Lekker Wild Braai wors Resep
- worshond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm
Lekker Wild Braai wors Resep
Haai manne
Kan iemand dalk help met n lekker wilds braai wors resep.

-
BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Wil ook graag hoor !!
En vleis/vet verhouding?
En vleis/vet verhouding?
-
Olof
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Worshond
Kruie speel ?n groot rol hier. Alles hang af van watter mengsel jy hou. My gunsteling is Crown se Traditional Boerewors.
Maar die groot ding is wat meng jy saam met die wild. Bees of skaap? Altwee is lekker. Brisket by bees is goed en gee ook lekker smaak en maak dat die wors nie baie droog is nie. Ek verkies skaap, en spesifiek ?n vetstert. Die wors is heerlik. Kry baie komplimente. En as jy droog dan sit die vet nie so aan die verhemelte vas nie.
Sterkte met die maak

Ek sit ?n skaap van ongeveer 25kg per 100kg wild in.
En vleis/vet verhouding?
Ek sit ?n skaap van ongeveer 25kg per 100kg wild in.
-
BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Dankie Olof, ja daai 25% klink in die kol. Sit die manne Worcestershire sous en Asyn, saam met die gekoopte pak speserye in ?!
Ek't al n keer of wat 25 ml Brandewyn/ 3kg vleis-mengsel ingesit, smaak heelgoed (ek weet n mens mors nie met tee nie, maar bly darem lekker
)
Ek't al n keer of wat 25 ml Brandewyn/ 3kg vleis-mengsel ingesit, smaak heelgoed (ek weet n mens mors nie met tee nie, maar bly darem lekker
- worshond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Dankie Olof, klink heel Goed. Sal graag will hoor wat stel die ander bo baas koke voor.
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Glo my maar nou wat ek nou met julle deel.
Koop by crown 'n pak Wa Pad spice.Crown se Goudveld is ook lekker. Neem 30 tot 32 kg lekker vet-vet vleis, iets soos 70% vet-vet bees of skaap vleis en 30% wild (verkieslik gemsbok of springbok, grazers)
Sny in blokke so plus minus duim by duim size of groter.
Gooi in groot meng bak, strooi die pak Wa Pad oor die vleis, asook een lieter ys koue water
EN NOU DIE GEHEIM
Gooi so 4 pap lepels SIX GUN GRILL saam met daai pak Wa Pad oor die vleis, asook 2 pap lepels TEXAN CHILLY ( dit brand nie, gee 'n mega lekker smaak)
nou gooi jy 3 koffie bekers woechester sous ook oor die vleis en nou DIE groot belangrike betsandeel is 4 koffie bekers fyn mielie meel. (dit maak die wors lekker los)
NIKS ASYN NIE
Maal nou die spul as jy dit deeglik gemeng het, meng baie deeglik in groot bak.
As jy kan gebruik sintetiese derms, hulle werk lig jare beter al is hulle duurder, Ek sal nooit weer gewone derms gebruik nie. Die laaste tyd is die gewone derms se kwaliteit baie swak.
Baie belangrik van wors is die kwaliteit van vleis wat jy gebruik. Soms gebruik mense al die GARRA vleis vir wors en dan sit mens met wors wat wragtig maar goor proe.
En wors MAG NIE kliere en sin he nie, sit goeie vleis in jou wors in, jy sal nie spyt wees nie.
Vir erg lekker droe wors, voeg ook woechester sous by asook so 1 tot 2 pap lepels chilly bites spice, loop soos 'n parafien jet.
Die manne wat van die wors eet wat ek en Yolandi maak se dit is die lekkerste wors ooit.

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Danie,
Is ek darm nou lus vir daai wors van jou oor n goeie klomp sekelbos kole...
Great resep dankie dat jy deel.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
OOOO KOEK!!!!
Vir die droe wors resep, neem 1 tot 2 hoog vol TEE lepels chilly bite spice en "nie PAP lepels nie". Amper maak ekke 'n fout en julle soou my kiel haal.

bullseye
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
HALLO DANIE
JAMMER MAN EK WIL NET BY JOU SEKER MAAK, IN DIE BEGIN PRAAT JY VAN 32KG VLEIS EN DAN 70% VET VLEIS SKAAP OF BEES.HELP MY NET ASSEBLIEF DAT EK DIE KG VAN WILD EN VETVLEIS DUIDELIK KAN VERSTAAN SOOS IN 30KG WILDSVLEIS EN21KG VETVLEIS OF SO IETS . EK KAN NIE WAG OM DIE WORS TE BEGIN MAAK NIE
BAIE DANKIE DAT JY DIT MET ONS DEEL.
GROETNIS
BEN.

