Lisensie Hernuwing

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Lisensie Hernuwing

Post by 6mmMusgrave »

Naand Almal

Ek hoop dit gaan goed ek kort raad baie dringend. Ek bietjie geslaap op my hernuwing.

My lisensie verval op die kaartjie laaste dag 03/05/2020.

Dit bedoel van die 4/05/2020 het ek nie meer n lisensie nie.

My berekening se vir my dat my 90ste dag is die 04/02/2020 wat bedoel as ek die 4de inhandig is dit nog reg al is dit die 90ste dag presies.

Groete
Jacques
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 920
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Lisensie Hernuwing

Post by musgrave270 »

Jy kan 1 dag voor jou lisensie verval ook die hernuwings aansoek inhandig maar dit beteken dat jy vir 90werksdae (as jy gelukkig) is met vervalde lisensie /“onwettige” wapen sit.

Die 90dae aansoek voor verval datum is maar net sodat jy n geldige kaartjie het tot jy jou nuwe kaartjie kry.

Sover ek weet kan jy nie in die moelikheid kom as jy binne die 90 dae aansoek doen nie.

Groete
Ruan
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Fanta300 »

SAP aanvaar nie aansoeke binne die 90 dae tydperk nie. Dit is klaar te laat. Jy kan wel in daai tyd wapen by handelaar ingee.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Fanta300 »

Jacques, maak eerder seker en handig aansoek môre in!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 920
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Lisensie Hernuwing

Post by musgrave270 »

Skies, dan het dinge heelwat verander sedert ek laas met n hernuwing gewerk het
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Carlc »

Dit lyk my elke DFO het sy eie siening oor die 90 dae. In Brakpan aanvaar hulle hernuwing aansoeke tot op die dag voor die lisensie verval. Volgens hulle is die bewys van aansoek, dws die kwitansie genoeg bewys dat jy wel aansoek gedoen het en kan jy nog steeds jou wapen gebruik.
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Philip_R »

Hier in Malelane aanvaar hulle net aansoeke binne die 90dae, langer as 90dae voor hy verval aanvaar hulle nie die aansoek nie en sê mens moet maar later weer terugkom met die aansoek.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Parker »

Jacques slegte nuus.........dis 90 werksdae en nie kalenderdae nie. Jy gaan met n verskriklike verskoning nog kan hernu hoekom jy nou eers aansoek doen. Maar doen dit NOU.
Ek edit my oorspronklike nadat ek die wet 60 van 2000 weer gaan lees het.
Ja hul meld net 90 dae. So ons aanvaar dan dat dit kalenderdae sou wees. Maar oortuig nou sommige DFOs om dit te interpreeter soos die wet noem. Dis hier waar daar by sommige manne n groot argument ontstaan. My plaaslike DFO stuur n sms uit vyf maande voor vervaldatum, baie goeie inisiatief van hulle. Hulle aanvaar aansoeke voor die 90 dae tydperk maar jy moet verduidelik wanneer jou aansoek om hernuwing na die 90 "werksdae" tydperk ingegee word.
Stoot lood!
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by OosKaapJagter »

Artikel 24 van die Vuurwapen wet praat van "at least 90 days before the expiry of the licence apply..." Dit is dus voor die 90 dae tydperk; nie binne die 90 dae tydperk nie. Indien jou plaaslike DFO bereid is om dit binne die 90 dae tydperk te ontvang, is jy gelukkig.

"Werksdae" se voet. Die artikel in die Vuurwapenwet vermeld "days". Google Wet 33 van 1957 (Interpretasiewet). Merk artikel 4 duidelik uit en gee jou aansoek in, meer as 90 dae voor die lisensie verval.

As die DFO van jou verskil, dan sê jy dit is hoekom hy 'n polisieman is en nie 'n regsgeleerde nie.

