C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by J le Roux »

Ek het nie mooi opgelet in die klas nie en het twee lekker dik T-Bone steaks gekoop, en eers by die huis gesien dit is C-Graad.

Ek is nie bang nie, maar wil nou nie my gewone manier van steak braai probeer en dan sit ek vir my gesin taai steak voor nie.

Het julle miskien voorstelle oor hom om die ou-bees gaar te maak dat hy darem lekker sag is?

PS, die steaks is gevakuumpak en ek het hulle maar so in die yskas gelos.

Groete
Johan
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Eduard Venter »

Ek het al maer c graad koeie self geslag vit eie gebruik. Steaks gesny en vir 'n maand lank in die yskas gehou teen so 3 grade. Dikwels is dit baie lekker, soms was dit al so taai soos 'n spaarwiel. So ek weet nie regtig wat is die antwoord nie.

As die steaks eers ryp gemaak en sag is dan kan jy maar enige resep volg wat jou hart begeer.

As dit winkel steak is dan mag dit dalk reeds ryp gemaak wees.


Last edited by Eduard Venter on Wed Sep 16, 2020 1:52 pm, edited 1 time in total.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2154
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Ds J »

Gooi in olyfolie en witwyn vir drie dae.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by joe rocket »

Laat le in knorr se Italian slaai sous virb2 dae. Gooi meat tenderiser ook op, as dit dan nog taai is gooi dit in die stoompot en maak n bredie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Vissie »

Gulde geleentheid!

Nooi jou skoonma vir ete... ;-)
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Francoisv »

Pak toe met vars pynappelskywe. Daai ensieme doen wondere.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by airhunter »

Soos Eduard sê

Vacuum pack en maak ryp in die yskas.
As daar n lekker vet aan is is jou kanse goed. Maer vleis is maar soos dobbel. Van daar is dit spray and pray
Vir my is die bymiddel idee altyd nie lekker nie. die sappe en souse verander die tekstuur teveel en soms word die vleis so meelerig.
My ouma het altyd van blou vleis gepraat as dit maer is en my oupa sleg geskel dat selfs al druk jy n pond in daai vleis se g@t sal jy nie vir hom sag kry nie. Hy moes sorg dat die diere vet vleis lewer.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by joe rocket »

Francoisv wrote: Wed Sep 16, 2020 2:50 pm Pak toe met vars pynappelskywe. Daai ensieme doen wondere.

2 daughters. Plenty guns.
.
Ja ja die besigheid werk, het al vergeet van dit.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Mellies »

Sit jou vleis in papaja...die ensiem papiase werk soos n droom.

Pynappel sal ook werk soos die ander al genoem het.

Vacuum met olyfolie en verouder in yskas sal nie skade doen nie.

Met n vleisie...
Fano
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Fano »

Is C-graad nie eintlik juis oud en vet nie? Maak gewoonlik die beste biltong. As jou steaks vet is het ek goeie moed dat jy dit suksesvol sal kan braai deur dag of twee in enige goeie marinade te behandel. As dit aan die maer kant is sal ek nie eers probeer braai nie, maak op een of ander stowe manier gaar, met of sonder been.
Knuppeldik aan koningskos het 'n lekker stowe resep: Vleisgereg vir 'n fynproewer, p74 in my kopie.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Eduard Venter »

C graad verwys slegs na die ouderdom van die bees toe dit geslag was. Maar jy is reg, 'n lekker vet C graad maak die lekkerste biltong, veral een wat op die veld gewei het en lekker geel vet het.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Francoisv »

Oondbak ook opsie.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Chris (vdB) »

A graad steak se smaak kom nie naby C graad steak wat n' lekker stuk geelvet n' geel vet aan het nie. Gaan kyk maar na Stefaans Blaauw van Vleisland daar in Namb se youtube videos. Hy gebruik net C graad en skaap ook nie lam nie, want die smaak is beter. As jy dit reg voorberei en gaar maak is dit nie veel taaier as A graad nie.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13577
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: C-Graad Steaks, hoe gemaak.

Post by Capt. Yoda »

joe rocket wrote: Wed Sep 16, 2020 4:28 pm
Francoisv wrote: Wed Sep 16, 2020 2:50 pm Pak toe met vars pynappelskywe. Daai ensieme doen wondere.

2 daughters. Plenty guns.
.
Ja ja die besigheid werk, het al vergeet van dit.
Smaak my julle kry darem maar 11.1.11 vleis daar onder
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply