Lekker Wild Braai wors Resep

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Lekker Wild Braai wors Resep

Post by FrancoisN »

Danie .243 wrote: Glo my maar nou wat ek nou met julle deel.
Danie

Nadat ek die wors gemaak het glo ek jou. Regtig vir my van die lekkerste wors wat ek al geeet het. Dankie vir die deel van jou resep.

Groetnis
Francois
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
Danie Lombard .243

Re: Lekker Wild Braai wors Resep

Post by Danie Lombard .243 »

Bly die wors is ook vir jou lekker katvis.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Lekker Wild Braai wors Resep

Post by PITSMIT »

nog n lekker resep

10kg skoon kudu vleis
3kg varkvleis
2kg varkspek
300ml lazenby worcestersous
250ml alvin blendid vinager ( dis baie belangrik hierdie asyn want n spirit asyn laat wors wild proe)
330g  delhi kameeldoring speserye
twee eetlepels van delhi se coarse/fine peper
een lekker groot handvol vars gemaalde koljander ( gebruik heel koljander om te maal dan is smaak lekker skerp)


sny al die vleis in klein blokkies
gooi in lekker groot vleis bak
gooi al die ander bestandele in
meng goed deurmekaar en laart oornag trek
roer deur die volgende oggend en maal eenkeer met growwe siffie (8mm siffie)
stop in 28+ derm

braai en eet jou dood!! ;D
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply