Raad vir growwe aksies?

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Raad vir growwe aksies?

Post by Hein M. »

Hallo almal!

My 243 se Santa Barbera aksie is nog nie soos ek hom verkies nie...  Die patrone kan nie STADIG tot in die kamer gevoer word nie.  Jy moet hom vinnig, met een beweging "instamp".  As jy 'n patroon stadig voer, loop steek hy dwars, halfpad in die kamer vas.  Dit is sommer in plein boere-afrikaans, volgens my 'n k*kspul, want by dit alles is ek nog links ook :D

My vraag is:  Kan ekself die aksie "politoer" om die probleem op te los?  En presies hoe gaan ek te werk?

Raad is welkom!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by Danie Lombard .243 »

Hein 

Laat 'n wapen smid liefs na dit kyk. Santa Barbara is mos dieselfde as Mauser Mod 98 nie waar? 
Moenie self karring as jy nie presies weet wat fout is nie, die fout kan dalk by jou magasyn kas en magasyn plaat wees.
Jackson
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Apr 12, 2011 7:57 am

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by Jackson »

Middag almal. Dink my .243 het dieselfde aksie. Dit is n Parker Hale geweer. Doen presies dieselfde. Voer vinnig en alles werk mooi. Voer stadig en niks wil saamwerk. Dit lyk of die aksie langer as standaard is. Het eers nou die dag lisensie gekry vir hom ,dus nog nie eintlik geweer gebruik nie. Sal like om te hoor wat almal se.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by fanie17 »

Om daai aksies my glad te kry moet hy eers met n dremel gewerk word op presies waar die probleem is.As jy nie weet hoe nie laat n smit dit doen jy kan hom net opdonder
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by Hein M. »

Danie & Fanie

Ek sal maar die Smid-pad stap...  Heel moontlik die goedkoopste uitweg...

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by Pvdw »

Dit klink nes my 303  ;D ;D Hein is jy seker dis nie 'n Enfield wat hulle vir jou gegee het nie ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by Hein M. »

Jackson wrote: Middag almal. Dink my .243 het dieselfde aksie. Dit is n Parker Hale geweer. Doen presies dieselfde. Voer vinnig en alles werk mooi. Voer stadig en niks wil saamwerk. Dit lyk of die aksie langer as standaard is. Het eers nou die dag lisensie gekry vir hom ,dus nog nie eintlik geweer gebruik nie. Sal like om te hoor wat almal se.
Jackson

Jy is reg.  Parker-Hale het in 1967 aksies by die Spanish Military Arsenal aangekoop en die Series 1200 Super Mauser gewere daarop gebou. Hierdie aksies is dieselfde as die wat die Amerikaanse maatskappy Santa Barbera aangekoop het (en wat Musgrave weer bekom het).  So ons gewere het dieselfde aksies.

http://books.google.com/books?id=tuVUML ... ns&f=false

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Jackson
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Apr 12, 2011 7:57 am

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by Jackson »

Dankie vir die ekstra inligting. Het bietjie geloer. Altyd lekker om iets se herkoms te weet.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Raad vir growwe aksies?

Post by .::Alwyn-U::. »

my 243 is ook grof.. Dis 'n CZ aksie op musgrave loop. Hy is nogal oud en voer nie meer soos hy moet nie.

As ek hom leen vir friende dan sukkel hulle almal met hom, ek ken al sy nikkies en dinge so ek kom reg met hom maar dit bly abnormaal!

Groete
Post Reply