Boeta se eerste varkie

Post Reply
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Boeta se eerste varkie

Post by Blink Stefaans »

Woensdag middag net so voor twaalf stop ek by Sebastian se laerskool. Ek het die oggend vir hom gesê hy moet sodra daai klok lui gou kom want pappa het goed om te doen. Hy kom aangedraf met sy groot Gr1 tas vol skool sweetpak en skoene. Die haasbek glimlag duidelik sigbaar van oor die rugby. Ek kry my soentjie en drukkie en dan begin hy my peper met die vrae. "Hoekom het pappa my vandag kom haal? Hoekom het pappa sy vellies aan? Wat gaan ons nou doen?" Ek wil hom so graag vertel maar ek steek dit nou al n ruk weg en probeer dit nog n bietjie rek. Ons klim in die bakkie en begin ry. Ek vertel hom ons gaan nou eers sy sussie by sy tannie haal. Toe ek op die hoofweg klim oppad Warmbad toe vra hy my hoekom ons die langpad vat. "Tannie Tasha het getrek" jok ek vir hom. "Hoe lank nog pappa?" "5 minute seun, nog drie liedjies seun, elke liedjie is net een minuut lank boeta, nog twee" so hou ek hom aan n lyntjie tot hy net na Hammanskraal die geweersakke onder die kussing sien.
"GAAN EK MY VARKIE SKIET PAPPA?"
"Ja my seun"
"Pappa is die beste pappa in die hele wêreld!!!"
Daai woorde maak n man se hart bloei.

En toe begin die "hoe ver nog pappa, hoeveel moet ek tel voor ons daar is pappa, die Waterberge lyk nog te ver vir al die vrae.

Ons kom by oupa aan en maak reg om plaas toe te ry. Die plasie is so 16km buite Warmbad net so oorkant Elements golfbaan.

Daar aangekom word ons vriendelik verwelkom deur die plaaseienaar oom Danie. Hy wys ons waar ons die varke kan voorsit. 100m van die grondpad en 200m van die opstal in n baie ou klip kraal wat al deurgroei is van die Sering langs n klein lusern land. Ek begin oupa se organisasie vermoë betwyfel, maar ons kyk nie n gegewe perd in die bek nie.

Ons probeer n skiet posissie kry waar die 7jarige gemaklik sy skoot kan vat. Nie so maklik nie. Ons moes n klomp kakibos ontwortel. Ek sit die 223Ai in n X sak en kry hom om op verkillende Hadidas te mik om te sien of hy darm die geweer kan rond beweeg.
Ons gaan sit. Daars geen wegkruip plek vir die son. Ons sit ook teen n skuinste. Die stoel wat ek vir boeta gebring het is nat nuut en kraak soos n Simba chippie elke keer as hy beweeg. Ek doen maar die pa ding en gee vir hom my stoel en gaan sit op n koue klip. Elke nou en dan rek ek my nek om oor die muur te loer. Ons sit daar tot die son agter die koppie verdwyn met net n klomp raserige Tarentale wat hul verskeining maak. Oupa besluit toe dat die huis naby genoeg is en dat daar nie genoeg OBS in die wêreld is wat hom hier gaan maak slaap nie. Ons pak op en ry terug Warmbad toe.
Boeta is erg gemoedsbekak want hy het nog nie sy varkie gekry nie. Ek probeer hom verduidelik dat die bos nie n winkel is nie en dat jag baie geduld neem. Dit gaan bo oor die 7 jarige begrip.

