6.5 vs 7 SAUM

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

6.5 vs 7 SAUM

Post by Danie01 »

Goeiedag manne

Ek hou baie van die SAUM dop en werkverrigting, altans dit wat ek hoor en op papier sien.

Indien ek die SAUM roete gaan of kom ek sê eerder as als uitwerk, is ek nie heeltemal seker of ek 6.5 of 7mm moet gaan nie?

Hoofdoel is jag van koedoes, gemsbokke en kleiner vlakte wild waar ons nek of kopskote moet skiet vir die mark of vir onsself.

Wanneer ek nie jag nie sal ek die roer wil gebruik vir langafstand skiet.

Ek wil nie langafstand jag noem nie want dit sal die uitsondering wees en nie die hoofdoel nie.

Met die 6.5 kan ek 95gr tot 143gr skiet tussen 2950 en 3500vps en met die 7mm kan ek 120gr tot 180gr skiet tussen 2800 en 3400 vps.

Recoil sal die 6.5 sekerlik beter wees maar slaankrag weer die 7mm.

BC sal seker teen dieselfde spoed wees maar die 7mm met swaarder gewig koele?

Vir die manne wat die kalibers het, wat werk beter met ons beskikbare kruite en wat dink julle sal die beter opsie vir my wees?

Hoor graag van jul

Groete

Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Capt. Yoda »

Bou die 7mm met n Silincer op en jy gaan nie een keer wens jy het n 6.5 nie.
Met die kruit wat ons nou het sal jy al 2 tot hulle volle potensiaal kan laat werk

Jy gaan heel moontlik baie langer soek na die regte 7mm loop as na n 6.5mm loop so dalk kan dit jou besluit makliker maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Danie01 »

Capt. Oblivious wrote:Bou die 7mm met n Silincer op en jy gaan nie een keer wens jy het n 6.5 nie.
Met die kruit wat ons nou het sal jy al 2 tot hulle volle potensiaal kan laat werk

Jy gaan heel moontlik baie langer soek na die regte 7mm loop as na n 6.5mm loop so dalk kan dit jou besluit makliker maak
Hi Kaptein, die soek na die loop het my gedagtes juis in die 6.5 rigting laat gaan. Ek moet seker bietjie meer geduld hê.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Danie01 »

Wat ek graag wil hoor by die 6.5 jagters is of die 6.5 genoeg is vir die groter wild soos koedoes en gemsbokke of skiet die manne met die 6.5 kalibers meer teiken?

Ek het al heelwat koedoes en gemsbokke met die 243 geskiet maar dit is nie so effektief wat slaankrag aanbetref soos die 7mm nie.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by JohanvB »

6.5 sit alles wat jy genoem het neer. Skiet net met die regte koeëls. Papier koeëls en jag loop nie so lekker saam nie...bly by 140-143 gr vir die groot bokke..
Kotze .204R
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 06, 2015 9:58 am

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Kotze .204R »

Ek skiet n 260 en het nou al SWB en Gemskok geskiet op 280 en 330m altwee agter die blad en altwee het nie verder as 50m gegaan met 139gr Scenars nie.
375 Ruger Howa
308 BSA Bisley
260 Tikka CTR
.22 BRNO
.223Norinco
12BR CBC
Glock27
.38sp
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Capt. Yoda »

Danie, die SAUM klink seker soos n lekker warm sker op n MTV musiek video maar het jy al na die WSM's gekyk?

Sou jy uit en uit gese het jy wil tyken skiet veral as jy gese het jy wild it erenstig doen en nou en dan dalk jag sou ek dadelik gese het die 7SAUM is die nr maar vir n man wat koedoes en Gemsbokke wil jag dink ek jy moet dalk na die 300WSM kyk.

