SA Jagters Vereniging

Biltongjagter

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Biltongjagter »

So uit die SAJWV perd se bek uit!

Gesonde kritiek kan goed wees, maar manne moet maar eers deeglik lees en ook verstaan wat hulle gelees het, voordat mense of organisasies summier afgekraak word.

Fyn trap in die pietersielie  ;)

Groete,
Koos.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

Bilton jagter
Ek het dit gelees verstaan ek weet nie.Die punt bly staan wat is die voorstelle wat hulle met die saps bespreek.Wat is so geheim met die gesprek.My onder steuning vir Gerard se voorstel staan nog ek glo nie daar is n beter voorstel nie.
Groete
Beretta
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: SA Jagters Vereniging

Post by JACQUES BOTHA »

Baretta
Ek dink nogsteeds laat die opmerkings was nie onpartydig gestel nie, en het sommer as chasa bemarking probeer dien.
Dis tyd dat die twee vereenigings beter saamwerk ek weet hulle probeeer soms maar daar is maar altyd n ou wat iewers wil  foutvind ens..
Laat ons maar nie die een die ander probeer aftakel nie, Eerder die beste van jou vereeniging hier se en noem,, dis egter elkeen se reg om kretiek te lewer en dis dalk reg so...
Die waarheid is egter die saak hhet altyd 2 kante,, soms 3 
mooi bly
jacques
Shoot straight and tell the truth!
Biltongjagter

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Biltongjagter »

Beretta,

Lees bl. 8, in die koppeling wat ek geplaas het, en spesifiek punt 7, en in 7.1 is die hele rede waarvoor SAJWV vir alle vuurwapen eienaars veg, nl. dat alle vuurwapen lisensies wat onder die 1969 Wet uitgereik is (groen lisensies soos ons almal in ons ID boekies het) geldig sal bly totdat die hele kwessie rondom vuurwapen lisensies uitgeklaar is. Die grondwetlikheid van Skedule 1 van Vuurwapen Wet 60 van 2000 word ook hierin bevraagteken, soos SAJWV reeds in geslaag het met Regter J Prinsloo se 26 Junie 2009 uitspraak.

D?t is waaroor dit gaan - behoud van jou en my bestaande lisensies om 'n vuurwapen te mag besit.

Ek stem ook 100% met Gerard se voorstel saam, maar dit is 'n voorstel alleen op hierdie stadium wat nog geen gewig dra in die vuurwapen wet nie.
Vraag is wat doen ons om hierdie baie goeie voorstel onder die wetgewers se aandag te bring en dit tot wet gemaak kry?

Groete,
Koos.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

Biltongjagter
Ek sukkel om die skakel te lees op die web site.Nou hoekom vra hulle nie om dit n permanente uitspraak temaak nie.As dit nou ek dink dit is amper twee jaar na die uitspraak nog nie werk nie twyfel ek of dit ooit gaan werk.En as jy nog nie aansoek gedoen het nie om nuwe lisesnsies en hulle se nee ons los die hof saak dan het jy mos nou groot probleme.Ek was van die eerste mense in die land om my nuwwe en bestaande lisensies te doen.Ek weet dit want die einde van daardie jaar het ek verneem dat daar slegs n paar mense was wat dit gedoen het.Die saps stasie waar ek dit gedoen het het nie eers geweet wat om te doen nie nie dat hulle nou weet nie.As Sajagters by hulle standpunt dat hulle by die hofsaak gaan hou dan is dit mos nou nie n probleem nie.Maar hulle se nie wat hulle gaan doen nie. My vraag is weer wat is die voorstelle wat hulle maak.Gaan hulle vra dat die hofsaak ontrek moet word of gaan hulle vir n permanente uitspraak vra.Soos ek ook al gevra het as jy betaal dan is jy toegewyd as jy nie betaal nie dan is jy nie toegewyd nie dit is mos nie logies nie.Ek bly toegewyd of ek nou geld het of nie net my geldelike situasie verander nie my toegewydheid nie.Ek dink dalk ek is verkeerd maar ek het nog nie van een boer gehoor wat na jou satus vra as kom jag nie maar wel dit is die bok se prys skiet hom raak of mis dit is die prys.My status gaan ook nie maak dat ek die bok meer dood of mis gaan skiet met of soder status nie.Soos ek dit dan verder verstaan en kan verkeerd wees as die wet ongrondwetlik verklaar word dan het jy geen status nodig nie.
Net My gedagtes
Groete
Beretta
Biltongjagter

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Biltongjagter »

My vraag is weer wat is die voorstelle wat hulle maak.
Dit staan duidelik daar geskrywe  :-[

Mens kan die perd tot by die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie!
Ek sukkel om die skakel te lees op die web site.
Dalk iets met jou rekenaar - sal help as iemand soos Ludwig jou daarmee kan help.

Groete,
Koos.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

Koos
Ja nee as jou rekenaar oud is en nie wil tik wat jy vir hom se nie dan is dit maar n probleem jy weet die spel foute.Weer probeer om op hulle website en poshot te lees maar jy weet mos nou die probleem met die rekenaar.Op hulle potshot page staan daar net"buiten gewone nuus brief van sajwv eb vuurwapen wet" ek weet ook nie waavoor die eb staan nie.Dit is net daar waar my rekenaar se batterye pap word hy wys my niks.Gelukig is ek nie dors nie ou ryperd maar nou ja aan die anderkant is perde drolle ook nie vye nie
Groete
Beretta
User avatar
FrankH
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Sat Jan 09, 2010 6:20 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by FrankH »

Letter from Martin Hood to Danie Venter.


http://tiny.cc/dzgn2
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

FrankH
Hulle se slang in die gras se m55r hierdie is n krokodil.Ag shame het die oubaas dalk iets te se. Dit is baie lag wekkend hulle sal se dit wat Martin Hood geskryf het is seker buite konteks aangehaal en kwaadwillig.Dit is nou tyd dat die sa jagters moet show and tell.Is hulle skaam dit gaan mos openbaar word in die parlement.I rest my case
Groete
Beretta
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by spekieries »

Manne


Dit wil vir my voorkom asof alle sake twee kante het asook die waarheid. My beroep op alle lede is dat ons almal denkende wesens is en ook dat almal geregtig is op 'n opinie. Ek glo 'n mens moet na alle voorstelle opinies, menings asook verklarings gaan kyk, dit rustig bedink, herkou en dan 'n ingeligte besluit neem.

Hier volg 'n persverklaring soos amptelik uitgestuur deur die SAJWV.



PERSVERKLARING
DATUM: 20 Julie 2011
TYD: 16h00
EMBARGO: Geen
VRYSTELLING: Onmiddelik by ontvangs
SA JAGTERS STEEDS DIE EERSTE VERENIGING OM 
DIE BELANGE VAN VUURWAPENEIENAARS TE BESKERM
Begin
SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) is steeds die eerste Jagtersvereniging
in die land wat daadwerklike stappe geneem het, en  steeds neem om individuele
vuurwapenbesit vir sy lede te beskerm en in effek daarmee ook die belange van die
algemene vuurwapeneienaar op hierdie wyse te beskerm. Alle voordele wat SAJWV in
terme van vuurwapenlisensies namens sy lede beding, strek direk ook tot voordeel van
die algemene publiek. Die Wet op Beheer van Vuurwapens (Wet No 60 van 2000)
onderskei nie tussen lede van die SAJWV en ander vuurwapeneienaars nie. 
Die Uitspraak van Regter Prinsloo op 26 Junie 2009, in SAJWV se dringende
hofaansoek teen die destydse Minister van Veiligheid en Sekuriteit oor sekere dele van
die oorgangsmaatre?ls van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (2000), het direk
daartoe bygedra dat meer as die beraamde 700,000 vuurwapeneienaars wat op daardie
stadium nog nie aan die hernuwingsproses van hulle  ?ou groen kaarttipe lisensie?
deelgeneem het nie, nie op 1 Julie 2009 aan vervolging blootgestel was nie. Die
aansienlike koste van daardie hofsaak was in 2009 deur die destydse 22,000 lede van
die SAJWV gedra. 
Dit is algemeen bekend dat SAJWV die verhoor van die hoofaansoek uitgestel het ten
einde oplossings te probeer vind vir knellende probleme binne die SAPD wat uit die
litigasieproses uitgesluit sou wees. Dit is ook algemeen bekend dat SAJWV geensins van
die regte wat bekom is deur middel van die uitspraak in die dringende aansoek, afstand
gedoen het nie. Indien die samesprekings met die SAPD nie bevredigende resultate lewer nie en enige gevestigde regte sou in gedrang  kom, sal die SAJWV met die
hoofaansoek voortgaan.
 
Teen die bostaande agtergrond beskou die SAJWV die  smeerveldtog van halwe
waarhede wat die South African Gunowners? Association (SAGA) jongslede in die
elektroniese gesprekfora op die internet van stapel gestuur het, en waarin die SAJWV
daarvan beskuldig word dat hulle nie die belange van die bre? vuurwapengemeenskap
dien nie, gewoon as kwaadwillige verdagmakery.

