Die reuk van ontbrande kruit

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Die reuk van ontbrande kruit

Post by Blairadam »

Weer paar gewere aangeskaf na 20 jaar. Jag net papier deesdae so hoop ek word nogsteeds toegelaat om deelteneem op die forum. So baie het verander in die 20 jaar, weet nie of ek daai tyd net nie sulke goeie gewere gehad het nie en of ek net nie so n goeie skut was nie, maar baie makliker met die nuwe gewere om goeie groepering te kry. Herlaai het ook meer wetenskaplik geword en baie vinniger.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by snakker »

Welkom hier, bly jy is terug in die skiet-game

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by tripodmvr »

Welkom. Al die tegnologie is hier om te help, maar die bestanddele is deesdae skaars en duur. Kom praat saam.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by swc-tr »

Welkom hier, vanwaar is jy?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by Blairadam »

swc-tr wrote: Wed Nov 09, 2022 7:31 am Welkom hier, vanwaar is jy?
Hoop nie julle hou dit teen my nie, maar laaste 20 jaar in Skotland. Dit is een van die redes hoekom ek so lank gevat het om weer n paar gewere te kry. Ek weet dit vat nou langer daar by julle om likens te kry as 30 jaar gelede maar hier vat dit bietjie langer en nie omdat hulle lui is nie. Baie vorms om in te vul en mense wat hulle met praat.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by Lategan1 »

Welkom!

Deel wat mooi en suksesvol gejag word daar in die Hooglande, ongeag op papier!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by swc-tr »

Praat van papier jag, het jy al op Blair Atholl baan geskiet?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by Blairadam »

swc-tr wrote: Thu Nov 10, 2022 7:11 am Praat van papier jag, het jy al op Blair Atholl baan geskiet?
Nee nog nie, maar op die kaarte, as ek n klub kan by aansluit wat daar skiet. Het jy al daar geskiet?
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by swc-tr »

Was gelukkig genoeg om in 2009 daar te kon skiet, op uitnodiging van Allan Mabon.
Pragtige uitsig, maar moeilike kondisies.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by Blairadam »

swc-tr wrote: Thu Nov 10, 2022 12:24 pm Was gelukkig genoeg om in 2009 daar te kon skiet, op uitnodiging van Allan Mabon.
Pragtige uitsig, maar moeilike kondisies.
Ja, Skotland kan noggal die beste uit jou bring. Jy leer nogal hoe om wind te lees en die rigting verander ook baie gou. En moenie bang wees vir bietjie reen nie. Maar dan betaal ons nie vir water nie en ken nie water beperkings nie, so kla nie. Ek sal nog bietjie oefen op 500m en dan meskien oor so jaar aansluit by West Athol klub.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by Blairadam »

tripodmvr wrote: Wed Nov 09, 2022 7:13 am Welkom. Al die tegnologie is hier om te help, maar die bestanddele is deesdae skaars en duur. Kom praat saam.
Ja, ammunisie en herlaai bestandele raak baie skaars hier ook en baie duur. Baie van die maatskappye het klaar gese hulle het fokus verander om militere vraag te vul eerder as die publieke vraag. CCI slagdoppie en Swiss RS kruit wat ek gebruik is baie skaars. Ek het laas naweek 5:00 die oggend gery om 1800 CCI BR4 slagdoppies 500km van my af te gaan koop. Dit was die laaste wat ek in Skotland kon kry.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by swc-tr »

Is Blairadam naby Kinross jou klub skietbaan?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Die reuk van ontbrande kruit

Post by Blairadam »

swc-tr wrote: Thu Nov 10, 2022 1:55 pm Is Blairadam naby Kinross jou klub skietbaan?
Ja, Fife & Kinross Full Bore Rifle Club. Is n F-Class klub en hulle gebruik die baan en dan n menigte ander klubs ook.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
Post Reply