Loop skoonmaak tussen verskillende soorte koeëls

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Loop skoonmaak tussen verskillende soorte koeëls

Post by Giepie »

Ek het op 'n paar plekke gelees dat jy jou geweer se loop ordentlik moet skoonmaak voordat jy van koeël verander, dit is veral van koper na 'n allooi metaal. As ek reg onthou beveel Balistix dit aan, maar hulle koeëls is met HBN behandel, wat ek kan verstaan.

Ek gebruik een sort koeël vir jag, Barnes of Hornady wat maar aan die duurder kant is. Vir oefen het ek klomp PMP, Lapua Scenar, en Sierra TMK koeëls wat goedkoper is, ook Balistix, maar met HBN op. Is dit regtig nodig om na elke sort die loop skoone te maak, veral as ek Balistix gebruik het en dan lading ontwikkeling op Barnes TTSX. Beide is koper, maar Barnes is nie met HBN behandel nie.

Wat ek gedink het om te doen, is om, sonder om die loop skoon te maak na so 30 skote met Balistix, eers 'n paar skote met PMP's te skiet om die HBN effek uit te skiet, en dan met die Barnes te begin. Is ek nou te erg bekoomerd daar oor? Ek skiet nie lang afstand kompetiesies nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Loop skoonmaak tussen verskillende soorte koeëls

Post by Ds J »

In die "Houston Warehouse report" skryf die outeur dat hulle die gewere elke vyf skote skoongemaak het.

n Goeie vriend van my gebruik verskillende soorte chemikalieë om sy lope silwerskoon te hou.

Jy kan niks verloor om die loop goed skoon te maak nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Loop skoonmaak tussen verskillende soorte koeëls

Post by Capt. Yoda »

Die verskil in akuraatheid is nie genoeg laat meeste gewone skuts dit eers sal agter kom met sy jag geweer setup nie, julle lees op die internet van manne wat koels toets op BR akuraathied en bekommer nou onnodig oor jag gewere.

Die teorie is nie so seer oor koels toets nie maar gewoonlik wanner hulle verskillinde kruite toets waar hulle tussen ladings loop heel skoon maak, heel maklikste is tumble daai Ballistix koele in seep water dan haal jy somer die HBN af en jy skiet alles sonder HBN

As jy mooi dink hoe die BHN in lae in jou loop le gaan jy dit nie somer uit skiet nie jy kan moontlik na baie PMP's genoeg koper en carbon neerslag in jou loop he sodat die HBN nie meer n effek het nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Loop skoonmaak tussen verskillende soorte koeëls

Post by Giepie »

Dankie
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply