2024 se JAGPRYSE
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
2024 se JAGPRYSE
More Manne
Alles wat mooi is vir 2024 en jul geliefdes.
Ek en Gideon gesels so gister oor 2024 se jag en die vraag kom op hoe gaan die jaar se jagpryse lyk.
Gaan ons n verhoging sien of gaan die pryse maar dieselfde lyk as 2023 sin. Het julle al 2024 pryse gesien
en wat is jou gevoel oor die pryse?
Blykbaar is daar n nuwe ding wat begin kop uitsteek tussen die boere wat meestal vir die manne oorsee bedoel is
om hulle aandag tetrek en dit is om n "culling" pakket vir hulle te gee na hy nou sy trofees gejag het.
Die "pakket"is blykbaar ons vleis bokke teen n baie laer prys wat nou gaan beteken dat baie van daai boere nou nog minder gaan
omgee oor ons lokale jagters want hy maak nogsteeds meer geld uit hulle uit en hy kan die vleis nou ook nog aan winste toeskryf.
Is dit iets om oor bekomert tewees? Wat dink julle?
Groete

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek kan nie sien dat pryse dieselfde gaan bly nie. As mens kyk na die inset koste wat die boer het net om te kan voort bestaan, dan voorsien ek 'n styging in pryse. Kyk maar na diesel, voer, dip ens ens wat alles gestyg het. Ek sou se kies maar baie noukeurig waar jy gaan jag. Al die boere akkomodeer nie oorsese jagters nie en mens kan nog steeds billik jag. Iemand wie ek goed ken wie wel oorsee se jagters kry kwoteer my onlangs R18 000 per koedoe bul. (Nie trofee nie) aangesien die rand/dollar die prys is wat Amerikaanse jagters betaal vir so 'n koedoe bul. Nodeloos om te se het ek maar verby gehou. Alles gaan maar oor vraag en aanbod. Ek verstaan ook dat wild boerdery 'n besigheid soos enige ander besigheid is en dat enige boer maar die beste prys vir sy wild sal wil kry.
Maak 'n verskil
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Boys ek het nou al n 101 pryslyste gekry en nou my vraag.
Wie van julle het of kon nou al n plaas kry waar jy gaan jag en voel dat die pryse billik is? Manne ek is regtig geskok in wat ek nou al gesien het. Is daar n nuwe trend ?maar hel die pryse is belaglik.
Dan sien ek nou n ding wat ek nie ken nie en dit is dat jou dag fooi nie die oplaai en aflaai van wild en jagters dek nie. Die koelkamer is nou ook
al n ekstra onkoste. My laaste pryslys was die koelkamer n R1000.00 N dag. Die oplaai en aflaai van bokke en jagters R600 per dag. As jy nou wil bakkie jag R1000 n dag.
Dagfooi R500 ( min 5 jagters per groep)
Koelkamer: R 200.00 per jagter p/d
Voertuig vir op en af laai R 120.00 PER JAGTER p/d
R 820.00 P/J/P/D dan het daar nog nie eers n skoot geklap nie of die kostes van eet en drink en wat ook nog moet
bykom.
Boys dalk is ek maar net n armgat maar die maak jag vir baie manne net onmoontlik, of soos ek voel en se 'DAAR IS NIE N MANIER DAT EK DAAI BETAAL NIE".
Ja ja ja ek ken ook nou al die storie van die arme boer en sy bedryfs kostes en wat ookal maar waar gaan die stop en wat maak
die lokale jagters dan nou? Hang hy /sy geweer op en hoop dat dinge eendag gaan verander.sodat hy dalk eendag dit weer sal kan bekostig
of die pryse kan regverdig? n vakansie met die gesin werk al
Ek hoop van harte dat julle meer geluk as ons groep het. Vir my lyk dit of baie van ons by Meatworld gaan moet "Walk & stalk"
vir die volgende paar jaar.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Die plase waar die pryse nie sleg is nie soek hulle 5 ster golfbaan verblyf pryse en charge al tot vir ys.
Ek het nou onlangs n prys gesien van R1000 per persoon per dag bakkie koste in die kalahari en dis min 4 jagters of dan R4000 per dag vir minder om daar Springbokke en Gemsbokke te jag. DIe wild was goed geprys maar teen R4000 n dag om agter op n bakkie te staan en rond val moet dit seker wees
EK het al R11 000 vir n gemsbok die jaar op n pryslys gesien...gaan dam n lang pad huis toe wees as jy n 78kg Gemsbok om dop, kan seker se hy wil nie he mense moet die Gemsies skiet nie maar die ander pryse was maar net so mal
Jy kan amper vir goedkoper n paket vir jou en Ma Mauritius toe vat as om n week vir vleis te gaan jag, koedoe pryse wat ek al gesien het die jaar is glad nie sleg nie. R15 000 vir 50" + is volgens my nie sleg nie, dink standaard vleisbulle was so tussen 10 en 12k....as jy mooi kan meet kan jy n mooi 49.5" koedoe skiet vir 10k

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Pryse wissel vreeslik wat ek al gesien het 60"+ koedoe bul R120K op een plek en daar was gemsbok R13K
Party manne raak oorboot met trofee pryse
rooibok trofees bo 20" R4200
Blesbok bo 15" R5800
Wildebees bo 26" R11 000
Party manne raak oorboot met trofee pryse
rooibok trofees bo 20" R4200
Blesbok bo 15" R5800
Wildebees bo 26" R11 000
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ja ek het ok die week n BWB vir R9500 en blesbok hir R4700 gesien. Vir daai pryse gaan speel ek ma golf op van die kaap se fancy bane vir n lang naweek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
EK het verlede week met 'n plaasbestuurder gepraat oor wildaankope. Hulle koop elke jaar 'n klompie blouwildebeeste aan om te laat jag saam met die ander wild op die plaas (net om die verskeidenheid 'n bietjie groter te maak). Volgens die persoon is die goedkoopste prys wat hy gekwoteer is R8000 vir 'n blouwildebees. Die gevolg is dat hulle glad nie BWB gaan aankoop hierdie jaar nie. Volgens hom is al die wild se pryse taamlik opgestoot. Hulle gaan dus hierdie jaar net springbok, gemsbok en koedoe laat jag... wild wat hulle reeds het en baie goed aanteel.
Mooi loop
Mooi loop
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dagse
Oor die algemeen is veiling pryse redelik hoog en om te vervang is redelik duur (en tans is da n tekort ook en dit help nie). Feite is ongelukkig tans dat manne met wild beter pryse kry op veiling as uit die plaaslike mark. Weet van n 28” Bwb wat baie vinnig gegaan het vir 28k.
En ongelukkig is daar maar vrot appels tussen ons en met hoeveel dronk jagters moet n boer opgeskeep sit en kwesse om net daai 28k te maak. Ek veralgemeen dalk maar dit is definitief ook n probleem.
Raak moeiliker deesdae om n gesin jag te boek met net drie mense en lyk my hele of meeste van bedryf neig korporatief te gaan om te oorleef.

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Baie van daai manne het ma swaar tye wat voorle. Gebeur maar as jy met “wild boer” en jy moet wild koop om te laat jag. R8000 se bwb kan ma da van ouderdom vrek
Is so goed jy moet bees by n voerkraal koop om more dit te laat slag vir spar en jy is n bees boer
Is so goed jy moet bees by n voerkraal koop om more dit te laat slag vir spar en jy is n bees boer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Kaptein, ek stem saam met wat jy sê. Gelukkig is die mense waarvan ek praat skaapboere, die wild is maar 'n ekstra inkomste en hulle koop maar van tyd tot tyd aan omdat daar 'n aanvraag is of was na meer wildsoorte as wat hulle reeds op die plaas het.
Mooi loop
Mooi loop
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Die aankoop van wild vir jag dieselfde jaar, maw nie met teel in gedagte nie, sê vir my die pryse wat jagters vir daai bokke betaal is hopeloos te hoog. So 'n boer het uiters goeie jagters, hy moet eerder dankbaar wees. Iemand anders sal daai manne by hom kan oorvat of hulle gaan Spar jagters word.
Die hemel hoë pryse wat boere vir buitelanders vra vir vleis diere en 'n gewone ou jagkampie in die sand, is vir my ook 'n onding.
Alle ander vleispryse is onder druk tans en is selfs minder as laasjaar.
Jagters moet hulle nie aan hulle neuse laat rondlei nie.

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
2024 se JAGPRYSE
Jong, lyk vir my dit sal goed wees as 'n paar manne wat maklik praat vir hulleself 'n plasie aanskaf?
