Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
DWB wrote:Die minste kopseer is om 'n rak geweer te koop waarvan jy van die staal hou, en hom dan te laat mooi maak…..
Custom visiere en kolf kan gedoen word.
Sonder om op iemand se tone te trap, maar ek dink jy gooi geld in die water om pushfeed te gaan, sy herverkoop waarde gaan daaronder ly…. Al wil jy hom nooit verkoop nie
Pad wat ek ook maar sou gaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Daai roer se kolf is vir n linkerhande skut gebou.
1Lum n ander opsie is n Ruger Hawkeye African in 375 Ruger of 416 Ruger. Hierdie rondtes het bitter baie wat vir hulle tel. Die gewere kom met n muzzle break wat kan afhaal wat baie help met recoil aangesien jy se jy is skop-sku. Jy kan selfs as jy wil n silencer opsit want jy sit klaar met skroefdraad vir die mb. Die Rugers het een van die beste M98 kloon aksies beskikbaar en jy kan vir jou pasmaak kolf laat opsit sou jy dit so verkies. n Barrelband, ringe, baie goeie oop visiere en n uistekende veiligheids stelsel is klaar standaard op die geweer. So met jou budget van R50 000 kan jy ver kom met die Ruger as basis geweer.
+1 Vir Wouter se voorstel. Veral die 416 Ruger. Jy gaan baie kleingeld he om hom bitter mooi te maak maar nogsteeds met hom te wil/kan jag. Die skop is nie so erg nie
Ek het 3 roere, .22Lr, 300WSM en 375H&H. Die 375 was 'n erfstuk en het nood gedwonge 'n silencer laat op sit laas jaar want sekere plase laat jou of nie toe om daar te jag nie of jy moet extra betaal as jy nie een het nie.
Monster wrote:Ek het 3 roere, .22Lr, 300WSM en 375H&H. Die 375 was 'n erfstuk en het nood gedwonge 'n silencer laat op sit laas jaar want sekere plase laat jou of nie toe om daar te jag nie of jy moet extra betaal as jy nie een het nie.
Die plase wat jou ekstra vra as jy nie n knaldemper het nie: Help die ekstra geld dat die bokke nie die harde skote hoor nie?
Baie dankie almal. Ek sien die Win Mod70 word hier en op verskeie ander plekke hoogs aanbeveel. Sal hopelik dit asook verskeie ander roere mee kan vroetel binnekort.
Wouter, dankie vir die voorstel, die inligting rondom die .375 Ruger en hoekom dit ontwikkel is hou ek van. Dit wat ek op n foto sien van die Hawkeye is ek nie n baie groot aanhanger van nie, my opinie mag dalk wel verander as ek self een vas hou en met my eie oë sien. Vir 'n tekort aan n beter beskrywing, dit lyk vir my amper te modern. Ek hou egter van dit wat ek lees mbt die kaliber self.
Ek sak gaan loer wat my skietwinkel en kloppers is en maar as ek weer in Jhb is by die groot winkel en Zimbi gaan inloer.
Jy kan maar gerus na die Ruger's kyk. Ek het self nie een nie maar het al 'n paar skote met vriende sin geskiet. Net 'n plesier en die recoil het my nie gepla nie. Ruger het 'n ordentlike kussing op gesit.
Wel, ek het vinnig by die Skietwinkel gestop. Het na die volgende gekyk, mod 70 416Rigby, Ruger M77 Hawkeye .308, CZ 550 Magnum Lux, Sako 75 deluxe .375.
Die Sako is so te sê splinternuut, netjiese hout. N geweer wat meeste baie trots sal maak. Push feed en vir die rede nie op my lys nie. Wou iets hê wat "luuks" is om die ander mee te vergelyk.
Die CZ het vir my los hande die beste visiere opgehad, n "plain Jane" werks geweer, niks spesiaals nie, maar ook niks met dit verkeerd nie.
Die Ruger was n ouer tweedehandse geweer met n gelamineerde kolf. Sekerlik nie n regverdige vergelyking nie. Die slot het geweldig baie speling op gehad. Nie seker of daar wesenlike verskille tussen n .308 en .375 slot aksie is nie, maar dit sal my baie pla.
Die Mod70 se hout was nie die gehakte van die Sako nie, maar definitief niks om oor skaam te wees nie. Ek het sonder twyfel die meeste van die aksie gehou. Solied en redelik glad. Tot dusver my eerste keuse. Enige rede hoekom ek nie na doe mod 70 moet kyk nie?
1lum1nat1 wrote:Wel, ek het vinnig by die Skietwinkel gestop. Het na die volgende gekyk, mod 70 416Rigby, Ruger M77 Hawkeye .308, CZ 550 Magnum Lux, Sako 75 deluxe .375.
Die Sako is so te sê splinternuut, netjiese hout. N geweer wat meeste baie trots sal maak. Push feed en vir die rede nie op my lys nie. Wou iets hê wat "luuks" is om die ander mee te vergelyk.
Die CZ het vir my los hande die beste visiere opgehad, n "plain Jane" werks geweer, niks spesiaals nie, maar ook niks met dit verkeerd nie.
Die Ruger was n ouer tweedehandse geweer met n gelamineerde kolf. Sekerlik nie n regverdige vergelyking nie. Die slot het geweldig baie speling op gehad. Nie seker of daar wesenlike verskille tussen n .308 en .375 slot aksie is nie, maar dit sal my baie pla.
Die Mod70 se hout was nie die gehakte van die Sako nie, maar definitief niks om oor skaam te wees nie. Ek het sonder twyfel die meeste van die aksie gehou. Solied en redelik glad. Tot dusver my eerste keuse. Enige rede hoekom ek nie na doe mod 70 moet kyk nie?
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Man wat sukkel jy so...
Koop nou die geweer.
Ek sal oorweeg om n bitter-bitter lelike / ongepaste / ongemanierde sleg vrou trou om die geweer te kan erf eendag.... viewtopic.php?f=19&t=73308
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD