Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Enige iets tov messe.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by jankraay »

Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is daai 11.1.11 kolf ontwerp se skuldImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie

Post by Lategan1 »

Koos Barnard wrote: Wed May 06, 2020 10:50 am Die .243 waarvan ek ontslae geraak het, het ek ook 90gr Speers gelaai. Die geweer was baie akkuraat, maar die kolf het my nie gepas nie en die hele geweer was net lomp. Toe smous ek hom aan 'n man in Noord-transvaal wat baie gelukkig was met hom. Sommer eerste week al bosbok geskiet.

Wat sukkel julle manne so met die .270? My Blaser vreet alles vir soetkoek op. Net die 110gr maak so 'n bietjie oop, 1.25MOA op 100m.
Mooi loop
Jy is seker ‘n Stormer wat nou weer ‘n Blou Bul uitgevang het!!!! Bosbok dalk net 10m weg agter digte bos en die man juig oor sy roer, Koos?🤓

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Koos Barnard »

Jip ek skree vir en op die Stormers. Kan nie die omstandighede van die bosbokjag onthou nie. Ek het die geweer deur 'n vriend aan die Noord-Transvaler verkoop en hy het my net by 'n paar geleenthede gesê die man is baie gelukkig met die Musgrave 😉.
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Henna308 »

Howa 22-250... Sou seker vandag 'n ander prentjie gewees het met al die ingevoerde dryfmiddels wat tans tot ons beskikking is. Ek was ingelig deur kenners op hierdie einste forum dat die drukvlak waarteen S365 met my koeëlkombinasie gewerk het veroorsaak het dat die dryfmiddel onvoorspelbaar was partykeer. Die geweer het nie noodwendig sleg geskiet nie, hy het net nie konstant goed geskiet nie... 2 jaar later en ek kan nie sê ek kom agter ek het hom nie meer nie.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie

Post by LoopSoosStroop »

Frikkie Coetzee wrote: Wed May 06, 2020 12:57 pm Hoe moet ek nou voel? :laugh:
++>: Wat het jy toe gebou op daai aksie?

Ek dink as mens net bokke in die vlaktes wil skiet sou daai ding lekker gewerk het, maar nie vir lang afstand gonge nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Bighero6.5
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Sun Nov 04, 2018 10:34 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Bighero6.5 »

Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Ferdi Bam »

n 243W, pragtige Musgrave K98. Ons kon mekaar eenvoudig net nie vind nie.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by toelie »

Bighero6.5 wrote: Fri May 08, 2020 1:59 am
Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink daai Sako van jou gaan net so hard skop:)
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Lategan1 »

Ek luister ook!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by knipmes »

Stem saam met Toelie. Die Sako 375 is onaangenaam om mee te skiet. Jy sal eers oor n lang tyd as jy niks anders het nie gewoond raak aan die terugskop.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Wouter Roets »

knipmes wrote: Fri May 08, 2020 8:38 am Stem saam met Toelie. Die Sako 375 is onaangenaam om mee te skiet. Jy sal eers oor n lang tyd as jy niks anders het nie gewoond raak aan die terugskop.
Die nuwe Sako's is darem n hele perd van n ander kleur in vergelyking met daai ou Finbears.
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by knipmes »

Wouter
Ek kan jou seker glo dat die nuwe modelle nie so kwaai skop nie want ek het nog nie met een van hulle geskiet nie. Ek het so n paar jaar gelede met ander man se Sako 375 Brown Bear geskiet. Dit was n mooi geweer maar ook geniepsig.
BigBoreFanatic
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by BigBoreFanatic »

Dinsdagaand sommer hier op die plaas met die nuwe 416 Rigby geskiet.... Ek kon toe sien - en voel - wat gaan my nuwe 'favourite' geweer/kaliber wees.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Lategan1 »

Opskrif lees, wat gaan jy wegsmyt? Na hierdie 416 belewenis wyl ons kruitbek sit, wat is uit?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by JPS »

Snaaks hoe baie se 303’s baie bokke geskiet het maar almal het hulle nie gelike nie...