Dalk kan so paar manne selfs dalk saamspan en 'n plasie koop? Een van daardie goedkoop beesplase wat sommer baie trek wild het. Dan kan hulle saam die besigheid bedryf en die goeie winste sien wat die boere maak.
Dit klink mos gaaf!
Finansier dit sommer saam, man.
Kort voor lank dan jag julle self goedkoop. Lekker!
Oes sommer die ekstra wild wat so maklik aanteel en deur beweeg.
Ag, en dan kan die vrouens ook almal deel raak van die lekker om op die plaas rond te rits. Almal kom mos goed oor die weg.
Oor so jaar, wanneer die besparings wat elkeen sien omdat julle eie bokke so goedkoop gejag word, begin daar planne opgetrekte word vir 'n lodge. Sodat dit natuurlik geriefliker is vir die vroue. Hulle is saam opgewonde oor die blink idee, smul heerlik en kuier om die ou kombuistafel in die ou plaashuis waar Oom Fanie en Tannie Berta vir jare gebly het.
Ai! Julle sien al en werk fyn uit hoeveel ekstra jagters gehelp kan word met die beter fasiliteite op die plaas wat so gesins vriendelik is.
Maar, dan sal daar toegespan moet word. Want die wild moet tog beskikbaar wees wanneer die jagters die oggend opstaan.
Ook, word daar nuwe slaggeriewe en 'n koelkamer gebou. Mens kan mos nie so oop onder die boom met al die vlieë en brommers werk nie? Wat van 'n kragopwekker want Eskom is onbetroubaar op die plaas. "Hoe is dit moontlik dat die plaas se krag vir 11,5 ure elke dag af is! In die dorp is ons krag dan net 4,5 ure af?"
Dit is darem jammer dat Oom Fanie nie jare terug hierdie span tot sy beskikking gehad het om vir hom raad te gee nie. Ook is dit darem jammer dat hy nie toegang tot die nodige finansiering gehad het om alles so op te gradeer nie.
Man alleen, het hy die plaas behartig en opgebou. Die kinders het hy en Tannie Berta almal hier sien groot word. Hulle was gelukkig. Sout van die aarde mense.
Die kinders is almal vort, stede toe, want die plaas, die goedkoop wild, die lae beespryse, die duur staal en draad pryse, sekuriteit, die slegte grondpad en die ou voertuie wat nie hou nie is net te veel.
Ag en die swaardra aan die las van die droogte het hulle diep binne uitgemergel. Lusern is duur. Dit moet aangery word. Diesel is duur. Maar, hulle kan nie so staan en kyk hoe die beeste en selfs die trek wild vrek nie. Maak maar 'n polis los en koop voer. "Wat sal ons maak my vrou?" Ons kan nie dat alles ten gronde gaan nie...
Ja... Dit is mos maklik om te boer.
Die mens se geheue is maar kort. En bestaansboerdery is besig om te verdwyn...
Vanmôre skryf ek, hartseer, dankbaar, want my eerste vrag lusern het gekom. Maar, ek weet Oom Fanie kon nie meer lusern bekostig nie... Toe verkoop hy en Tant Berta maar ook die plaas...

Last edited by Rawstorne on Sat Feb 03, 2024 6:45 am, edited 1 time in total.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ons het elke nuwe jaar en voor die jagseisoen hierdie gesprekke en dis ook goed so. Almal van ons spekuleer, want die ware feite op finansiele state van beide jagter en plaaseienaar word nie voorgelê nie en is nie beskikbaar nie. Elke party bulder dus sy frustrasie uit, maar hou klompie kaarte steeds styf teen sy bors.
Dat die lewe net al hoe duurder word en druk op beide jagter en plaaseienaar toeneem, is 'n feit. As ek na jagvideo's sit en kyk waar oorsese jagters hier kom rinkink en sien hoe hulle goedsmoeds begin met swartwitpens, dan paar buffels, eland of twee en selfs nou en dan 'n kameelperd, dan raak ek naar - heel waarskynlik omdat ek dit nooit in my lewe self sal kan bekostig nie!!! Maar, dis elke plaaseienaar se prerogatief om te besluit hoe hy sy besigheid wil bedryf en wie sy teikenmark is. Oorsese jagters bring groot geld vir die land in, relatief gesproke. Wat presies met daardie groot geld uiteindelik gebeur, is 'n ander kwessie. Dat plaaslike jagters al hoe meer terugtrek in hul plat beursies, is 'n feit.
