Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ons weet almal dat die Ruger rewolwers baie goeie kwaliteit handwapens is. Is enige forumlede in besit van hierdie 3'inc 357Mag? Ek stel belang daarin om een aan te skaf en sal graag praktiese inligting oor hierdie model wil bekom.
Jy sal nie fout maak om een te koop want hulle is gebou om te hou. Die Sp101 is maar dieselfde as die vorige Speed/Police sixes maar net meer kompak. Gaan jy 'n nuwe een koop of weet jy van 'n tweede handse een?
Jy sal nie fout maak om een te koop want hulle is gebou om te hou. Die Sp101 is maar dieselfde as die vorige Speed/Police sixes maar net meer kompak. Gaan jy 'n nuwe een koop of weet jy van 'n tweede handse een?
Hendrik,
Ek sal maar kyk vir 'n goeie 2de handse een. Dink hulle is nogal aan die duur kant nuut. Dink jy daar sal op die Suid-Afrikaanse mark van hulle beskikbaar wees?
Ek het nou onlangs 'n 243 gekoop met alle bells&wistles en vroulief raak kriewelrig...
Laat weet maar as jy van iets hoor!
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Jy sal sukkel om een in RSA te kry want die meeste handelaars het die 2 1/4 " loop ingebring. As jy nuut wil gaan sal Mark by Guns & Bows in Bellville jou beste keuse wees. Ek het in die 2 1/4" loop 'n 9mm en 357 sowel as 'n 32H&R in 'n verstelbare visier 3" loop. Jou ander opsie is dan maar een van die Speed/Police/Security Sixes wat redelik beskikbaar is vir R2000-00 en minder. Ek sal vir jou uitkyk en laat weet as iets opkom.