Ek hoop van harte dat iemand sal kan helpl met raad!
n Onbekende persoon het n wettig gelisensieerde jaggeweer as geskenk aan ABC gegee.
Dieselfde onbekende persoon het die jaggeweer by n geweerwinkel ingegee, waarskynlik in die PWV-gebied.
ABC is onlangs onverwags oorlede, en nou is die eksekuteur op soek na die geweer en die huidige wettige eienaar. Niemand in die gesin weet wie die skenker van die geweer is nie.
Die eksekuteur weet net dat dit n Sauer Mod 90 is in 30-06, met n teleskoop.
Waar en hoe kry n mens hierdie geweer?
- Die maklikste is waarskynlik om al die geweerwinkels in die PWV-gebeid te bel
- Waar kry n mens n lys met die kontakbesonderhede? Die enigste lys wat ekkon kry is in 2008 uitgegee.
- Enige ander voorstelle?
By voorbaat dank!