Sonder die medewete van die SAJWV, het SAGA in Maart vanjaar ?n
Hooggeregshofaansoek teen die SAPD gebring, in welke aansoek hulle aandui dat hulle
?n spesifieke interpretasie versoek van die uitspraak op SAJWV se dringende hofsaak
van 2009. In hulle hofstukke versoek SAGA die Hof om die proses van herlisensi?ring
om die ?ou groen lisensies?, waarmee die SAPD steeds voortgaan soos deur die Wet
vereis word, ongeldig te verklaar, omdat dit volgens hulle in stryd is met die uitspraak in
die SAJWV se dringende hofaansoek van 2009. 
Eers in Mei vanjaar word SAJWV deur SAGA versoek om hulle saak te ondersteun. 
Omdat SAGA se verklarings bewerings bevat wat direk na SAJWV en sy optredes
verwys, moes die SAJWV, gegrond op deurdagte regsadvies, onafhanklik sy belang ten
opsigte van die uitspraak in die dringende aansoek van 2009 beskerm, en het daarom as
tussentredende party tot SAGA se hofsaak toegetree. 

Met SAJWV se toetrede tot SAGA se hofsaak, word die hof bloot versoek om die SAGA
hofsaak vir 3 maande uit te stel. Dit behoort SAJWV die kans te gun om eers te poog om
die aspekte wat betrekking het op die 2009 dringende hofsaak te probeer skik. Sou die
SAJWV nie daarin slaag om die 2009 hofaansoek bevredigend te skik nie, sal daar met
die Hoofaansoek voortgegaan word. Indien SAGA se aansoek van die hand gewys word,
staan die SAJWV se lede, sowel as die bre? vuurwapeneienaarsgemeenskap, ook kans
om die voordeel te verloor wat in die uitspraak na  die dringende aansoek van 2009
verkry is. Die SAJWV het nooit die aansoek wat SAGA nou gebring het, teengestaan nie.
SAGA en heelparty van sy ondersteuners interpreteer waarskynlik die toetrede van
SAJWV tot SAGA se hofaansoek as dat die SAJWV kant  kies teen SAGA en alle
vuurwapeneienaars, en dat SAJWV sy saak met die SAPD op ondeurdagte wyse sal
skik.  In beide gevalle is hierdie sienings nie korrek en/of waar nie.

SAJWV volg ?n deeglike beplande proses wat uiteindelik gemik is om al die regte vir die
vuurwapeneienaar te behou waarvoor in die Hoofaansoek betoog is. Dit sluit in die behoud  van die wettige status van die ?ou groen kaartipe lisensie? soos dit tans reeds
bestaan.

Die SAJWV beskou die optrede van SAGA derhalwe as laakbaar en betreur die feit dat
SAGA met die verspreiding van ?n e-pos onder SAJWV se lede ?n beroep op hulle doen
om by SAGA aan te sluit omdat hulle kwansuis die enigste groep is wat
vuurwapeneienaars se belange dien. Hierdie beroep van SAGA saai onnodige twyfel en
verwarring onder vuurwapeneienaars. Die georganiseerde belangegroepe wat
vuurwapeneienaars verteenwoordig verdien nie die tweespalt wat SAGA besig is om in
hierdie proses in vuurwapeneienaarsgeledere te saai nie. Dit staan steeds enige persoon
of organisasie vry om as applikant tot die SAJWV se hoofaansoek toe te tree.
SAJWV doen ?n beroep op sy lede om hulle reeds oorweldigende ondersteuning tot die
Vereniging se regproses en integriteit te handhaaf.

Eindig
Vir enige verdere navrae, kontak asseblief
Fred Camphor, President (SAJWV) by 082 445 0948 of by fcamphor@mweb.co.za 
of alternatiewelik vir 
Danie Venter, Hoof Uitvoerende Beampte (SAJWV) by (012) 808 9300 of by
daniev@sahunt.co.za
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

spiekeries
Al wat kanse is WHOOPI.Ek verstaan nie wat jonkslede is nie maar as dit is wat ek dink dit is het ek nuus vir OOM DANIE.Hy kan verklaar tot pers in die gesig is nie eenkeer volgens my se hy wat die voorstelle is nie.As ek of iemand hulle opinie lug dan is dit n smeer veltog stront man soos ek reeds gese het se vir ons en saj lede wat is die voorstelle.
Groete
Beretta
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by blaser »

spiekeries

waaroor gaan hierdie goed beplande proses wat word beplan
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

