2024 se JAGPRYSE
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
'n Ander en miskien, in hierdie gesprek, die nodigste vraag om te vra is:
Word die jagtergetalle minder of meer? (Dis die mense wat die vraag bepaal en die kontant op die tafel neersit)
As die antwoord is "minder" dan is ons reeds sterk besig om onsself te probeer vermaak.
Word die jagtergetalle minder of meer? (Dis die mense wat die vraag bepaal en die kontant op die tafel neersit)
As die antwoord is "minder" dan is ons reeds sterk besig om onsself te probeer vermaak.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Sou interesant wees om die getalle oor die laaste 5 jaar te sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Jassie, jou insette is deeglik. As ek verwys na vraag&aanbod, soos ek ook die ander gebalanseerde insette hier lees, gaan dit oor volhoubare vraag&aanbod.
Kleur pakkette is en was giere, wat mens sal klas onder nismarkte en nissegmente. Onderwerp verstaan ek gaan oor jag, nie hoë risiko nismark nie. Hulle kan ons aanbaar het verseker hulle eie bed opgemaak. Nou moet die arme/arm biltongjagter weer kontantvloei gee!
Hierdie gesprek is dalk vir baie retoriek, maar dit is sentraal deel van ekonomie. Andersins hoef ons nie meer ekonome of finans tydskrifte en des meer te hê nie, alles was dan voorheen gesê! Dit is ‘n drog redenasie.
Yoda se uitbuit voorbeelde, elkeen kan self besluit, maar dit bly bo die markpryse soos hy dit ken en waar sy geleenthede is. Dit geld vir elkeen van ons en is baie ‘relevant’. So sal dit altyd wees, ook met gastehuise, wat adverteer hulle het seesig. Daar gekom na jy duur betaal het, stap jy na die een hoek van die erf om ‘n stukkie see te sien!!!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Mens kan nie wegkom van die kragte van vraag en aanbod nie. Feit is dat die plase wat ons dink ons 'uitbuit' met belaglike pryse, nie daardie pryse sou vra indien hulle nie n redelike verwagting het dat hulle dit sal kry nie.
Indien hulle prys te hoog is, sal die vraag na die produk daal, wat afwaartse druk op pryse sal veroorsaak en volgende jaar het dieselfde plaas dalk n aangepaste (laer) pryslys....
Die tendens, soos ek dit ervaar, is egter dat jagpryse elke jaar styg, wat vir my se die vraag na wild/jag is nog gesond, en dat daar dus genoeg mense is wat bereid is om die premies te betaal, wat opwaartse druk op pryse veroorsaak.
Dis jammer vir ons tradisionele biltongjagters, maar 'it are what it are' ongelukkig.

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
As ek so na al die groot voertuie kyk wat ons mense ry in Hartenbos oor kerstyd dan kan ek sien hoekom die jagplase hulle pryse kan vra. Daar is eenvoudig nog genoeg mense in die land wat te veel geld verdien. En solank hulle bereid is om dit te betaal sal dinge nie verander.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
2024 se JAGPRYSE
Jy raak 'n waar ding aan.Jassie wrote:Hoekom is die smartiebok bedryf in sy kanon in?
Eenvoudig...
Die prys wat deur vraag en aanbod bepaal is was nie oor die langtermyn volhoubaar nie.
Verskaffers/boere/industrie moet besluit of hulle bloot net "vraag en aanbod" blindelings wil najaag en vergeet van volhoubaarheid en of dat hulle volhoubaarheid wil nastreef.
Ons slaap in die beddens wat ons eiehandig opgemaak het. Maw ons dra die gevolge van ons kort- en langtermyn besluite oor ons en ons kinders se leeftyd.
Die week wat die eerste swart rooibok op 'n veiling NIE vir 'n mal prys (in lyn met sy vleis of jag waarde) verkoop het nie, praat ek met een van die voorlopers in die wild veiling bedryf. Veral van die smartiebokke.
Hy het gesê: "Nou gaan wildboere moet doen wat boere doen. Hulle bokke vermeerder en geld maak uit die aanteel."