Ben
Die spice pak se dat mens 30kg vleis per pak spice moet gebruik. Omdat ek nog spice by sit, die six gun en die texan chillie asook die woestersous maak ek die vleis so 'n knerts meer. Dit is dan 31kg of soms 32kg vleis.
Die 70% - 30% ratio werk so. 70% van 30kg vleis en 30% van 30kg vleis.
Die 70% betsaan uit vleis met baie vet aan. Met die lyk di evet en vleis so 50/50. Die 30% is dan die wilds vleis. Die heel korrekte manier om wors vleis te meng is, sou ek skoon bees wors maak as volg wees. 70% van die 30kg is skoon vleis en 30% van die 30kg sal dan bees vet wees. M.a.w. vet is altyd om en by een derde van di ehoeveelheid vleis.
Jy kan dit dan in terme van kg dit so doen. Dit kom dan op derdes neer of 33,3% ens.
Neem 20 of 21 kg baie vet bees vleis, briscket en lies en rib van 'n lekker vet bees karkas werk mooi. Neem dan 10 kg wilds vleis.Jy kan as jy wil die wilds vleis meer maak en die bees minder, of skaap sou jy wil.
Die totale hoeveelheid vleis moet net 30 of 31 of as jy wil 32 kg wees om te pas by die hoeveelheid spice in die pak, saam met die ander spice en woechester sous.
Mens sou soms dink dat te veel vet in wors 'n onding is maar dit maak juis die wors bakgat. Nie te veel nie, net genoeg. Die vet braai mos uit nie waar. Soms dans die vlamme net erg terwyl mens vet wors braai terwyl die vet uit drip.
Jy kan as jy wil die texan chillie spice te halveer. Die texan chillie en six gun grill is ook te koop by crown.
Skreeu as jy nog wil weet.
Danie

DANIE BAIE DANKIE VIR JOU TERUGVOERING. DIE RESEP IS NOU GLASHELDER VIR MY.EK DINK DIE NAWEEK GAAN N BOK OF TWEE VAL. EK MOET HIERDIE WORS RESEP PROBEER.
\
GROETE
BEN.
\
GROETE
BEN.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Julle sal ne spyt wees nie, Danie sit sommer die sosatie resep ook op asb. Net die sous..
Manne ek het by Daan243 gekuier to maak Sy vrou die lekekrste steaks en n sosatie mengsel sous,,
Ek en daan eet 3 elk brode met sous op en los die fillet steaks en rump steaks net so...
Sy wors ek bedoel die wors wat Daan en jolla maak is baie lekker ...
As julle vir ou daan n stukkie wors stuur sal hy dit waaardeer..
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
OOOO ou JB Jy is weer op my spoor 
Maters, jul kan seker aflei dat ek en Yol erg lief is vir vleis werk en wors maak en natuurlik die eet van die wors ook.
Ons maak 'n uit die voorste gestoeltes kerrie wors (ek en Yol is gaande oor kerrie) Die resep loop so.
Weer 30kg vleis van jou keuse, wild, bees, skaap of vark, onthou net dit moet lekker vet vleis wees, en dan een pak crown spice van jou keuse, ons gebruik wa pad of goud veld van crown.
As die vleis in blokkies gesny is,gooi die 4 koffie bekers mielemeel by en die pak spice oor die vleis voor jy die vleis maal, voeg ook die volgende sous by.
KERRIE SOUS RESEP
1 kg uie
kwart koppie olie
kwart koppie mazena
500 ml wit asyn
500 ml water
een en 'n half koppie suiker (wit)
halwe koppie kerrie (soort wat jy wil)
een koppie chutney
een koppie melk
2 teelepels sout & pepper mengsel
1 teelepel borrie
Braai die fyn gekapte uie is die olie, Meng alles BEHALWE die mazena en melk, Gooi dit by die uie, Meng mazena en melk, Gooi by die mengsel, Roer goed deur, Bring nou die sous tot op kook punt, Kook nou vir 5 min op lae temp. Moenie laat brand nie. Roeor kort - kort, Haal af van plaat af en LAAT HEELTEMAL afkoel voor jy dit oor die vleis gooi.
Vir 30 kg wors vleis moet jy die sous mengsel 3 keer aanmaak m.a.w. X alles met 3.
Gooi nou die koue kerrie sous oor die wors vleis blokkies mengsel en roer/meng goed deur. Maal nou die vleis. Mega lekker wors.
Dieselfde sous word ook gebruik vir kerrie sosaties en kerrie skaap tjops, vir die doel moet die vleis teen onder 7 grade vir 4 dae le, word daagliks om ge roer.
Sommer 'n ander toets wat ek al gemaak het met kaas wilds wors, het al met springbok, blesbok, swart wildebees en gemsbok gemeng met bees vleis kaas wors gemaak. Die beste sover was met bees en gemsbok gewees. Ek hoor van die manne hou weer nie van gemsbok nie. Vir my en Yol loop hy baie mooi.

