Daar aangekom en ek was natuurlik heel 1ste daar want die ander manne het die Vrydag al op die plaas gearriveer en was maar huilerig na die aand se braai.
Ek is toe skietbaan toe net om die zero en spoed te besvestig en so ook dat die manne wat met my gewere wou skiet n paar skote kon skiet om alles gewoond te raak.
Ons is veld toe na almal daar opgedaag het en is vriendelik kom groet deur n vriend van ons wat n “low fly by” kom doen het.
Ons is daar toe agter die groot trop aan om die baas ram uit te skiet oor hy die mooiste horings het en ek het lankal my oog op hom gehad oor hy so mooi stel horings het. Hy was maar mooi beskerm deur die trop en ek het so halwe kans gekry op 252m. Die 139 Scenar teen 3030vps sit hom toe net daar neer.

Ek sien toe in die trop is daar n baie mooi koper ram en na ons gelaai het het ons so 2 draaie agter die trop gemaak om te kyk of ons n kans kon kry. Hulle was maar redelik woelig na daai ram geval het en wou ons nie n kans gee nie.
Besluit is toe gemaak dat ons vir die swart ram gaan want hy loop alleen en is die maklikste een om te skiet. Ek het hom toe net oor 100m geskiet en weereens het hy soos n kop skoot tussen sy 2 voor pote in gesak.

Die soektog het toe voortgegaan na daai spesifieke koper ram en na n paar ure se gesukkel het ons hom in n kleiner trop ingekry. Hulle het ons toe nog so uur of wat besig gehou en ek het toe n skoot op so 407m gekry.
Weereens het die Scenar hom net daar laat val waar hy gestaan het.

Ons het toe af gegaan stoor toe om die 3 net in die koelte te los want die wit ram was in n ander kamp gewees. Manne het toe koelbokse vol gemaak en my mond het al vreeslik vir n Jameson en soda gewater.
Die jagtog het toe voortgegaan en na so uur se soek het ons hom opgespoor. Hy het my n kans gegee op 385m en die Scenar het weereens baie mooi gemaak en hy is reg deur die hart gewees. Vleis skade is hoër op die een maar nie te min hy is plat.
In die gehaas na alles het ek nooit n alleen foto saam hom geneem nie want die ander se velle ens moes begin afkom en die manne se slag tyd het min geraak.

Dit was n eer gewees om in God se natuur te kon wees en ek is dankbaar vir die kans wat ek gekry het op die 4 pragtige diere.
Sent from my iPhone using Tapatalk