Hy het na wildboere verwys as sakemanne/entrepreneurs wat smarties gekoop en verkoop het. Nie Oom Fanie wat 'n verhouding met die koöperasie se personeel het en volhoubaar wild aan die mark beskikbaar stel nie. Nee, die manne wat alles net reël, jy sien nie sy gesig nie.
Die gevolge van daardie entrepreneurs se besluite ry nou nog die bedryf. Daar is spesies se prys wat nou nog nie is wat dit 15-jaar terug was nie. Voor die mal pryse.
Die man se ander kommentaar: "Dit is tog wat entrepreneurs doen. Skep en gebruik geleenthede."
Ek het met 'n bekende landbou ekonoom daaroor gesels. Self 'n gesiene beesboere wat al baie posisies beklee het.
Sy antwoord: "Dit gebeur in alle bedrywe."
Hy het 'n paar voorbeelde genoem. Nguni beeste het al die aanslag gehad. Boerbokke ook, om twee te noem.
Hier was sy Nguni voorbeeld, so effe ingekleur:
Mamma (Magda) wil 'n Nguni vel hê. Pappa (Jean-Hendrik) is nie bereid om R6 000 vir die vel te betaal in die boutique winkel in Sandton nie. Hy kan dan 'n hele bees koop vir amper daardie geld. Daardie tyd het 'n speenkalf ongeveer R5 000 op 'n veiling gehaal.
Die speenkalf vers is nog nie 'n koei nie, die vel is klein en sy kan nog nie kalf nie. Ook nie sonder 'n bul nie.
Maar, Pappa koop toe 'n paar verse en laat hulle op die naweek plasie wei. Hy moet hulle tog net grootmaak, dan gaan hy muntslaan uit die Nguni velle.
Ek meen, kyk na die somme!
R 5 000 vir die bees (kalf)
Laat hulle net bietjie groei op gratis weiding.
Slag die bees, hou die vleis en verkoop die vel vir R6 000.
Maklik!
En as hulle kalf is die belegging eers goed!
Mamma kies sommer haar vel wat sy in die ingangsportaal wil gooi. Op die veiling, terwyl hulle smul aan vetkoek wat die Landbou Unie tannies bak en verkoop.
Wat van die bul wat nodig is? Bulle kos effe meer... Ons sal later 'n bul koop.
Ag, is dit nie pragtig wanneer die beeste hier voor die dek in die lang gras wei nie?
Nou-ja, 20-maande later kos dit toe R600 om die vel te laat looi en die hare val uit.
Om die vel reg te laat looi kos eintlik R900 en dit is in Bloemfontein. Plus R200 se koerier soontoe en R200 terug.
Mamma se tweede keuse van 'n vel kos toe R1 300. Bargain!
Terwyl die gaste oor die pragtige kleurvolle vel stap en dit bewonder, wonder Jean-Hendrik aan die werklike uitgawes om die uitsonderlike, tweede keuse, vel te produseer? Want, nou wil al die vriendinne ook velle vir R1 300 hê. Nie vir die R6 000 in die Sandton boutique winkel nie. Hulle gaan ook Nguni verse koop. Sommer gou-gou. Nou-ja, laat hulle maar aangaan.
"Liefie, daar is hierdie komende Woensdag juis 'n veiling en jy kan sommer op die App koop."
"Ja, ek lees dit in die Landbouweekblad."
"Ag, dankie skat! Agt of tien beeste, asseblief. Annemé wil ook een of twee hê."
"Nee, sy sal jou betaal vir die gras. Maar ons kan die vleis hou, sy wil net die vel hê."
"Ja, die veiling is naby die plasie. Izak kan sommer met jou ou bakkie en die nuwe beessleepwa wat jy bestel het hulle gaan haal."
"Dankie my plaasboer Doorsie Pretoors." (Hy heet eintlik Pieter van Graan)
"Ek maak vir jou vanaand 'n nuwe resep uit die Plaasboer uit."
"Nee, dit is 'n nuwe tydskrif wat die haarkapster my van vertel het. Hulle het oulike resepte elke maand vir die beeste wat jy slag."
As gevolg van die groot aanvraag aan Nguni beeste, klim die prys natuurlik. Die ou storie, vraag en aanbod.
