Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Ds J »

Goeiedag Jaracal,

Ek hoop van harte dat iemand sal kan helpl met raad!

n Onbekende persoon het n wettig gelisensieerde jaggeweer as geskenk aan ABC gegee.

Dieselfde onbekende persoon het die jaggeweer by n geweerwinkel ingegee, waarskynlik in die PWV-gebied.

ABC is onlangs onverwags oorlede, en nou is die eksekuteur op soek na die geweer en die huidige wettige eienaar. Niemand in die gesin weet wie die skenker van die geweer is nie.

Die eksekuteur weet net dat dit n Sauer Mod 90 is in 30-06, met n teleskoop.

Waar en hoe kry n mens hierdie geweer?
  • Die maklikste is waarskynlik om al die geweerwinkels in die PWV-gebeid te bel
  • Waar kry n mens n lys met die kontakbesonderhede? Die enigste lys wat ekkon kry is in 2008 uitgegee.
  • Enige ander voorstelle?

By voorbaat dank!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Fanta300 »

Het ABC ooit aansoek gedoen vir die lisensie?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Ds J »

Fanta300 wrote: Mon Aug 17, 2020 1:18 pm Het ABC ooit aansoek gedoen vir die lisensie?
Middag Oom, nee, ABC is oorlede voordat enige papierwerk kon plaasvind.

Die eksekuteur weet nie eers of die geweer net ingegee is vir bewaring, of op die winkel se naam geregistreer is nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by PWV »

DsJ,
Toe ek PWV sien het ek dadelik gedink ek het nou weer iets verkeerd gedoen of gesê.

So, op die polisie se databasis staan die geweer seker nog op die naam van ABC? Wonder of daar nie korrespondensie per e-pos plaasgevind het nie?
Dalk moet ons vir Paashaas ook nader trek!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Ds J »

PWV wrote: Mon Aug 17, 2020 3:23 pm DsJ,

Nee, die geweer behoort op die naam van die skenker te wees, of dalk intussen op die naam van die geweerwinkel. Die registrasienommer van die geweer is onbekend.

Ek vermoed dat die lang pad die suksesvolste sal wees, dws om elke geweerwinkel in die streek te bel.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by wlm »

PWV wrote: Mon Aug 17, 2020 3:23 pm DsJ,
Toe ek PWV sien het ek dadelik gedink ek het nou weer iets verkeerd gedoen of gesê.

Ek het gedink die tannie het vasgeskop en oom Pieter tot 1 wapen beperk!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Fanta300 »

Sonder ‘n reeksnommer gaan dit baie moeilik wees. Het julle darem ‘n datum om mee te werk?

Probeer om by CFR ‘n lys te kry van alle Sauer 30.06 gewere wat op handelaars se naam is. Dalk is jy gelukkig dat hy oorgedra is. Dan kan jy daai handelaars kontak en hoor wie het so ‘n wapen by hulle ingegee. Dan kan jy al daai ouens bel en hoor wie van hulle Kersvader is.

Klink vir my na baie werk. Hoekom is dit belangrik om geweer op te spoor? Is tog nie deel van die boedel nie?

Elke DFO behoort vir jou detail van handelaars in hulle area te kan gee. PWV is wye area.

Naald in hooimied is makliker dink ek.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Ds J »

Fanta300 wrote: Mon Aug 17, 2020 7:09 pm Sonder ‘n reeksnommer gaan dit baie moeilik wees. Het julle darem ‘n datum om mee te werk?

Probeer om by CFR ‘n lys te kry van alle Sauer 30.06 gewere wat op handelaars se naam is. Dalk is jy gelukkig dat hy oorgedra is. Dan kan jy daai handelaars kontak en hoor wie het so ‘n wapen by hulle ingegee. Dan kan jy al daai ouens bel en hoor wie van hulle Kersvader is.

Klink vir my na baie werk. Hoekom is dit belangrik om geweer op te spoor? Is tog nie deel van die boedel nie?

Elke DFO behoort vir jou detail van handelaars in hulle area te kan gee. PWV is wye area.

Naald in hooimied is makliker dink ek.
Die geweer is waarskynlik deel van n boedel, maar die eksekuteur moet dit bevestig hê.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Carl »

Ek sou nie dat so geringe saak die boedel laat ophou nie. Die geweer is geskenk maar nie gelisensieer in ABC se naam nie. Vir boedel doeleindes is daar dus geen eienaarskap nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Hein M. »

PWV wrote: Mon Aug 17, 2020 3:23 pm DsJ,
Toe ek PWV sien het ek dadelik gedink ek het nou weer iets verkeerd gedoen of gesê.

So, op die polisie se databasis staan die geweer seker nog op die naam van ABC? Wonder of daar nie korrespondensie per e-pos plaasgevind het nie?
Dalk moet ons vir Paashaas ook nader trek!
Dit is nog nie te laat nie >:D ++>:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by PWV »

Hein M. wrote: Tue Aug 18, 2020 10:02 am
PWV wrote: Mon Aug 17, 2020 3:23 pm DsJ,
Toe ek PWV sien het ek dadelik gedink ek het nou weer iets verkeerd gedoen of gesê.

So, op die polisie se databasis staan die geweer seker nog op die naam van ABC? Wonder of daar nie korrespondensie per e-pos plaasgevind het nie?
Dalk moet ons vir Paashaas ook nader trek!
Dit is nog nie te laat nie >:D ++>:
Hein, beteken dit ek kan voortgaan om iets "verkeerd" te se? Hein M. vir moderator!!! ::)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Hein M. »

PWV wrote: Tue Aug 18, 2020 10:23 am
Hein M. wrote: Tue Aug 18, 2020 10:02 am
PWV wrote: Mon Aug 17, 2020 3:23 pm DsJ,
Toe ek PWV sien het ek dadelik gedink ek het nou weer iets verkeerd gedoen of gesê.

So, op die polisie se databasis staan die geweer seker nog op die naam van ABC? Wonder of daar nie korrespondensie per e-pos plaasgevind het nie?
Dalk moet ons vir Paashaas ook nader trek!
Dit is nog nie te laat nie >:D ++>:
Hein, beteken dit ek kan voortgaan om iets "verkeerd" te se? Hein M. vir moderator!!! ::)
Jy is baie welkom.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Fanta300 »

Stem saam met Carl.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Ds J »

Baie dankie vir die gedagtes.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Ds J »

Goeie nuus: ABC se foon het uitgekom. Die nommer van die oorspronklike eienaar is beskikbaar.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Een spesifieke geweer in die PWV-gebied

Post by Fanta300 »

Bly vir julle!