Manne
Dit wil vir my voorkom asof alle sake twee kante het asook die waarheid. My beroep op alle lede is dat ons almal denkende wesens is en ook dat almal geregtig is op 'n opinie. Ek glo 'n mens moet na alle voorstelle opinies, menings asook verklarings gaan kyk, dit rustig bedink, herkou en dan 'n ingeligte besluit neem.
Hier volg 'n persverklaring soos amptelik uitgestuur deur die SAJWV.
PERSVERKLARING
DATUM: 20 Julie 2011
TYD: 16h00
EMBARGO: Geen
VRYSTELLING: Onmiddelik by ontvangs
SA JAGTERS STEEDS DIE EERSTE VERENIGING OM
DIE BELANGE VAN VUURWAPENEIENAARS TE BESKERM
Begin
SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) is steeds die eerste Jagtersvereniging
in die land wat daadwerklike stappe geneem het, en steeds neem om individuele
vuurwapenbesit vir sy lede te beskerm en in effek daarmee ook die belange van die
algemene vuurwapeneienaar op hierdie wyse te beskerm. Alle voordele wat SAJWV in
terme van vuurwapenlisensies namens sy lede beding, strek direk ook tot voordeel van
die algemene publiek. Die Wet op Beheer van Vuurwapens (Wet No 60 van 2000)
onderskei nie tussen lede van die SAJWV en ander vuurwapeneienaars nie.
Die Uitspraak van Regter Prinsloo op 26 Junie 2009, in SAJWV se dringende
hofaansoek teen die destydse Minister van Veiligheid en Sekuriteit oor sekere dele van
die oorgangsmaatre?ls van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (2000), het direk
daartoe bygedra dat meer as die beraamde 700,000 vuurwapeneienaars wat op daardie
stadium nog nie aan die hernuwingsproses van hulle ?ou groen kaarttipe lisensie?
deelgeneem het nie, nie op 1 Julie 2009 aan vervolging blootgestel was nie. Die
aansienlike koste van daardie hofsaak was in 2009 deur die destydse 22,000 lede van
die SAJWV gedra.
Dit is algemeen bekend dat SAJWV die verhoor van die hoofaansoek uitgestel het ten
einde oplossings te probeer vind vir knellende probleme binne die SAPD wat uit die
litigasieproses uitgesluit sou wees. Dit is ook algemeen bekend dat SAJWV geensins van
die regte wat bekom is deur middel van die uitspraak in die dringende aansoek, afstand
gedoen het nie. Indien die samesprekings met die SAPD nie bevredigende resultate lewer nie en enige gevestigde regte sou in gedrang kom, sal die SAJWV met die
hoofaansoek voortgaan.
Teen die bostaande agtergrond beskou die SAJWV die smeerveldtog van halwe
waarhede wat die South African Gunowners? Association (SAGA) jongslede in die
elektroniese gesprekfora op die internet van stapel gestuur het, en waarin die SAJWV
daarvan beskuldig word dat hulle nie die belange van die bre? vuurwapengemeenskap
dien nie, gewoon as kwaadwillige verdagmakery.
Sonder die medewete van die SAJWV, het SAGA in Maart vanjaar ?n
Hooggeregshofaansoek teen die SAPD gebring, in welke aansoek hulle aandui dat hulle
?n spesifieke interpretasie versoek van die uitspraak op SAJWV se dringende hofsaak
van 2009. In hulle hofstukke versoek SAGA die Hof om die proses van herlisensi?ring
om die ?ou groen lisensies?, waarmee die SAPD steeds voortgaan soos deur die Wet
vereis word, ongeldig te verklaar, omdat dit volgens hulle in stryd is met die uitspraak in
die SAJWV se dringende hofaansoek van 2009.
Eers in Mei vanjaar word SAJWV deur SAGA versoek om hulle saak te ondersteun.
Omdat SAGA se verklarings bewerings bevat wat direk na SAJWV en sy optredes
verwys, moes die SAJWV, gegrond op deurdagte regsadvies, onafhanklik sy belang ten
opsigte van die uitspraak in die dringende aansoek van 2009 beskerm, en het daarom as
tussentredende party tot SAGA se hofsaak toegetree.
Met SAJWV se toetrede tot SAGA se hofsaak, word die hof bloot versoek om die SAGA
hofsaak vir 3 maande uit te stel. Dit behoort SAJWV die kans te gun om eers te poog om
die aspekte wat betrekking het op die 2009 dringende hofsaak te probeer skik. Sou die
SAJWV nie daarin slaag om die 2009 hofaansoek bevredigend te skik nie, sal daar met
die Hoofaansoek voortgegaan word. Indien SAGA se aansoek van die hand gewys word,
staan die SAJWV se lede, sowel as die bre? vuurwapeneienaarsgemeenskap, ook kans
om die voordeel te verloor wat in die uitspraak na die dringende aansoek van 2009
verkry is. Die SAJWV het nooit die aansoek wat SAGA nou gebring het, teengestaan nie.
SAGA en heelparty van sy ondersteuners interpreteer waarskynlik die toetrede van
SAJWV tot SAGA se hofaansoek as dat die SAJWV kant kies teen SAGA en alle
vuurwapeneienaars, en dat SAJWV sy saak met die SAPD op ondeurdagte wyse sal
skik. In beide gevalle is hierdie sienings nie korrek en/of waar nie.
SAJWV volg ?n deeglike beplande proses wat uiteindelik gemik is om al die regte vir die
vuurwapeneienaar te behou waarvoor in die Hoofaansoek betoog is. Dit sluit in die behoud van die wettige status van die ?ou groen kaartipe lisensie? soos dit tans reeds
bestaan.
Die SAJWV beskou die optrede van SAGA derhalwe as laakbaar en betreur die feit dat
SAGA met die verspreiding van ?n e-pos onder SAJWV se lede ?n beroep op hulle doen
om by SAGA aan te sluit omdat hulle kwansuis die enigste groep is wat
vuurwapeneienaars se belange dien. Hierdie beroep van SAGA saai onnodige twyfel en
verwarring onder vuurwapeneienaars. Die georganiseerde belangegroepe wat
vuurwapeneienaars verteenwoordig verdien nie die tweespalt wat SAGA besig is om in
hierdie proses in vuurwapeneienaarsgeledere te saai nie. Dit staan steeds enige persoon
of organisasie vry om as applikant tot die SAJWV se hoofaansoek toe te tree.
SAJWV doen ?n beroep op sy lede om hulle reeds oorweldigende ondersteuning tot die
Vereniging se regproses en integriteit te handhaaf.
Eindig
Vir enige verdere navrae, kontak asseblief
Fred Camphor, President (SAJWV) by 082 445 0948 of by
fcamphor@mweb.co.za
of alternatiewelik vir
Danie Venter, Hoof Uitvoerende Beampte (SAJWV) by (012) 808 9300 of by
daniev@sahunt.co.za