So, verkoop die Landbouweekblad meer, 'n nuwe tydskrif sien selfs die lig. Die koöperasie verkoop nou nie meer net die gewone produkte nie. Die noodsaaklike kruideniersware en selfs kampstoele word aangehou. Markte word ontgin en benut.
Kleinjan wat die beeste (wat rustig wei) oppas terwyl hulle nie op die naweek plasie is nie, kos amper 'n halwe speenkalf se prys per maand. En dit is sonder sjeba.
Die kinders het immers sport en hulle kom nou net elke vyfde naweek daar. Of die vakansie.
Die pomp het gebreek en die beeste moet water kry. Bel maar iemand en betaal.
"Is die opgiet middel vir bosluise alweer klaar Kleinjan? Ek sal gou moet ry om die koöperasie oop te vang."
(Die middag aan Mamma: "Vir wat die verbrande spietkops alewig onder daardie koeltebome sit sal ek nie weet nie. R1 000! Ek het net 140km/h gery!")
"Winterlek? Sal Oom Fanie asseblief vir my by die koöperasie oplaai? Ek sal oorbetaal."
Die winter is lank en die drakrag is toe nie 8 beeste op 'n hektaar nie. Dit is 8-10 hektaar per bees, soos Oom Fanie die buurman gesê het.
"Is dit nie skokkend wat bale gras kos nie! In die winter is dit dubbel die prys!"
"Is die twee koeie dood aan Hartwater? Nee, Oom, ek het nie die beeste gespuit nie? Ek was van plan om hulle die naweek te slag."
Kort voor lank, maar te lank om die bedryf te red, prys 'n Nguni speenkalf R18 000 en 'n bul verkoop vir die rekord prys van R185 500, voor BTW.
Hoe mooi die vel is, bepaal die prys. Die manne praat om die vuur oor planne om die velle beter te laat vertoon en allerhande goeters in die water.
Die afslaer kwyt hom goed van sy taak en die bemarkers het mooi beeste gewerf vir die, nou, weeklikse Saterdag veilig. So verkoop 'n (steriele) bul (wat vir die slagpale bestem was) vir die nuwe rekord prys van R500 000. Voor BTW, natuurlik.
Dit, en die bure wat kla, spoor die manne aan om trekkers met implemente aan te skaf sodat daar ook brandpaaie gemaak kan word.
Almal, so te sê, wen uit hierdie storie uit.
Julle weet waarheen díe storie oppad is. Né?
Toe dit moeite raak, of vir 7-jare droog en dit kos geld. Toe word daardie beeste vir minder as die vleis waarde verkoop en die eintlike boer wat sy kudde aan die gang gehou het sit met die gebakte pere.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek jag nou al vir 'n paar jaar een week elke jaar op 'n plaas in die omgewing van die Venetia myn, die dag fooie is billik, die slaggeriewe is nie watwonders nie maar werkbaar, ek kla nie. Die wildspryse is gemiddeld billik. Daar is rooibokke, koedoes en vlakvarke op die spyskaart, geen trofeefooie nie. Die plaas is ietwat meer as 4000 hektaar met die ongelooflikste mooi kremetarte op.
Ek werk my eie vleis na die jag. Vir my is dit deel van die jagervaring. Ek maak baie nat wors en ook droë wors, biltong baie min, beesbiltong werk vir my beter. Sover ek moontlik kan, ontbeen ek die vleis en probeer dir ten minste 21 dae verouder is sakke in die yskas, dit maak net 'n ongelooflike verskil aan die eindproduk. Die wildsvleis resepte is legio en wildsvleis braai net so lekker en geurig as beesvleis.
Ek hou baie van wildsvleis en ek eet dit graag, maar per kilogram prys werk wildsvleis gewoonlik heelwat duurder as bees of skaap of vark. Benewens die dag fooie en wildspryse, maak die reiskoste en koste van kos, ens op die jag gou dat daar nie sprake is van goedkoper wildsvleis nie; dus hoekom jag ek? Ek jag, want dit gaan oor soveel meer as net die oes van 'n dier of proteïen vir die tafel.
