Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My 243 se Santa Barbera aksie is nog nie soos ek hom verkies nie... Die patrone kan nie STADIG tot in die kamer gevoer word nie. Jy moet hom vinnig, met een beweging "instamp". As jy 'n patroon stadig voer, loop steek hy dwars, halfpad in die kamer vas. Dit is sommer in plein boere-afrikaans, volgens my 'n k*kspul, want by dit alles is ek nog links ook
My vraag is: Kan ekself die aksie "politoer" om die probleem op te los? En presies hoe gaan ek te werk?
Raad is welkom!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Laat 'n wapen smid liefs na dit kyk. Santa Barbara is mos dieselfde as Mauser Mod 98 nie waar?
Moenie self karring as jy nie presies weet wat fout is nie, die fout kan dalk by jou magasyn kas en magasyn plaat wees.
Middag almal. Dink my .243 het dieselfde aksie. Dit is n Parker Hale geweer. Doen presies dieselfde. Voer vinnig en alles werk mooi. Voer stadig en niks wil saamwerk. Dit lyk of die aksie langer as standaard is. Het eers nou die dag lisensie gekry vir hom ,dus nog nie eintlik geweer gebruik nie. Sal like om te hoor wat almal se.
Om daai aksies my glad te kry moet hy eers met n dremel gewerk word op presies waar die probleem is.As jy nie weet hoe nie laat n smit dit doen jy kan hom net opdonder
Jackson wrote:
Middag almal. Dink my .243 het dieselfde aksie. Dit is n Parker Hale geweer. Doen presies dieselfde. Voer vinnig en alles werk mooi. Voer stadig en niks wil saamwerk. Dit lyk of die aksie langer as standaard is. Het eers nou die dag lisensie gekry vir hom ,dus nog nie eintlik geweer gebruik nie. Sal like om te hoor wat almal se.
Jackson
Jy is reg. Parker-Hale het in 1967 aksies by die Spanish Military Arsenal aangekoop en die Series 1200 Super Mauser gewere daarop gebou. Hierdie aksies is dieselfde as die wat die Amerikaanse maatskappy Santa Barbera aangekoop het (en wat Musgrave weer bekom het). So ons gewere het dieselfde aksies.