My 303 met 200gn claw rondeneus koeëls vat ek inige dag in die bosveld in en is veral lekker om lekker groot Varke te stamp.

Ek het nog nie ‘n geweer wat ek van onslae wil raak nie.

Ek mag dalk paar gewere verkoop mettertyd maar nie omdat ek van hulle wil onslae raak nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Pvdw »

7mm RemMag. Aaklige ding!!
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Konrad308 »

Winchester model 70 . 243 win. Ek wou hom weg smyt toe eerder loop weg gesmyt en die aksie gebruik om n 6mm Dasher te bou.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1595
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Danie01 »

Jis julle manne wat nog .270's oor het en wil weggooi, gooi maar hierdiekant toe!

Meeste 270 of eintlik al die 270's wat ek ke skiet baie mooi met 130gr koele en s365 tussen 2940 en 2970 sonder moeite.

Al geweer wat ek seker noe oor huil nie is my ou plakgeweer (stuk plank, met rubber rek en draad hakkie koeels). Het hom vervang met my oupa se bsa windbuks en was nie n dag spyt nie.

Gedink daar sal meer .303's wees wat die manne wil vervang.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by 6.5/284Norma »

7mm Rem Mag
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Water geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie

Post by Friedland »

Geno wrote:Ek is baie verlig dat my 6.5Grendel verkoop is.

Sent from my SM-G988B using Tapatalk
As ek mag vra, hoekom?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Water geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie

Post by Flip Nel »

Friedland wrote: Sat May 09, 2020 6:39 pm
Geno wrote:Ek is baie verlig dat my 6.5Grendel verkoop is.

Sent from my SM-G988B using Tapatalk
As ek mag vra, hoekom?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ek het my (kinders se) 6.5Grendel verkoop na ek een bok geskiet het. Ek is nie oortuig dat my kinders bokke effektief met hom sou kon dood nie en sal hul eerder my .260AI gee of die 7-08AI wat ek beplan om te bou.

Dit was 'n jong blouwildebees bul met 100gr Nosler Ballistic Tip Hunting teen 2680fps.

Eerste skoot skuins van agter op die oor knop op 210y
Tweede skoot voor die kop op 250y
Derde skoot tussen die oog en oor op 310y

Die vierde en laaste skoot is met 'n .243Ackley met 87gr VMax geskiet in die oor toe is hy eers dood.

Ek het al bitter baie BWB geskiet met 6mm's met 55gr Ballistic Tips en nog nooit sulke swak prestasie ervaar op helmet houe nie.

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t ... el#p803434
User avatar
Bighero6.5
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Sun Nov 04, 2018 10:34 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Bighero6.5 »

toelie wrote:
Bighero6.5 wrote: Fri May 08, 2020 1:59 am
Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink daai Sako van jou gaan net so hard skop:)
Toelie hoekom sê jy so. Wat is my ander opsie?

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Lategan1 »

Bighero, Wouter het j geantwoord hieronder. Die vraag is dus watter model Sako het jy in die .375 of stel jy belang in?

Van die vroeër modelle was bekend vir die tandestorie wat jy hieronder beskryf het!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Pappabeer »

Die ou Sako Finnbears op L61 aksies was baie lig, en gevolglik het hulle maar effens getrap met 300gr fabrieksammunisie. Die nuwes Sako 85 groot kalibers in n ander storie. Beter balans, effens swaarder en skiet heel aangenaam tot en met .500 Jeffery. As jy n ou Sako het sit jy eenvoudig n kwikbuis in. Ek het n paar skote met oorlede Ian Goss sin geskiet en sy terugskop is minder as my 9,3x62. Nader aan n .30-06 met 220gr ammunisie
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Post by Beer (Christo) »

Ek het ‘n SAKO 85 Kodiak in 375h&h. Lekker lig om heeldag te dra. Recoil in normale jag omstandighede heel gemaklik.

Inskiet en lading ontwikkeling was nie meer lekker na ‘n klompie skote nie.
Post Reply