Laastens, korporatiewe jaggroepe, kan seker ook maar prysgewys harder aangeslaan word, want die stories loop maar dik watse probleme hulle veroorsaak en uitdagings meebring tydens hul sogenaamde "jagtogte".
Gooi my maar met klippe as julle so voel . . . dis net my eie opinie.
Hoop elke plaaslike jagter kry wel 'n plek waar hy sy liefde vir die veld en jag kan gaan uitleef vir 'n paar dae en op sy unieke voorkeur van jagwyse.

Last edited by win270 on Sat Feb 03, 2024 12:10 pm, edited 2 times in total.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Baie mooi uiteengesit. Alles is mos verniet. Self jare lank gesien hoe loop uitgawes op n plaas en so grootgeword.Jag bly n voorreg nie n reg nie, ja pryse word duur maar ook alles om ons. Nerens gaan jy 5 jaar terug se pryse betaal vir jou brandewyn of iets anders nie.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek kry nou 5 jaar terug se pryse vir my slag bees , speen kalwers ,vet skaap en slag lammers.Die koring pryse dek nie insetkoste en so gaan dit aan.Die laaste polis gaan nie die gat toespit nie.
Al genade is om mal pryse vir my springbokke te vra.
Ek skiet elke jaar n paar groot wild vir my honde maar soos dinge nou staan kan ek maar n paar vet ooie en n bees vir hulle slag dit gaan goedkoper wees.
DD
Sent from my SM-G980F using Tapatalk

PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek is nuut op die forum so seker nie beste plek om my kop in 'n byenes te steek nie maar ongelukkig is ek nou maar een van daai mense wat soos die spreekwoord sê "walk where angels fear to tread" 
As 'n finansiële persoon wat baie jare my loopbaan gebou het in die landbou sektor, het ek 'n matige idee wat 'n stukkie grond kos om te onderhoud en die syfers wat ek nou voorhou is vir wat ek sal reken 'n kleinerige plaas is (onder 1000 ha). Sal graag by die wild boere hier wil hoor of ek uit lyn is, ek is baie konserwatief met my berekening en dink die plaas eienaars gaan my gou kan reghelp en sê die waarde wat ek hier gee is veels te laag.
Ek sal my berekeninge deurgee as ek moet, gaan nie nou almal verveel met die detail nie.
Ek kan nie sien hoe so 'n plaas minder as R 2.5 na R 3 M se kontantvloei gaan benodig om net gelyk te breek nie.
Dit beteken elke naweek van die jagseiesoen moet daardie plaas meer as 12 R10,000 gemiddelde bokke laat skiet. As dit goedkoper bokke is moet meer af op 'n naweek, duurder minder natuurlik.
Baie jagters wil 'n naweek boek vir 3 of vier jagters, elkeen wil 'n bokkie of twee skiet vir die vrieskas en hulle wil die goedkoop bokke skiet en haal dan nie eers die 12 bokke teen R 10,000 gemiddeld nie.
Daarom om bokke pryse billik te hou gaan verblyf moet opgaan om loopkoste te dek.
Ek kan verstaan hoekom jagplase eerder geld sal spandeer om akkommodasie op te knap en te bemark vir hoër inkomste jagters.
Jy sien dit byvoorbeeld in die vrugte bedryf ook SA'ners kla oor pryse, maar is nie bereid om die prys vir kwaliteit te betaal wat elders betaal word nie.
Bg som sluit nie eers aanvul van wild voorraad in nie, nie vergoeding vir die boer nie, nie kos, klere, skool en universiteitsgelde nie.
'N boer gaan nie 'n plaas aanhou en herkapitaliseer as hy net kan deurskraap nie, soos ons almal wil hy welvaart skep, daai plaas word sy en sy gesin se lewe, pensioen, alles.
Ek hoop dit kan bietjie perspektief bring, weet dis duur vir baie, maar dit moet ook 'n volhoubare besigheid wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Hierdie is maar 'n moeilike situasie.