Volgende oggend na koffie en beskuit vat ons weer die pad. Die ryp le amper so dik soos sneeu in die koelte van die bome, dis koud.
Ons gaan neem ons posissie in. Nou sit ons in die koelte en die Long Johns doen nie wat dit op die pakkie sê nie. Die man begin moan. Twee pare kouse, twee sweetpakbroeke, twee langmou hempde, n T-hemp en sweetpak top is nie genoeg nie. Ek gaan haal n ekstra badjie en gooi die man toe. Nie lank nie toe is hy in droomland. Ek het n paar Man Magnums saamgebring en lees oor n man watsy skoene verloor het soos hy vir n Buffel weg gehardloop het. Ek voel my foon vibreer. Dit is n besorgde mamma wat wil weet of sy haar kind lewend gaan teug kry. Ek neem n foto van die slapende laitie en soos ek dit stuur loer ek weer oor die muur. Die varke is klaar in die land. My hart mis n paar kloppe. Ek staan gehurk op gaan kniel voor die mannetjie en maak hom saggies wakker.
"Basjan, die varkies is hier"
Die man se oe vlieg oop. Daar is geen teken van slaap. Sy mondhoeke strek tot by sy ore. "Regtig pappa" fluister hy.
Ek tel hom saggies uit sy stoel en help hom laag bly tot waar die 223Ai vir hom wag.
Hy skuif agter die teleskoop in. Ek se hy moet een van die 3 varkie kies en net op hom fokus.
Ek haal die roer se viligheidsknip af en sê vir hom net die 5 woorde "Wees kalm en maak seker"
Die man se borskas swel van die groot asem, hy blaas rustig uit en net soos ons ge-oefen het loop die skoot op leë longe.
Die stof staan op die varkie en hy is onderstebo. Pote skop in die lug. Ek begin amper huil. My haasbek seuntjie is nou n JAGTER. n Paar jaar van oopvisier windbuks skiet elke dag na skool, skootplasing oefen in die MAN Magnums met n skyf 50mm pvc pyp met n kitaar snaar kruis en oefen op die baan het uitgeloop op n ervaring wat ons n leeftyd sal hou.
Die 69gr SMK het agter die oor ingegaan, die nek werwels geslaan en uitgegaan by die oorkantste oor. Ek het die oor so 5m weg op die grond sien lê, maar voor ek hom kon optel het die oom se Jack Russel hom geskraap en begin kou.
Ek het hom belowe dat hy n mes sal kry as hy sy eerste varkie of bok geskiet het.
Dit was die eerste mes wat ek gesmee het, ook die eerste skede wat ek gemaak het.
Die hef is heel gepas van Vlakvark tand en Hardekool. Dis nie die mooiste mes wat ek al gemaak het nie, maar dit beteken iets. En eendag kan hy dit dalk aan sy seun oorhandig met sy eerste jag

Weereens besef ek watse groot voorreg dit is om kinders groot te maak en om die Vader se skepping te kan beleef. ImageImageImageImage

Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Kolhasie »

sjoe slaan die hoendervleis my van kop tot tone.

BAIE GELUK
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Boeta se eerste varkie

Post by ruaanb »

Pragtige storie en welgedaan!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by JohanvB »

Ai man, jy is bevoorreg!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by tripodmvr »

Sê baie geluk aan die jong JAGTER. Laat ons terugdink aan ons eerste kere in die jagveld.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Shaunsteyn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Mon Sep 25, 2017 2:27 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Shaunsteyn »

Baie geluk, wat n voorreg!

Sent from my MAR-LX1A using Tapatalk

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Johan Nel »

Heeike jagverhaal. Dankie vir die deel.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Boeta se eerste varkie

Post by DWB »

Baie geluk jongman!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Apie »

Daarsy!!! Knapgedaan!

Dis ‘n voorreg om saam die jong manne veld toe te gaan!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Blink Stefaans »

Dankie manne.
Die is die begin van die begin
Nou moet ek net n .22 kry want die man gaan my bankrot skiet
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Boeta se eerste varkie

Post by jdpretorius »

Sjoe, wat n pragtige verhaal.

Baie geluk jong man !

