Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
hennief wrote: Mon Sep 21, 2020 12:48 pm
Die Tikka se loop wip op en na regs waar die Winchester reguit terug recoil. As dit sin maak...
Hennie, fyn waarneming oor die verskil in skop en spring, jy skets eintlik die Amerikaanse kolf teenoor die Europese kolf ontwerpe. (Waar van toepassing) Soos hier voorgestel, video jouself. (Dalk ht jy, ek dit gemis)
Jy noem Winchester, hulle kolwe is bekend vir hul reguitlyn kolf ontwerp met gevolglike reguit terug ‘recoil’. (Hulle .375 se gewildheid tekenend daarvan) JJ Wapens (Wildman) se Frikkie het die voordeel hiervan noukeurig bestudeer en video’s daaroor gemaak. Dit was o.a. Vertoon by Huntex. Ons prt jaggewere. Die nuwe Musgrave gewere se kolfontwerp is o.a. op hierdie beginsel baseer. Ek glo jy gaan inligting hieromtrent op hulle webblad raakloop. Ek kan getuig dit werk vir my.
hennief wrote: Mon Sep 21, 2020 12:33 pm
Jammer as ek highjack, maar ek dink my versoek pas hier.
Ek het 'n Tikka T3 met custom kolf en knaldemper in 300WM.
Aanvanklik het ek gesukkel met recoil (noem my maar 'n laaitjie ) maar kom nou mooi reg.
Wat wel pla is dat ek nie skote kan opvolg of "track" nie. Ek het aanvanklik gedink ek laai nie die bipod reg nie, maar nadat ek onlangs met 'n vriend se standaard Winchester ook in 300WM geskiet het en wel die skote mooi kon volg wil dit blyk dat iets nie reg is met my "setup"nie.
Sal 'n blitsbreker help om die wip van die loop te verminder, of selfs 'n knaldemper/blitsbreker kombinasie?
Ek is al so frustreerd met dit dat ek sommer lus is om van die geweer ontslae te raak en iets anders te bou. Maar dit wat ek wil bou is bietjie buite my budget...
Hoor graag of julle raad het.
Groetnis
Hennie
Hennie, vanuit 'n sittende posisie of prone? Uit prone posisie is die ideaal om direk agter die geweer te lê en nie skuins soos baie "snipers" doen nie. Die lyn van jou geweer moet aan jou regterbeen se binnekant wees (as jy regs is), dan kom die recoil direk terug en behoort jy beter te kan follow through. Jou bi-pod se opstel kan ook 'n probleem wees, maar jy sal eers moet noem watter tipe bi-pod jy gebruik...
Dankie Eugene, ek ervaar dit uit beide sit en prone posisie. Ek moet beslis meer oefen, maar soos ek sê ek ervaar dit nie met 'n ander geweer in dieselfde kaliber nie. Ek gebruik 'n Harris bipod en het selfs my bipod op my vriend se geweer gesit om te kyk of dit die situasie verander, maar kon steeds mooi opvolg met die Winchester.
Hennie het jy van die selfde opervlak tipe geskiet? Ek het my 260 Rem (sonder ‘n mb) met n Atlas bipod op n beton blad ingeskiet vir n veldskiet en die een baan moes ek van n hout bank af skiet en het 4 uit die 5 skote te hoog geskiet. Ek is oortuig dit was die “barrel wip”.
Hennie, met 'n Harris bi-pod het ek gevind dat dit baie help om die pote teen iets te load. Daarom het ek altyd 'n stuk hout aan die bench vas geklamp om teen te load en 'n stukkie 1"x1" plankie in my skietmat vasgewerk om teen te load. Vir my het dit gewerk. Deesdae gebruik ek 'n goedkoop home made FTR bi-pod met "slee tipe voete" en skiet free recoil en daar is geen verdere probleme nie.
Dankie vir almal se raad. Ek sal die Youtube video kyk en sien wat ek daar kan leer.
Dink volgende keer sal ek iemand vra om videos te neem, miskien sal dit help om die probleem op te los.
hennief wrote: Tue Sep 22, 2020 11:36 am
Net nog 'n vraag...
Die van julle wat al met beide 'n MB en KD geskiet het op dieselfde geweer, vind julle dat die MB beter recoil beheer?
Hennie, in my opinie, sal 'n ordentlike MB, altyd meer recoil "wegvat" as die beste KD, maar dit moet reg ontwerp wees! Ek verkies 'n KD omdat dit vir my ook die voordeel gee van 'n "sagter" skoot en ek hoef nie heeltyd met oor beskerming te skiet nie. Soos jy seker hierbo gelees het, is baie ouens nie gek oor 'n MB nie en selfs die grootste voorstander van 'n MB, sal eerder op 'n skietdag lê en skiet tussen 2 skuts wat KD's gebruik, as tussen 2 skuts wat MB's gebruik.... Die geraas en stof wat 'n MB maak, is seker die grootste en enigste nadeel daarvan.
Eugene wrote: Tue Sep 22, 2020 9:18 am
Hennie, met 'n Harris bi-pod het ek gevind dat dit baie help om die pote teen iets te load. Daarom het ek altyd 'n stuk hout aan die bench vas geklamp om teen te load en 'n stukkie 1"x1" plankie in my skietmat vasgewerk om teen te load. Vir my het dit gewerk. Deesdae gebruik ek 'n goedkoop home made FTR bi-pod met "slee tipe voete" en skiet free recoil en daar is geen verdere probleme nie.
My trick met die Harris was om hom saam met expander balle weg te moer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Het jy nou al te doen gekry met die silencers wat n muzzle break inkorporeer? Ek onthou Terminator s'n was sagter as sy standaard een as ek reg kan onthou. Wonder of daar n groot verskil is in recoil?

Wout
Nog net met Warrior sin Wouter. En daar is 'n redelike verskil in recoil tussen die een met die brake vooraan en die een sonder dit, wat aanvoelbare recoil aanbetref.
Het jy nou al te doen gekry met die silencers wat n muzzle break inkorporeer? Ek onthou Terminator s'n was sagter as sy standaard een as ek reg kan onthou. Wonder of daar n groot verskil is in recoil?
Groetnis
Wout
Ek skiet met twee van hulle Wouter. Een op die .338 AI en een op die 6.5-284 baan geweer.
.338 AI en die T3 copy brake is baie naby aan mekaar in terme van terugskop. Die brake wen met baie min punte maar ek het die geweer uitbalanseer en toe kom die kombinasie weer by.
Klank gewys is hy swaar op die oor maar n 102.5gn se Retumbo moet erens heen gaan.

Ek het so ruk terug 'n APW MB op my 338 gesit. Baie effektief.
Toe ek op die skietbaan met die vervaardiger gesels en verneem na die nuwer groter model bied hy aan om die een wat ek besit terug te koop en ek betaal die verskil in. Merkwaardig. Well done Schalk. Julle kan die man gerus ondersteun.