Uit 'n boer se oogpunt gaan jy nie 'n bestaan kan maak met slegs biltongjag nie, behalwe dalk as jy 'n baie groot afbetaalde plaas het. Daarom is pryse hoër as wat mens graag sou wou hê. Gelukkig is daar jagters wat dit kan betaal en die jagbedryf aan die gang hou.
Uit 'n jagter se oogpunt raak dit te duur vir Jan Alleman om vir vleis te jag. Dis nie die boer se skuld nie, veel eerder die ekonomie van vandag.
Dit is hartseer as 'n hardwerkende man met 'n gemiddelde inkomste nie meer kan bekostig om te jag nie, maar dit is ewe hartseer dat 'n boer ook nie meer 'n bestaan kan maak op daai jagter se geld nie.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Niemand se die boer moet swaartrek net om mense op sy plaas te laat jag nie maar soos almal nou hier verduidelik hoe moeilik dit gaan het die gem jagter ook net soveel cente op sy rand om op “ander goed” te spandeur. Die jagter moet ook vir sy kinders se skool betaal en hy moet ook nog n bestaan maak.
Wat ek julle wel kan se is en ek het ook al n bq geboer is dat teen R4700 n blesbok of R9000 n BWB gaan mense ma moet begin fotos neem van die diere en dit verkoop
Jag is wonderlik maar as dit op die push kom sal ek eder steak koop en dit braai en ek gaan ongelukkig nie n moerse premie betaal net om te gaan jag nie. Daar is mense wat R4700 vir n blesbok en R2500 per dag vir die ander crap sal betaal maar ek dink nie hulle is so vollop soos baie mense dink nie
Die ander R10 000 om da te kom en die week te eet en drink word ook nou nie regtig in die som in gereken nie.
Wat ek julle wel kan se is en ek het ook al n bq geboer is dat teen R4700 n blesbok of R9000 n BWB gaan mense ma moet begin fotos neem van die diere en dit verkoop
Jag is wonderlik maar as dit op die push kom sal ek eder steak koop en dit braai en ek gaan ongelukkig nie n moerse premie betaal net om te gaan jag nie. Daar is mense wat R4700 vir n blesbok en R2500 per dag vir die ander crap sal betaal maar ek dink nie hulle is so vollop soos baie mense dink nie
Die ander R10 000 om da te kom en die week te eet en drink word ook nou nie regtig in die som in gereken nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
It is what it is.
Ek het volle begrip van plaas en boer onkostes…
As ek nie kan bekostig om by A of B te kan jag nie, dan is dit maar so.. gaan nie vir A of B afkraak daaroor nie.
Soos met reg gesê, jag is ‘n voorreg, en jag is die sport van prinse..
Dit is maar ‘n duur “hobby” die..
Baie baie goedkoper om ‘n lam of ‘n halwe bees by die slaghuis te koop…
Ek het volle begrip van plaas en boer onkostes…
As ek nie kan bekostig om by A of B te kan jag nie, dan is dit maar so.. gaan nie vir A of B afkraak daaroor nie.
Soos met reg gesê, jag is ‘n voorreg, en jag is die sport van prinse..
Dit is maar ‘n duur “hobby” die..
Baie baie goedkoper om ‘n lam of ‘n halwe bees by die slaghuis te koop…
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Vir my en my gesin is jag n leefstyl en almal as gesin jag, geniet die veld en gebruik die vleis en eet daagliks wild. Daar is n fooi vir die voorreg en dis vir ons ter selfdetyd n vakansie.
Gaan see toe dan kos dit jou 15-20k en met dit bring jy net n sonbrand huistoe.
Gaan see toe dan kos dit jou 15-20k en met dit bring jy net n sonbrand huistoe.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 902
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Soos al genoem is, kom hierdie boer vs jagter elke jaar hierdie tyd op, en beide kante word gestel.
Op die einde van die dag bly dit n saak van inkomste en uitgawes. Boer is besigheid doen met n produk wat jy "vervaardig" en aan die mark beskikbaar maak teen jou prys. Dit werk met enige ander besigheid so, anders was boerdery n Non Profit Organisation.
Salaris trekker wil altyd n traan druk oor hy voel sy pay is te min en verhoging is te klein, bonus te min ens. Dus ag salaris trekkers hulle diens wat hulle aan die werkgewer bied altyd meer werd as wat hulle tans kry. Die kant van die munt wat nie gesien word nie is die laer risiko wat n salaris trekker het weens die vaste inkomste wat hulle kry.
