Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My naam is Dewald en ek is vadag nuut op die forum.Ek is 13 en skiet met my pa se .308.
Ek het gister, presies 'n jaar terug, my eerste bok geskiet.
Ek woon in Alberton en gaan volgende jaar graad 8 toe.
Ek geniet om die forum te lees, en hou baie van almal se jagfotos en stories...
Ek het nog niks bydraers om te maak nie, maar leer baie uit almal se posts.
My pa is ook 'n lid op die forum en ek is sy handlanger as dit by herlaai kom.
Naand aan almal
Dewie
Brno .308 Howa .243 Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Baie welkom, hoop jy geniet die stories(met so hier en daar 'n strytjie ) ook. Lekker geweer wat jou pa daar het en het self ene. Hoe s? die ouer manne, "'n 308 skiet 'n ding dood".
Hallo dewie ek is bly ek het nog maatjies ek het al n haas, 2 duikers,1 springbokram en2 rooi bokramme geskiet met die .22 en .270
Ek is ook baie lief vir roofvoels en ken al omtrent almal se name en alles oor hulle gewoontes.
Ek dink ek gaan dit geniet hier. Lekker dag almal
Blouvalkie
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!
Halo Jacque
Ek is ook bly hier is 'n chom waarmee ek kan gesels
Ek skiet met my pa se 308 en hou baie daarvan om te jag
Ek het al n Rooibokooi geskiet,en'n Blesbokram en ooi.En ek wil nog 'n haas en jakkals skiet
Leker dag (en mag die Stomers wen)
Dewie
Brno .308 Howa .243 Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Welkom Dewie, jy is so oud soos my jonger seun, hy skiet ook saam met my en sy ouboet(17). Beide van hulle help my herlaai maar hulle skiet meer as wat hulle herlaai
Kyk onder toerusting/skietstoel, daar is die stoel wat ouboet gebou het met so bietjie hulp en raad van my en kleinboet se gepla ook darm
Moet nie te bekommerd wees oor daai jakke wat jy nog soek nie, hy gaan nog jou pad kruis dan gaan daai 308 mooi loop!!!
Ai, lekker om die jong manne te sien hier, welkom Dewie. Mods, is dit nie dalk tyd vir n spesiale deel van ons forum dat die jong manne hulle eie stukkie het om hulle goed te pos? Dan kan hulle lekker met die "ou bulle" gesels, en hulle eie "jong bulle" goedjies op hulle eie forum pos? Net n idee.
Mods, is dit nie dalk tyd vir n spesiale deel van ons forum dat die jong manne hulle eie stukkie het om hulle goed te pos?
..........O ja, self hieraan gedink, maar sien die manne(tjies) kom lekker reg hier tussen die ou bulle. Later sal hulle seker so iets nodig h?, net moeilik om te definie?r.
Baie welkom Dit is leker om van julle jong manne te hoor.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
WELKOM, hoop julle like die site, ek sal sien waar kry ek vir julle n board ingepas, dalk maak ek sommer vir julle n hele nuwe een, hou maar bietjie dop....