Ns: Laasgenoemde is bloot 'n sarkastiese opmerking. Dit is maar beter om die DFO se beuel te blaas en hom/haar aan jou kant te hou. Andersins is dit maklik om net 'n aantekening te maak dat hierdie 'n moeilike, aggressiewe persoon is wat liefs nie 'n vuurwapen moet besit nie.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by RUPERT »

Hi Julle
Vra namens n vriend wat nou moet begin aansoek doen vir die hernuwing van sy lisensies.

Watse dokumente is nodig om aansoek te kan doen vir die hernuwing van lisensies.
Ek moet wel noem dat sy ""compitancy "kaart verlore gegaan het en dat die firma wat sy compitancy daai tyd gedoen het
glo aansoek nou doen om n re print vir hom te doen.

Ek sal wardeer as julle my dalk kan help met die nodige inligting om die so pynloos as moontlik te probeer maak.

Groete en Dankie
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by OosKaapJagter »

Rupert, ek het 'n pm gestuur met 'n poging om die dokumentasie aan te stuur. In dien dit nie werk nie, pm net vir my 'n e-pos adres.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by RUPERT »

Hi Hans
Baie dankie vir jou hulp.
Jy kan die nodige vir my stuur na rupert@scalerite.co.za
Baie Dankie
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Jean Marais »

Ek't ook 'n vinnige vraag m.b.t. polisiestasie waar aansoeke ingehandig word. Wierdabrug hier by ons is absoluut hopeloos, en die DFO daar kom baie agressief oor. Sal sommer sonder om 2 keer te redekawel, jou aansoek vat en dit in die asblik gooi. Jy sukkel jou morsdood of 'n afspraak te kry, wag soms tot 4 maande, en hy maak net 4 of 5 afsprake per dag. Mag ek dus my aansoek by 'n ander stasie gaan indien in die omgewing, of is my lot maar by die hopelose Wierdabrug?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Jean Marais »

Jean Marais wrote: Tue Nov 24, 2020 12:33 pm Ek't ook 'n vinnige vraag m.b.t. polisiestasie waar aansoeke ingehandig word. Wierdabrug hier by ons is absoluut hopeloos, en die DFO daar kom baie agressief oor. Sal sommer sonder om 2 keer te redekawel, jou aansoek vat en dit in die asblik gooi. Jy sukkel jou morsdood of 'n afspraak te kry, wag soms tot 4 maande, en hy maak net 4 of 5 afsprake per dag. Mag ek dus my aansoek by 'n ander stasie gaan indien in die omgewing, of is my lot maar by die hopelose Wierdabrug?
Lyk my ek het almal uitgeboul. Geen reaksie tot dusver :-[ :-[
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Klein Chris »

Gaan doen n "beleefde" navraag by Lyttleton se DFO of jy dit daar kan indien. Anders hou jou dom en gaan gee dit daarin. Jy het "gedink" jy val onder Lyttleton se wyk. Meer as twee kan die "eish" game speel
Skiet bly maar lekker
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Jean Marais »

Dankie Chris.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Lisensie Hernuwing

Post by Lategan1 »

Ek luister saam.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
LeonS
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jul 03, 2012 12:59 pm

Re: Lisensie Hernuwing

Post by LeonS »

Jean Marais wrote: Tue Nov 24, 2020 12:33 pm Ek't ook 'n vinnige vraag m.b.t. polisiestasie waar aansoeke ingehandig word. Wierdabrug hier by ons is absoluut hopeloos, en die DFO daar kom baie agressief oor. Sal sommer sonder om 2 keer te redekawel, jou aansoek vat en dit in die asblik gooi. Jy sukkel jou morsdood of 'n afspraak te kry, wag soms tot 4 maande, en hy maak net 4 of 5 afsprake per dag. Mag ek dus my aansoek by 'n ander stasie gaan indien in die omgewing, of is my lot maar by die hopelose Wierdabrug?
Ons het 18jr in Centurion gewoon. Tanja was altyd baie behulpsaam en lisensies het gewoonlik niks langer as 4maande geneem nie.

Het in 2009 aansoek gedoen vir 30-06 toe die 'back log" nog so hoog was. Daardie tyd by Lyttelton ingehandig. Lisensie is 2011 eers goedgekeur.
Post Reply