Boere moet skep waneer hulle kan. Vandag se reen brand more dood deur die warm son, en so weet net die Vader waneer die volgende droogte kom pla. Risiko is hoog en dan praat ons nie eers van veiligheid op die plaas nie. Geld moet weg gesit word vir waneer daar nie geoes word nie. Dit is tog die selfde vir elke goeie besigheid eienaar.
Ek soek die luuksheid van n plaas, maar sonder al die stress en moeilike dinge, so as ek na die groot prent kyk, dan is ek baie bly dat ek nie boer nie. Ongelukkig vir my het my seuns ook nou begin skiet en hulle is klaar aan die oefen vir hulle eerste bok skiet. Dit gaan my beursie droog trek, maar ek wil hierdie memory saam met hulle deurgaan.
Uit eet kos nou oor n R1000 vir ons gesin. Die seuns eet nou van die grootmens menu af. Ons sny nou maar daar om die jaar se jag trip te finance.
Die ekonomie druk almal en klip gooi tussen die dienverskaffer en klient gaan nie die prys verander nie.
Ek hoop wel dat almal hier darm hierdie jaar n bok geskiet kry. Dit bly lekker, al is dit duur.

Mooi gestel!Andre308 wrote: Sat Feb 03, 2024 5:38 pm Soos al genoem is, kom hierdie boer vs jagter elke jaar hierdie tyd op, en beide kante word gestel.

- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Die slaghuise se pryse is ook op. Gister gehoor dis nou R10 p/kg om n' bok net crops te sny.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Manne, ons het 'n klompie goeie inligting hier bymekaar.
Almal se menings, bekommernisse en sienings is geldig.
Dit bring my by die vraag: Wat is die moontlike oplossing vir Jan-alleman en sy gesin om 'n bok te kan gaan skiet?
Ek het byvoorbeeld bokke, maar ek verkoop hulle lewendig aan ander boere.
Hulle het kliënte en geriewe, tyd en kennis.
Ek kry die bokke groot, hulle sorg dat daar 'n mark is.
Saam wen ons tog.
Soos ons hier sien loop die bokke nie maar net en word meer nie. Daar is uitdagings en risiko. Netso, het die bemarker en boer wat jagters akkommodeer ook sy kostes, uitdagings en risiko.
Wat van die jagter? Hy het tog ook uitdagings, risiko en behoeftes?
Lys asseblief bietjie jou behoeftes?
Hier is 'n paar voorbeelde van vrae:
Wil jy luuks bly, of wil jy kamp?
Wil jy self ry of moet die boer die bakkie verskaf en bestuur?
Wil jy 'n spoorsnyer of gids hê?
Wil jy spesifieke spesies jag?
Trofee of net 'n lekker gesonde grootte karkas?
Wil jy per bok of per kg karkas betaal? Of per kg ongeslag?
Of selfs per duim vir die horing?
Verkies jy wildsvleis bo ander vleis?
- Hoender tel nie...
Hoekom hou jy van wildsvleis?
- Is dit die smaak?
- Vir gesondheid?
- Geen hormone, antibiotika ensovoorts?
Gee bietjie julle redes asseblief?
Dalk, net dalk, kan die jagter vir die boer 'n oplossing bied vir 'n probleem wat net wag om 'n geleentheid te wees.
Kom ons begin iewers, dan sit ons koppe bymekaar.
Ek luister graag by die radio.

Ek wil byvoeg: Hoe word jou bok bewerk?
Ek laat byvoorbeeld rooibokke en njalas soos 'n skaap bewerk.
Jy lees reg! My gesin het sewe jaar laas 'n skaap karkas gekoop en laat bewerk.
Moet nou nie vir almal sê nie, asseblief. Netnou is dit nog 'n mark wat korporatief ontgin word en dan moet ek weer eerder skaap koop.
Ek sien juis Woolworths het rooibok kruis skywe (fillets) vir iets soos R300/kg.
Jy kyk my dalk skuins maar, ons verkies ons wild só. Ons het baie proewe gedoen en gaste smul drie boude in die volgende volgorde: Eers die njala, dan die rooibok en dan los hulle van die skaap oor.
Jou myle mag dalk verskil. Maar, hoe werk jy met daardie karkas? Daar lê die geheim. Die tyd wat verloop vandat die skoot geklap het.