Vir my gaan dit oor die belewenis van die jag, die bekruip, die uitoorlê, die aanlê vir die skoot, die ekstase van 'n suksesvolle poging, of die lesse van misluk, die onthou en herleef, die ongelooflike helderheid van die sterre, onbesoedeld deur die ligte van 'n dorp of stad, die melkweg wat soos 'n wolk oor die hemelruim span, die reuk van 'n vuur, die vlamme in die stilte, die sonsondergang en die tarentale en patryse se bed-toe-gaan geraas, die klank van 'n naguiltjie, of 'n jakkalse se gekla, die geur van koffie voor eerste skemer, en die ontwaak van die oggend onder begeleiding van voëlsang en wek geroep, die belewenis van 'n stukkie hemel op aarde, minstens een week 'n jaar, dis hoekom ek jag. Ek beleef die nabyheid van die Vader, en verwondering oor Sy skepping, Hy maak my opnuut heel voel.
Ek hanteer die kostes so goed ek kan, as ek dit 'n jaar nie kan maak nie, dan beplan ek maar weer vir die volgende jaar, maar ek kla nie want ek is een geseënde mens wat die voorreg het om al daai belewenisse te kan beleef wanneer ek jag. Elke jaar hunker my wese opnuut na die nuwe jaar se jag.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Mooi woorde Johan.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Meeste skiet wat hier in maande gepraat is, het iemand al met n EV bakkie gejag? Dalk n golfkar
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Carel-Chris
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dan betaal mens seker minder jag bakkie koste want die ding ry mos vernietCapt. Yoda wrote: Tue Feb 06, 2024 1:53 pm Meeste skiet wat hier in maande gepraat is, het iemand al met n EV bakkie gejag? Dalk n golfkar
BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br
Superbru kampioen 2023
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br
Superbru kampioen 2023
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1247
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dankie Johan.
Vir die ander wat wonder hieroor:
Jammer, maar kan nie anders as om te lag oor die wat wonder, se denke nie.
by Johan Nel » 06 Feb 2024 12:07
Ek beleef die nabyheid van die Vader, en verwondering oor Sy skepping, Hy maak my opnuut heel voel.
Vir die ander wat wonder hieroor:
Of course, Yes ... hoe andersby Carel-Chris » 06 Feb 2024 14:04
Capt. Yoda wrote: ↑06 Feb 2024 13:53
Meeste skiet wat hier in maande gepraat is, het iemand al met n EV bakkie gejag? Dalk n golfkar
Dan betaal mens seker minder jag bakkie koste want die ding ry mos verniet
Jammer, maar kan nie anders as om te lag oor die wat wonder, se denke nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek het 'n elektriese scooter hier op die plaas. Is maar 'n fongkong een, nou nie tesla nie. Die ding is tjoepstil en jy ry vinnig vinnig in 'n trop rooibokke in. Maar daar brieke skreeu so as jy stop hol almal weg. Ek is wel al deur 3 motors op hom so gaan hom nou net weggooi hahaCapt. Yoda wrote:Meeste skiet wat hier in maande gepraat is, het iemand al met n EV bakkie gejag? Dalk n golfkar
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Vir die manne wat so sukkel met die jagpryse, jag maar hierdie tipe rooibok. Sy vleis smaak nie sleg nie... Jy moet net baie Tabasco gooi
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Boere gaan my ammo begin tel soos hul die boog jagters se pyle tel. Jag n week agter n koedoe aan en skiet 6 tarentale en 3 hase tussen deurKoos Barnard wrote: Tue Feb 06, 2024 3:40 pm Vir die manne wat so sukkel met die jagpryse, jag maar hierdie tipe rooibok. Sy vleis smaak nie sleg nie... Jy moet net baie Tabasco gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dankie Johan
Diep kosbaar.
