Hout geweerkolwe en vog

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Hout geweerkolwe en vog

Post by Hein M. »

Hallo almal!

Net 'n paar vragies:  Watter invloed het vogtigheid en atmosferiese druk (bv. tussen die kus en die binneland) op gewere se houtkolwe?

Is die invloed minder waar die houtkolf gepak en gefreefloat is?  En is daar iets wat gedoen kan word om hierdie invloed minder te maak?  'n Spesiale behandeling of iets dergliks?  Is sekere soort hout minder / meer vatbaar vir invloede?

By voorbaat dankie vir terugvoer!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Beyers »

Hout is higroskopies. Trek water uit atmosfeer aan. Gedurende die stoomdroogproses word die vog uit die houtselle verwyder tot tussen 7% en 14% voginhoud. Die selle wil altyd dieselfde voginhoud as die omgewing he. Dus sal dit vog inneem tot gelyk staande die atmosfeer. As dit baie vogtig is swel die houtselle uit en verander die hout vorm. Die lengte verander nie, maar wel die hoogte en dikte. Dit gebeur oneweredig in die selle, gevolglik trek die hout krom. Dit veroorsaak spanning op die aksie en verander POI. As die hout nog aan die loop raak is die sports groter.

Hoe kan die trek verminder word? Free float die loop, dis nou nie met net die dikte van 'n R10 noot nie, dis sommer 1,5 tot 2mm. As die hout soveel krom trek sal hy begin wortel skiet. Seel die hout goed. Met die pak van die aksie word die oop ente van die selle binne die kolf toegemaak, dus kan vog nie daarin kom nie. Die buite kant moet ook geseel word, vandaar die blink dik vernis wat op komersiele kolwe geplak word.

'n Olie afwerking op hout is net effektief indien dit onderhou word. NIE MET MINERALE OLIE NIE. Greelde onderhoud met schaftol of enige goeie meubelolie sal voorkom dat die selle dors wor vir water.

Baie belangrik is die keuse van hout voordat die kolf gemaak word. Saphout (gewoonlik lig van kleur en baie sag) is meer geneig om vog aan te trek. Die kerhout (gewoonlik donker) is "dooie" houtselle wat silikate en hars en sap bevat wat droog geword het vandaar die donkerder kleur. Daar is baie minder ruimte in die sel vir water. Die wyse waarop die selle in die blank le het 'n effek op die sterkte van die kolf.

Ek verkies okkerneut vanwee die goeie werkbaarheidseienskappe en omdat dit die hout is waarvan kolwe nog die meeste van gemaak word.

Ons SA hout word nie korrek gesaag en gedroog nie. Ons hout is ook baie hard en geneig om te kraak.  van die slag van die skote wat afgetrek word.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Monrique (SJ) »

Beyers

n Baie goeie beskrywing, dankie.

Groetnis
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Hein M. »

Beyers,

Dankie vir die volledige antwoord en deeglike beskrywing.  Hierdie is 'n goeie riglyn vir ouens (met houtkolf-gewere) wat die winter op ander plekke in die land gaan jag.

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Dawid »

Mooi verduidelik daar dankie Beyers.

Hein.......solank jy netnie n Pine kolf het nie want daai ding trek erger vog as wat n bergie sprits trek.  :laugh: :laugh: :laugh:
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Hein M. »

Dawid wrote:
Mooi verduidelik daar dankie Beyers.

Hein.......solank jy netnie n Pine kolf het nie want daai ding trek erger vog as wat n bergie sprits trek.  :laugh: :laugh: :laugh:
:D

Nee, dit is okkerneut - ek dink - en ek het hom laat pak.  Sal hom later wel vervang, maar moet eers vasbyt.

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Monrique (SJ) »

Hein

Hoe het daai kolf uitgekom?  Jy tevrede?

Groetnis
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Hein M. »

SJ

;D Nee jong, die ouk?rel is nog nie klaar nie.  Hy vat sy tyd.  Maar ja, ek HOOP dat dit olraait gaan wees.  As dit nie is nie sal ek hom dwing om vir my 'n Boyds te koop!

Sal hopelik die geweer binne die volgende twee weke kry.

S? my, het  jou 308 'n RSA-aksie?

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by fanie17 »

Ek seel altyd my kolwe binne met n sealer ook waar die loop is,dan is ek seker dit kan nie vog trek nie
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by PITSMIT »

dagse manne

ek behandel my kolwe met london oil al vir jare en hulle is nou so deurtrek en mooi blink dat hulle nooit sal kromtrek as hulle nat word nie.

dis n lang proses en beter as hout vernis of se?ler want as hy per ongeluk n skrapie kry maak hy nie so wit strepie soos vernis of ander se?lers nie.

so lyk my 308
Image
Image

lekker aand manne
Last edited by PITSMIT on Wed Jul 06, 2011 6:53 pm, edited 1 time in total.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Hugo Vermaak
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Sun Jul 03, 2011 7:49 am

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Hugo Vermaak »

Dan is gelamineerde kolwe mos die antwoord, dit lyk darem nie so mooi nie maar is meer prakties , wat dink julle .
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Beyers »

Ja, maar dit is nogsteeds hout. Moet geseel word en versorg word
Gerard

Re: Hout geweerkolwe en vog

Post by Gerard »

Twee goed om in ag te neem.

1.  Die kolf moet onder die skopkussing ook verseel word.  Daar is 'n groot oppervalk "endgrain" wat baie water sal opsuig en afgooi. 
2.  As die kolf afgewerk word, of verseel word, is dit verkieslik om dit te doen wanneer die kolf nie baie vogtig is nie.  Bepaal die toestand van die kolf deur die las tussen die kolf en die skopkussing te voel.  Die skopkussing sal nie uitsit of inkrimp nie, dit absorbeer nie water nie.  As die kolf dus groter is as die skopkussing het dit vog opgeneem.  As die skopkussing groter is as die kolf is dit deur 'n amateur aangesit of die kolf is baie droog, jy moet self besluit watter een dit is.
Post Reply