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Nico de Jager »

Baie geluk jongman! Mooi skoot!
Kloukat
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Nov 09, 2017 10:39 am

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Kloukat »

Blink Stefaans wrote: Sat Jun 18, 2022 10:32 am Woensdag middag net so voor twaalf stop ek by Sebastian se laerskool. Ek het die oggend vir hom gesê hy moet sodra daai klok lui gou kom want pappa het goed om te doen. Hy kom aangedraf met sy groot Gr1 tas vol skool sweetpak en skoene. Die haasbek glimlag duidelik sigbaar van oor die rugby. Ek kry my soentjie en drukkie en dan begin hy my peper met die vrae. "Hoekom het pappa my vandag kom haal? Hoekom het pappa sy vellies aan? Wat gaan ons nou doen?" Ek wil hom so graag vertel maar ek steek dit nou al n ruk weg en probeer dit nog n bietjie rek. Ons klim in die bakkie en begin ry. Ek vertel hom ons gaan nou eers sy sussie by sy tannie haal. Toe ek op die hoofweg klim oppad Warmbad toe vra hy my hoekom ons die langpad vat. "Tannie Tasha het getrek" jok ek vir hom. "Hoe lank nog pappa?" "5 minute seun, nog drie liedjies seun, elke liedjie is net een minuut lank boeta, nog twee" so hou ek hom aan n lyntjie tot hy net na Hammanskraal die geweersakke onder die kussing sien.
"GAAN EK MY VARKIE SKIET PAPPA?"
"Ja my seun"
"Pappa is die beste pappa in die hele wêreld!!!"
Daai woorde maak n man se hart bloei.

En toe begin die "hoe ver nog pappa, hoeveel moet ek tel voor ons daar is pappa, die Waterberge lyk nog te ver vir al die vrae.

Ons kom by oupa aan en maak reg om plaas toe te ry. Die plasie is so 16km buite Warmbad net so oorkant Elements golfbaan.

Daar aangekom word ons vriendelik verwelkom deur die plaaseienaar oom Danie. Hy wys ons waar ons die varke kan voorsit. 100m van die grondpad en 200m van die opstal in n baie ou klip kraal wat al deurgroei is van die Sering langs n klein lusern land. Ek begin oupa se organisasie vermoë betwyfel, maar ons kyk nie n gegewe perd in die bek nie.

Ons probeer n skiet posissie kry waar die 7jarige gemaklik sy skoot kan vat. Nie so maklik nie. Ons moes n klomp kakibos ontwortel. Ek sit die 223Ai in n X sak en kry hom om op verkillende Hadidas te mik om te sien of hy darm die geweer kan rond beweeg.
Ons gaan sit. Daars geen wegkruip plek vir die son. Ons sit ook teen n skuinste. Die stoel wat ek vir boeta gebring het is nat nuut en kraak soos n Simba chippie elke keer as hy beweeg. Ek doen maar die pa ding en gee vir hom my stoel en gaan sit op n koue klip. Elke nou en dan rek ek my nek om oor die muur te loer. Ons sit daar tot die son agter die koppie verdwyn met net n klomp raserige Tarentale wat hul verskeining maak. Oupa besluit toe dat die huis naby genoeg is en dat daar nie genoeg OBS in die wêreld is wat hom hier gaan maak slaap nie. Ons pak op en ry terug Warmbad toe.
Boeta is erg gemoedsbekak want hy het nog nie sy varkie gekry nie. Ek probeer hom verduidelik dat die bos nie n winkel is nie en dat jag baie geduld neem. Dit gaan bo oor die 7 jarige begrip.

Volgende oggend na koffie en beskuit vat ons weer die pad. Die ryp le amper so dik soos sneeu in die koelte van die bome, dis koud.
Ons gaan neem ons posissie in. Nou sit ons in die koelte en die Long Johns doen nie wat dit op die pakkie sê nie. Die man begin moan. Twee pare kouse, twee sweetpakbroeke, twee langmou hempde, n T-hemp en sweetpak top is nie genoeg nie. Ek gaan haal n ekstra badjie en gooi die man toe. Nie lank nie toe is hy in droomland. Ek het n paar Man Magnums saamgebring en lees oor n man watsy skoene verloor het soos hy vir n Buffel weg gehardloop het. Ek voel my foon vibreer. Dit is n besorgde mamma wat wil weet of sy haar kind lewend gaan teug kry. Ek neem n foto van die slapende laitie en soos ek dit stuur loer ek weer oor die muur. Die varke is klaar in die land. My hart mis n paar kloppe. Ek staan gehurk op gaan kniel voor die mannetjie en maak hom saggies wakker.
"Basjan, die varkies is hier"
Die man se oe vlieg oop. Daar is geen teken van slaap. Sy mondhoeke strek tot by sy ore. "Regtig pappa" fluister hy.
Ek tel hom saggies uit sy stoel en help hom laag bly tot waar die 223Ai vir hom wag.
Hy skuif agter die teleskoop in. Ek se hy moet een van die 3 varkie kies en net op hom fokus.
Ek haal die roer se viligheidsknip af en sê vir hom net die 5 woorde "Wees kalm en maak seker"
Die man se borskas swel van die groot asem, hy blaas rustig uit en net soos ons ge-oefen het loop die skoot op leë longe.
Die stof staan op die varkie en hy is onderstebo. Pote skop in die lug. Ek begin amper huil. My haasbek seuntjie is nou n JAGTER. n Paar jaar van oopvisier windbuks skiet elke dag na skool, skootplasing oefen in die MAN Magnums met n skyf 50mm pvc pyp met n kitaar snaar kruis en oefen op die baan het uitgeloop op n ervaring wat ons n leeftyd sal hou.
Die 69gr SMK het agter die oor ingegaan, die nek werwels geslaan en uitgegaan by die oorkantste oor. Ek het die oor so 5m weg op die grond sien lê, maar voor ek hom kon optel het die oom se Jack Russel hom geskraap en begin kou.
Ek het hom belowe dat hy n mes sal kry as hy sy eerste varkie of bok geskiet het.
Dit was die eerste mes wat ek gesmee het, ook die eerste skede wat ek gemaak het.
Die hef is heel gepas van Vlakvark tand en Hardekool. Dis nie die mooiste mes wat ek al gemaak het nie, maar dit beteken iets. En eendag kan hy dit dalk aan sy seun oorhandig met sy eerste jag

Weereens besef ek watse groot voorreg dit is om kinders groot te maak en om die Vader se skepping te kan beleef. ImageImageImageImage

Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Baie geul Basjan, dankie vir die mooi storie
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Frederik »

Baie geluk daar jong man en dakie vir die deel.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by tau »

Baie geluk!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Boeta se eerste varkie

Post by pietskiet »

Kan hierdie skrywe net so gaan plaas in n Jagtydskrif as n artikel. Mooi geskryf!

En baie geluk aan Sebastian! Wat n ongelooflike groot voorreg, dankie vir die deel.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Blink Stefaans »

Baie dankie vir die gawe woorde manne.
Piet ek probeer maar die prag gevleulde woorde so saam vleg, het maar n rukkie gevat om dit te skryf, en soos ek dit lees sien ek die tikfoute en gapings wat gevul kon word. Dankie vir die kompliment.
Ek dink kort kort terug aan die geleentheid en kry n glimlag soos ek in die bakkie sit.
Dit is virseker n voorreg.
Ek het vandag vir hom n baie mooi Brno Mod 2E opgespoor, presies soos die een waarmee ek grootgeword het. Oupa het R65 vir hom betaal toe my pa in matriek was, daai tyd was dit groot geld. Nou kan ons ernstig oefen sonder om die bank te breek.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Geno »

Baie geluk jongman! Mag hy nog sy Pa bankrot skiet!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Boeta se eerste varkie

Post by Toyrsi »

Baie geluk. Mooi storie
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Post Reply