Manne
nou net op sabc2 gehoor die kol se al die lisensies sal reg wees einde aug maar die jaartal was nie genoem nie ;D
Groete
Beretta
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Christo »

Beretta wrote: Manne
nou net op sabc2 gehoor die kol se al die lisensies sal reg wees einde aug maar die jaartal was nie genoem nie ;D
Groete
Beretta
Haar refused klink meer na refuse( rommel ) so ek dink hulle m@er alles net in die trash. Die klem op die eerste "e"
Haar compency is ook nie die competancy wat ek ken nie.
En ek hoor jy word bevoeg verklaar om die bevoegdheid kaart te besit, nie die geweer nie.
En al die DFO's  :police: is ten volle geleerd m.b.t die vuurwapen wet ( o ja, die nuwe een )

Waar gaan ons heen  ???
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Otto
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Otto »

Ek wou nie eintlik verder oor die onderwerp post nie maar na aanleiding van SA Jagters se verklaring, wil dit vir my voorkom hulle is net besig om vure dood te slaan. Lees net die brief van Martin Hood aan Danie Venter soos wat op Gunsite geplaas is.(Jammer dit is in Engels) FrankH kan dit bevestig:

"20 July 2011 ? CVM

DANIE VENTER
CEO SA HUNTERS
daniev@sahunt.co.za

Dear Danie

This is an open letter to you, i.e it is to be circulated.

I address this letter to you in my personal capacity, i.e as a member of S A Hunters and not as the legal representative of SAGA or as a member of SAGA. The comments contained in this letter are my own and this communication has been sent without debate, discussion or permission (insofar as I might need such permission) from the trustees of SAGA.

I also want to stress that both SAGA and I do not want to fight with either you personally or in your capacity as a member of the Exco of S A Hunters. This letter is addressed to you with the view that certain matters must be aired and must be resolved so that the firearm community can move forward together in unity, of purpose and in strength so that we may continue to negotiate and where appropriate, demand equitable legislation and administratively fair and reasonable implementation of such legislation.

I am going to limit my comments to your S A Hunters response of the 19th July 2011 to SAGA?s bulletin of the 18th July 2011.

There are a number of incorrect and possibly misleading statements contained in your response. I want you to please consider what I say before you respond in the manner that you have to previous communications to you.

I am not passing judgment on your conduct or that of S A Hunters, but I am trying to merely illustrate why the position of S A Hunters has been the subject of so much controversy.

In no particular order, I turn to deal with some of the statements that you have made in the communiqu? of the 19th July 2011. It goes without saying that I have personal knowledge in respect of my comments.

?SAHGCA requested the courts in its papers to postpone the SAGA case until the SAHGCA case has been heard.?


Your notice of motion states inter alia:

?Part B (d) Postponing the application by SAGA under case no. 13963/11 sine die?, i.e indefinitely. There is no mention in the notice of motion that you wanted a postponement until your main case has been heard. This co-incidentally begs the question why it has taken more than two years for your main case to be heard.

Prayer (e) of your notice of motion states: ?Granting SAGA leave to enroll case no. 13963/11 with a notice to all parties should the discussions between the Minister of Safety and Security and members of the firearm fraternity that commenced as a consequence of the interim order granted by the Honourable Mr Justice B Prinsloo under case no. 336556/09 on 26 June 2009 not be concluded satisfactory within three months of the date of this order?, and prayer (g) ?Should the negotiations between the Minister of Safety and Security and members of the firearm fraternity not be concluded satisfactorily, leave be granted to the intervening party to supplement its founding affidavit in the event of the 1st to 7th Applicants in case number 13963/11 resolving to enroll the application.?

Attached to this notice of motion is a founding affidavit signed by Daniel Christiaan Adrian Venter, which I presume to be you and which it follows, you must therefore have understood the relief sought in the notice of motion.

Please note that the only party that has had discussions between the Minister of Safety and Security and members of the firearm fraternity is SAH. I am not aware of any other firearm organization that has had discussions with the Minister of Safety and Security. I am quite prepared to accept that I may be wrong in this regard and I await your comments in clarification of this.

It follows, I might add, that it is common cause and on your own admission that you have had discussions with the SAPS. I call upon you to make a comprehensive disclosure of where, when and what the content of these discussions were to ?members of the firearm fraternity? for us to assess whether SAH is acting in its or our best interests.

Your next statement that I take issue with is ?SAHGCA cannot join the case as an applicant, because of the risk to effect the SAHGCA main case ?..?.

Please refer to Part A of your notice of motion, which states:

?(a) That the intervening party (S A H) is granted leave to intervene, alternatively

(b) Allowing the intervening party to be joined as an applicant in the application of SAGA.?

