwag om baie kere 'n groot ES te verwag weens drukpieke a.g.v. werklike effe langer of korter TPL.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Johan, watse geweer is dit? Ek het nou al so paar roere gesien wat hou van half nodes! Dis nou amper soos wiskunde geletterdheid teenoor wiskunde HG. TPL gaan jou dalk help om 'n MOA groep na half MOA groep te vat as jy jou kant bring, maar verseker nie 5MOA na MOA nie.
Wat beteken nie te lekker nie?
Wat beteken nie te lekker nie?
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Hmmm
Ja wou dit nie geweer spesefiek maak nie…
Maar sommer netso in die algemeen gewonner oor dit …
Dankie
Ja wou dit nie geweer spesefiek maak nie…
Maar sommer netso in die algemeen gewonner oor dit …
Dankie
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Die laer/stadiger node beteken gewoonlik n swakker fill% en laer druk, nou nie dat dit die alfa en omega is nie....maar ek hou net van n bietjie voller dop 
So my denkwyse is om tot op die "beraamde" node spoed te kom, dan seating depth te stel/toets en dan dalk klein verstelling te maak aan die kruit indien nodig. So sien ek dan ook hoe groot die spoed node band is, wat aanvaarbaar mag wees vir die doel. Soms is n ou baie gelukkig en kry sommer van die staan spoor af iets wat mooi werk.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Soos Johan hier se, kry jou max tpl en laai dan tot jy jou "node" spoed kry.jdpretorius wrote: Wed Aug 14, 2024 6:49 am Die laer/stadiger node beteken gewoonlik n swakker fill% en laer druk, nou nie dat dit die alfa en omega is nie....maar ek hou net van n bietjie voller dop
So my denkwyse is om tot op die "beraamde" node spoed te kom, dan seating depth te stel/toets en dan dalk klein verstelling te maak aan die kruit indien nodig. So sien ek dan ook hoe groot die spoed node band is, wat aanvaarbaar mag wees vir die doel. Soms is n ou baie gelukkig en kry sommer van die staan spoor af iets wat mooi werk.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Van hier af stel jy aan jou tpl (maak jou tpl korter) tot jy gelukkig is maar soos Malan se dit gaan nie noodwendig n 5MOA groep half MOA maak nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Kry dalk iemand anders om ook met die geweer te skiet, dalk bewe die die skut n bietjie meer as wat hy besef.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Stem, kan dan foute aan jou kant uitwys.sako 30-06 wrote: Wed Aug 14, 2024 1:33 pm Kry dalk iemand anders om ook met die geweer te skiet, dalk bewe die die skut n bietjie meer as wat hy besef.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Ek volg die laatste ruk Eric Cortina se you tube kanaal. Top F klas skut. Hy het ‘n interessante benadering tot herlaai. Om sy lading te kry skiet hy ‘n ladder sonder ‘n teiken en soek ‘n node waar sy ES en SD laag is. As hy die lading gekies het skiet hy dan ‘n seating depth ladder op ‘n teiken en kyk dan eers na die groep se grote.
So ja, jy moet die lading kan “tune” met TPL. Maar stem saam met die ander manne, jy moet kan skiet vir dit om te werk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
So ja, jy moet die lading kan “tune” met TPL. Maar stem saam met die ander manne, jy moet kan skiet vir dit om te werk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Eers Oom Tripod se QL kuns, daarna bietjie TPL stel en siedaar, 5 skote op 100 meter met 22-250AI (en dis op n' half node, nie eers n' vol node).
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Uitstaande @Chris!
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Baie dankie, my gewere sou egter nie so mooi geskiet het, as dit nie vir Oom Tripod se hulp was nie. Weereens baie dankie Oom Tripod!
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Seating Depth of Node aanpassing
Chris daai groepie is verseker n brag waardig....mooi gedoen
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
More Johan
Persoonlik laai ek altyd om my voorspelde nodespoed en kyk dan waar my werklike node is volgens die teiken. Jou werklike node kom so te voorskyn aangesien QL nie altyd kan voorsiening maak vir al die veranderlikes nie. Jy toets ook so die breedte van jou nodeband. Wanneer jy nou hierdie nodeband het wat gewoonlik ook gepaard gaan met n "speed pocket" sal ek reg in die middel van daai nodeband laai en van daar begin met TPL verstellings indien nodig. Hierdie nodeband is ook baie keer waar ek kry dat jou ES op sy laagste is. TPL verstellings en die invloed daarvan op jou groepering het verseker ook baie te doen met watse tiepe koeel jy gebruik. Mono koeels bv is baie meer vatbaar as bv konvensionele koeels.
Hierdie manier het ek gevind werk vir my oor n baie bree spektrum kalibers en dit neem volgens my ook die mees belangrike aspekte in ag.
Groetnis
Wouter

Die pattata is op jou bladsy boeta.....Wouter Roets wrote:More Johan

Om die TPL sweet spot te kry voor n ou fine tune met die spoed node streel eintik net bietjie my ocd en soms my ongeduld
.Ek stem vir die begin van die TPL node, om te help met die loop se keel wat weg brand oor tyd.
Stel vir middel van die spoed node maak (vir my) 100% sin oor n ou dan bietie spasie het t.o.v. bv. temp verskille.
Vir een of ander rede is die laagste ES nie altyd waar ek die beste groepe kry nie....maar gewoonlik is dit sub 15 fps.
Ek kon nog nie die misterie wen nie en dalk moet ek dan juis eerste die spoed node fine tune, en daar na TPL.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Seating Depth of Node aanpassing
My geweer skiet 'n 2 duim groep met lading X. Gaan jou TPL verstelling nou dit na 1/2 duim verander? Ek wil eers darem onder 'n duim skiet met ladingverstelling om op die node te kom. Nou maak fyner verstelling met die TPL sin om dan kleiner groepe te soek. Tensy jy op lang afstande wil jag is hierdie TPL verstelling gewoonlik net van toepassing of lang afstand skiet (presisie skiet)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br