Diep kosbaar.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Baas Koos, ek hoor jou, maar ek sal maar vir eers net daai waarneem. Die jag is wel reg...Koos Barnard wrote: Tue Feb 06, 2024 3:40 pm Vir die manne wat so sukkel met die jagpryse, jag maar hierdie tipe rooibok. Sy vleis smaak nie sleg nie... Jy moet net baie Tabasco gooi
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Geno het jy nog daai foto van ander G se werkers wat daai jakals af gekook het? Dit lyk soos skaap in daai pot, ons het self 2 werkers gehad wat nie n Jakals gelos het nie. Hulle se hy smaak so lekker want hy eet so lekker
Ek het eendag gesien hulle wind droog daai jakals karkas in n boom dan kook hulle daai blokke vleis op saam Afrika se beste pap opi bord. Streetwise of is dit nou plaaswise 5 met pap
Ek het eendag gesien hulle wind droog daai jakals karkas in n boom dan kook hulle daai blokke vleis op saam Afrika se beste pap opi bord. Streetwise of is dit nou plaaswise 5 met pap
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Hier is 'n goeie opsie. So 60km Noord van Polokwane.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
More RawstorneRawstorne wrote: Wed Feb 07, 2024 10:08 pm Hier is 'n goeie opsie. So 60km Noord van Polokwane.
Platklipfontein A3 2024 Pryse.pdf
Daai pryse lyk baie goed. Ek sien net een ding daar en jagters moet mooi kyk na die tipe goed, waar daar op die pryslys goue/blouwildebees kruising staan. Daai is n lekker grys area en kan n lekker trip totaal en al opneuk.
Groetnis
Wouter
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Wout
Nou deel bietjie jou kennis met ons asb
Nou deel bietjie jou kennis met ons asb
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Rupert
Daar is drie afdelings op daai pryslys, goue blouwildebeeste, kruisings en gewones. Pryse verskil aansienlik tussen hulle. Dit is die kruising afdeling wat dinge baie moeilik maak. Jy skiet wat jy dink n gewone blouwildebees is en die eienaar/bestuurder sien dit as n kruising want hy is bietjie ligter van kleur. In my ondervinding is dit maar n moeilike een om werklik te definieer en voel ek dat daar eerder net twee katogorie moes wees.
Groetnis
Wouter
Daar is drie afdelings op daai pryslys, goue blouwildebeeste, kruisings en gewones. Pryse verskil aansienlik tussen hulle. Dit is die kruising afdeling wat dinge baie moeilik maak. Jy skiet wat jy dink n gewone blouwildebees is en die eienaar/bestuurder sien dit as n kruising want hy is bietjie ligter van kleur. In my ondervinding is dit maar n moeilike een om werklik te definieer en voel ek dat daar eerder net twee katogorie moes wees.
Groetnis
Wouter
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
WILD WAT GRATIS GEJAG MAG WORD / GAME THAT CAN BE HUNTED FOR FREERawstorne wrote: Wed Feb 07, 2024 10:08 pm Hier is 'n goeie opsie. So 60km Noord van Polokwane.
Platklipfontein A3 2024 Pryse.pdf
Rooikat / Caracal, Jakkals / Fox Enige giftige slang / Poisoned snakes
Hond wat in jagveld aangetref word / Dogs in the field
Hoe lyk die honde populasie in daai area?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Johan, is dit dalk by Schalk van der Walt? Ons jag al meer as 30 jaar elke jaar daar.Johan Nel wrote: Tue Feb 06, 2024 12:07 pm Ek jag nou al vir 'n paar jaar een week elke jaar op 'n plaas in die omgewing van die Venetia myn, die dag fooie is billik, die slaggeriewe is nie watwonders nie maar werkbaar, ek kla nie. Die wildspryse is gemiddeld billik. Daar is rooibokke, koedoes en vlakvarke op die spyskaart, geen trofeefooie nie. Die plaas is ietwat meer as 4000 hektaar met die ongelooflikste mooi kremetarte op.
Ek werk my eie vleis na die jag. Vir my is dit deel van die jagervaring. Ek maak baie nat wors en ook droë wors, biltong baie min, beesbiltong werk vir my beter. Sover ek moontlik kan, ontbeen ek die vleis en probeer dir ten minste 21 dae verouder is sakke in die yskas, dit maak net 'n ongelooflike verskil aan die eindproduk. Die wildsvleis resepte is legio en wildsvleis braai net so lekker en geurig as beesvleis.