I comment no further.

Although there was no obligation on SAGA to consult with SAH, the SAGA court case was discussed extensively by me with your legal representative George Nell, it was made public in one of the meetings with Jenni Irish Qhobosheane, at which you were present and it was also discussed at a Forum meeting held at my office at which you were also present.

It is partly due to some of the comments above and for other reasons that S A Hunters has recently received a certain amount of negative criticism.

I call upon you to take this opportunity, not to attack me, as the messenger, but to address the central issue and that is, tell us, legal, responsible, law abiding firearm owners what you have done up until now and what the future intentions of S A H are. Up until now and contrary to what you have said in your founding affidavit, it appears that only S A Hunters enjoys a relationship of ?mutual trust? with the SAPS.

I want to stress that this communication is not intended to be an attack upon you or SAH (I remain a loyal member of SAH), but is intended to confront and hopefully put behind us (all of us) the feeling that SAH is not on the same side as other firearm organizations.

Sincerely

MARTIN HOOD"

Sa Jagters probeer ons nog steed 'n poep voer. Kan hulle nou nie maar erken hulle is uitgevang nie.
8x60S (1928 Oberndorf Mauser Special African Model)
30.06 (Musgrave)
243 (Howa 1500)
12 Br (Maverick)
9mmP (CZ 75)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

Christo
Volgens my moerlandspan toe volgens saj na die jackpot toe in September ;D ;D ;D ;D hulle moet net nie die manne roep om random toetse te skryf nie want ek glo nie hulle sal dit maak nie soos hulle se sebben and sebben is eleben(seven and seven is eleven) ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
FrankH
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Sat Jan 09, 2010 6:20 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by FrankH »

Good to see this on the SAGA site :

"We are in discussions with SAH to resolve the matter for everyone?s benefit"

I think too that its good that things came to the fore , hopefully after the discussions all the underlying issues will be resolved and we as gun owners in general will be able to move forward and stand together.
Danie Lombard .243

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Danie Lombard .243 »

Met die klem op "stand together"

Eintlik moet ek nie hier reageer nie maar my vingers brand om te tik.

Sien, die ding dat 'n persoon identiteit vas is en net glo in jouself en in jou vereniging van keuse is 'n baie baie goeie ding. Onthou, die mens is 'n trop dier en hy wil weet, hoor, sien en voel dat hy aan iets behoort. Dit is ook tans belangrik gesien in die benarde posieise wat die huidie wettige vuurwapen eienaar homself bevind t.o.v. al die aanslagte teen hom. So val ons almal as wettige wapen eienaars onder een wet nl. wet 60 van 2000 genaamd die vuurwapen wet. Die wet sien nie die onverbonde wapen eienaar en die verbonde aan 'n vereniging wapen eienaar as twee identiteite nie, die twee word gesien as 'n wapen eienaar en klaar.
Nou is ons as wapen eienaars besig om mekaar op te vryf, mekaar se verenigings teenoor mekaar af te speel en die wapen eienaars wat nie vebonde is aan 'n vereniging nie is ook nog daar en se dat niemand hul sal dwing om aan te sluit by 'n vereniging van keuse. Dit is 'n persoon se keuse om te behoort al dan nie. Intussen is ons uitmekaar gejaag, die een kan die ander nie duld nie. Vereniging A dink hy is beter as vereniging B en C ens. Nou dat ons eintlik moet saamstaan en bymekaar kom en mekaar bystaan, nou is dit 'n uitmekaar spat besigheid terwyl ons almal resorteer onder dieselfde wet. Het jul al so 'n onoosel spil gesien?  Ek hoop en bid en vertou dat hier nie iets erg en drasties in onse mooie land moet gebeur nie. Instede van by mekaar staan sal ons seker mekaar uitmoor om te bepaal wie is reg en wie is verkeerd en wie gaan baas wees.

Kan ons nie liefs fokus op die voortbestaan van die wettige wapen eienaar en nie fokus op sleg se en uit kruit nie. Met stry en baklei om mens nerens nie, veral nie as soortgelykes met mekaar stry en baklei nie wat eintlik soortgelyke idees en belange wil beskerm nie.

Ons is tans verstrooi en uitmekaar gejaag. Kom ons  staan saam, saam kan ons berge versit, alleen is jy en ek nie 'n snow ball in die hel werd nie.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SA Jagters Vereniging

Post by Beretta »

Manne
Wat het geword van die amendment storie en sa jagters sou hulle dit nie in September bespreek nie
Beretta
Post Reply