Grandslam done and dusted

Post Reply
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Grandslam done and dusted

Post by jankraay »

Gister het ek n kans gekry om gou uit te ry na n vriend van my se plaas vir so vinnige dag jag. Die plaas is 7km buite die dorp so dit maak dinge vir my baie maklik.

Daar aangekom en ek was natuurlik heel 1ste daar want die ander manne het die Vrydag al op die plaas gearriveer en was maar huilerig na die aand se braai.

Ek is toe skietbaan toe net om die zero en spoed te besvestig en so ook dat die manne wat met my gewere wou skiet n paar skote kon skiet om alles gewoond te raak.

Ons is veld toe na almal daar opgedaag het en is vriendelik kom groet deur n vriend van ons wat n “low fly by” kom doen het.

Ons is daar toe agter die groot trop aan om die baas ram uit te skiet oor hy die mooiste horings het en ek het lankal my oog op hom gehad oor hy so mooi stel horings het. Hy was maar mooi beskerm deur die trop en ek het so halwe kans gekry op 252m. Die 139 Scenar teen 3030vps sit hom toe net daar neer.

Image

Ek sien toe in die trop is daar n baie mooi koper ram en na ons gelaai het het ons so 2 draaie agter die trop gemaak om te kyk of ons n kans kon kry. Hulle was maar redelik woelig na daai ram geval het en wou ons nie n kans gee nie.

Besluit is toe gemaak dat ons vir die swart ram gaan want hy loop alleen en is die maklikste een om te skiet. Ek het hom toe net oor 100m geskiet en weereens het hy soos n kop skoot tussen sy 2 voor pote in gesak.

Image

Die soektog het toe voortgegaan na daai spesifieke koper ram en na n paar ure se gesukkel het ons hom in n kleiner trop ingekry. Hulle het ons toe nog so uur of wat besig gehou en ek het toe n skoot op so 407m gekry.
Weereens het die Scenar hom net daar laat val waar hy gestaan het.

Image

Ons het toe af gegaan stoor toe om die 3 net in die koelte te los want die wit ram was in n ander kamp gewees. Manne het toe koelbokse vol gemaak en my mond het al vreeslik vir n Jameson en soda gewater.

Die jagtog het toe voortgegaan en na so uur se soek het ons hom opgespoor. Hy het my n kans gegee op 385m en die Scenar het weereens baie mooi gemaak en hy is reg deur die hart gewees. Vleis skade is hoër op die een maar nie te min hy is plat.

In die gehaas na alles het ek nooit n alleen foto saam hom geneem nie want die ander se velle ens moes begin afkom en die manne se slag tyd het min geraak.

Image

Dit was n eer gewees om in God se natuur te kon wees en ek is dankbaar vir die kans wat ek gekry het op die 4 pragtige diere.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by skollie »

Mooi Jan..... Baie geluk met die Lockdown Grand Slam

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Nico Harris »

Netjies Jan!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Malan123 »

Netjies Jan. Nooi gegooi. Dankie vir die deel. So grandslam is op my bucket list.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Diesel Dog »

Mooi gemaak,maar daai 139gr scenars is nie so watse jag koeel nie . Daai bokke se koppe is dan nie een papgeskiet nie. ++>:

DD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Capt. Yoda »

Jan jan jan die bielie van die Vrystaat, lekker Janneman. Daai eerste bok het n besonderse stel horings aan hom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by PWV »

Jan, baie geluk!! Alhoewel ek nie hou van die smartie-kleure nie, is dit hoe ware springbokke se horings moet lyk. Nie soos hierdie langhoringgoed wat geteel word vir lengte nie. Lyk mos of laasgenoemde geskrik het vir iets of iemand het hul voorpote op die "pluks" van die jagbakkie vasgedruk!

Hoop jy doen iets met die horings!!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Arnold »

Baie geluk Jan!

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by tripodmvr »

Netjies geskiet. Mooi diere.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Tal
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sun Jul 19, 2015 8:18 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Tal »

Mooi gegooi! Jy wag al n ruk vir dit!

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Eduard Venter »

Lyk na 'n lekker jag daai, baie geluk!


User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Grandslam done and dusted

Post by ruaanb »

Mooi Jan!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Gerhardu »

Netjies Jan! Volgende keer gaan ons almal saam!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Geno »

Baie mooi Jan!
Ek is jaloers Maat!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JurieW
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by JurieW »

ditsem, knap gedaan!
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by tau »

Netjies Jan!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Wouter Roets »

Dis nou n lekker ou Jan!

Geluk man.
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Grandslam done and dusted

Post by Blitzzz »

Groot voorreg. Geluk Jan!


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Post Reply