Da het vandag 10 Blesse geval vir daai resepte. Kanie wag nie.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Ek wil ook 'n eiertjie l?. Gooi 1kg Jungle hawer mout by die 30kg resep van Danie en los die meel as jy lekker dro?wors wat los,bros is wil maak. Die hawermout swel op van die vloeistowwe en wanneer hy uitdroog is hy lekker bros.
Dit werk soos 'n bom. Gelukkig weet ons plaaslike slagter nie sy blokvrou het die ou geheimpie so paar jaar gelede met my gedeel nie.
Nog iets vir die St Nowhere manne met vis
. Ek gaan resep uitdink om so stukkie wors te maak vir een Saterdag se braai. Lekker Kabeljou wors. 70% Kabeljou en 30 % Galjoen.
Dit werk soos 'n bom. Gelukkig weet ons plaaslike slagter nie sy blokvrou het die ou geheimpie so paar jaar gelede met my gedeel nie.
Nog iets vir die St Nowhere manne met vis
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Ek beaam wat Christo se van die hawermout, dit werk net so mooi om die wors los en lekker te maak. Is so , net soos jy se Christo.
- worshond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Dankie Christo en Danie.
Sien die ander manne is maar skepties of hulle Lekker wors resepte nou regtig so lekker is en dit met ons will deel.
Sien die ander manne is maar skepties of hulle Lekker wors resepte nou regtig so lekker is en dit met ons will deel.
- worshond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Haai Danie
Waar kry jy die TEXAN CHILLY?
Waar kry jy die TEXAN CHILLY?
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Texan Chilly of Texan Steak is ook by Crown te koop, So 'n klein pakkie.
- worshond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Haai Danie, wat is jou idee van n pap leppel? Wil nie teveel 6gun grill by gooi nie.
-
bullseye
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
HALLO DANIE
DANIE DAAI WORS RESEP VAN JOU IS UITSTEKEND MY FAMILIE IS MAL DAAROOR ,EK MOET ERKEN EK WAS SO BIETJIE SKRIKERIG OM DIE BRANDGOED BY TE SIT TOE SIT EK NET DIE HELFTE BY. DIE WORS IS NOGSTEEDS BAIE, BAIE LEKKER MAAR JY IS REG DIE ANDER HELFTE VAN DIE TEXAN MIX MOES BY GEKOM HET.
WEER EENS BAIE DANKIE VIR DIE RESEP DIE ANDER MANNE KAN DIT GERUS PROBEER.
VOOR EK VERGEET JOU RAAD OOR DIE DERMS IS N ABSULUTE WENNER EK SAL NOOIT WEER GEWONE DERMS GEBRUIK NIE, DAAI DERMS IS N PLESIER OM MEE TE WERK, EK SKAT N MENS WERK SEKER 5 TOT8 KEER VINNIGER, AL WAT EK SIEN IS DIE WORS MOET OP BAIE GEMATIGDE KOLE GEBRAAI WORD DIE DERMS BARS MAKLIKER AS ANDER SOORT.
VOORSPOED EN VREDE VIR JOU FAMILIE

- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Manne.
Almal het baie lekker resepte.
Julle moet egter vir Theo E kontak. Hy is ook op die forum en maak baie lekker wors.
Hy kan ook goeie raad gee.
Groetnis

JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Wors hond, 'n 15ml lepel, sommer 'n gewone eet moderne pap lepel soos in jou laai, nie van DAAI outydse groot skopgraaf pap lepels nie.
-
Danie Lombard .243
Re: Lekker Wild Braai wors Resep
Ben
Erg bly die wors wat jy gemaak het loop mooi, en die sintetiese derms is 'n wenner. Ek braai wors net in 'n toe knyp roostertjie en sukkel dus nie met derms wat oop bars nie.
Geheim met die sintetiese derms is om tydens die stop proses hulle nie te twist (tension) te gee aan die gestopte derms nie, moenie twist soos 'n koeksister nie.
Lekker wors braai