Ek hou baie van wildsvleis en ek eet dit graag, maar per kilogram prys werk wildsvleis gewoonlik heelwat duurder as bees of skaap of vark. Benewens die dag fooie en wildspryse, maak die reiskoste en koste van kos, ens op die jag gou dat daar nie sprake is van goedkoper wildsvleis nie; dus hoekom jag ek? Ek jag, want dit gaan oor soveel meer as net die oes van 'n dier of proteïen vir die tafel.
Vir my gaan dit oor die belewenis van die jag, die bekruip, die uitoorlê, die aanlê vir die skoot, die ekstase van 'n suksesvolle poging, of die lesse van misluk, die onthou en herleef, die ongelooflike helderheid van die sterre, onbesoedeld deur die ligte van 'n dorp of stad, die melkweg wat soos 'n wolk oor die hemelruim span, die reuk van 'n vuur, die vlamme in die stilte, die sonsondergang en die tarentale en patryse se bed-toe-gaan geraas, die klank van 'n naguiltjie, of 'n jakkalse se gekla, die geur van koffie voor eerste skemer, en die ontwaak van die oggend onder begeleiding van voëlsang en wek geroep, die belewenis van 'n stukkie hemel op aarde, minstens een week 'n jaar, dis hoekom ek jag. Ek beleef die nabyheid van die Vader, en verwondering oor Sy skepping, Hy maak my opnuut heel voel.
Ek hanteer die kostes so goed ek kan, as ek dit 'n jaar nie kan maak nie, dan beplan ek maar weer vir die volgende jaar, maar ek kla nie want ek is een geseënde mens wat die voorreg het om al daai belewenisse te kan beleef wanneer ek jag. Elke jaar hunker my wese opnuut na die nuwe jaar se jag.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Goeie môre WouterWouter Roets wrote:More RawstorneRawstorne wrote: Wed Feb 07, 2024 10:08 pm Hier is 'n goeie opsie. So 60km Noord van Polokwane.
Platklipfontein A3 2024 Pryse.pdf
Daai pryse lyk baie goed. Ek sien net een ding daar en jagters moet mooi kyk na die tipe goed, waar daar op die pryslys goue/blouwildebees kruising staan. Daai is n lekker grys area en kan n lekker trip totaal en al opneuk.
Groetnis
Wouter
Ja, hoeveel goud moet daar in 'n ring wees om dit 'n goue ring te noem?
Die jagter moet dit maar voor die tyd met die plaasbestuurder of eienaar uitsorteer.
Hy weet tog immers vooraf wat hy van plan is om te skiet.
Ek het al self saam met 'n gids gestap om 'n rooibok te skiet. Toe ons 'n trop koedoes teëkom maan hy my aan om te skiet. Nee, sê ek. Dit is nie vooraf met die eienaar gereël nie. Ons soek rooibokke.
Ek sien dus nie fout met die pryslys nie. Dit moet net vooraf gereël en duidelik wees wat wie van plan is om te doen.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Jong, ek ken die familie al etlike jare. Daar was per geleentheid, net soos in die res van die distrik, al heelwat honde jagters.Capt. Yoda wrote:WILD WAT GRATIS GEJAG MAG WORD / GAME THAT CAN BE HUNTED FOR FREERawstorne wrote: Wed Feb 07, 2024 10:08 pm Hier is 'n goeie opsie. So 60km Noord van Polokwane.
Platklipfontein A3 2024 Pryse.pdf
Rooikat / Caracal, Jakkals / Fox Enige giftige slang / Poisoned snakes
Hond wat in jagveld aangetref word / Dogs in the field
Hoe lyk die honde populasie in daai area?
Die honde bly soms in die veld agter wanneer die lot verby of deur beweeg.
Altwee is lastig. Die hond en die eienaar.
Ek sou nou nie aanbeveel dat jy jou hele jagtog so beplan dat jy met jou langafstandgeweer daar opdaag om honde te skiet nie. Maar, ek kan wel noem dat die Legkraal Distrik Landbou Unie heel moontlik jou tot held kan verklaar indien jy die ou probleempie oplos.
Ek self, het lanklaas hondespore in die veld gekry. Maar, hulle is iewers. Glo my. Wag maar net vir die volgende volmaan voor 'n naweek.