Jy gaan makliker doppe kry, jy gaan makliker die regte loop kry en daar is baaaaaie koels om van te kies.
Om groot bokke te jag sal ek maar altyd by die 3nulle begin, wil jy hulle nog op verder afstand skiet maak n 30 magnum net nog meer sin.
Kop en nek skote kan jy n 223 ook gebruik maar as jy praat van verder skiet later dink ek moontlik jy praat dan nie van net kop skote nie

Vir helmet houe kan jy n 125gr BT teen n moerse spoed skiet dan kan jy n lekker 200gr tyken koel gebruik sou jy wou gonge skiet en self n lekker 180gr bonded of mono koel om te jag. Wil jy eendag ver skiet na bok toe is daar n magdom 200gr + koels om jou te help
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Supacow »

of koop net n 270wsm tikka varm +-15k
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Capt. Yoda »

Supacow wrote:of koop net n 270wsm tikka varm +-15k
Die man se mos hy wil nou en dan dam n ding in die kop ook kan raak skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Supacow »

Juis. Nou kan hy hom met n platter trajek deur die kop skiet agv die beter SD en nie net in die kop in
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Mellies »

Capt. Oblivious wrote:Danie, die SAUM klink seker soos n lekker warm sker op n MTV musiek video maar het jy al na die WSM's gekyk?

Sou jy uit en uit gese het jy wil tyken skiet veral as jy gese het jy wild it erenstig doen en nou en dan dalk jag sou ek dadelik gese het die 7SAUM is die nr maar vir n man wat koedoes en Gemsbokke wil jag dink ek jy moet dalk na die 300WSM kyk.

Jy gaan makliker doppe kry, jy gaan makliker die regte loop kry en daar is baaaaaie koels om van te kies.
Om groot bokke te jag sal ek maar altyd by die 3nulle begin, wil jy hulle nog op verder afstand skiet maak n 30 magnum net nog meer sin.
Kop en nek skote kan jy n 223 ook gebruik maar as jy praat van verder skiet later dink ek moontlik jy praat dan nie van net kop skote nie

Vir helmet houe kan jy n 125gr BT teen n moerse spoed skiet dan kan jy n lekker 200gr tyken koel gebruik sou jy wou gonge skiet en self n lekker 180gr bonded of mono koel om te jag. Wil jy eendag ver skiet na bok toe is daar n magdom 200gr + koels om jou te help
Netso.

Met `n vleisie...
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Danie01 »

Kaptein, ek hoor wat jy sê tov 300 kalibers, maar dit het nog meer recoil as die 7mm en volgens my is die 7mm genoeg vir wat ek jag en op die afstande wat ek jag. Ek hou maar net eenmaal meer van die 7mm kalibers as die 300's. Ek is hou eintlik nie van die .300 kalibers nie.

Ek het reeds 7saum doppe, kort nog net die loop, so doppe is nie so groot probleem nie...

Supacow, ek het klaar die aksie, waarom n geweer van die rak af koop en waar kry ek n 270wsm varmint vir daai prys? Dalk n opsie as ek hom vir daai prys kan koop.

Rede hoekom ek saum gaan is sodat ek meer speling tov patroonlengte in die magesyn / aksie het. Ek het n tikka T3 aksie.

Ek het al baie gemsbokke, koedoes blouwildebees ens. met my 7x64 geskiet en ek weet wat sy vermoë is, ek wil net weet sal ek dieslefde met die 6.5 koele ook kan doen?

Ek weet jy kan enige bok met n .223 in die kop doodskiet, selfs met n .22, maar dan moet jy presies raak skiet en afstand speel n rol. As die wind erg waai gaan jy sukkel met jou .223. Selfs my .243 moet jy presies raakskiet om gemsbok met een skoot te laat val, waar die 7x64 jou daai ekstra slaankrag gee om met dieselfde skootplasing die bok met een skoot te laat val waar jy dalk n 2de skoot met die 6mm moet skiet.

Die rede vir die topic is omdat ek wil weet of die 6.5 mans genoeg is wat slaankrag betref vir jagdoeleindes. My nr. 1 opsie bly die 7saum, maar as ek te lank moet wag vir n loop sal ek die 6.5 oorweeg.

Behalwe vir my 303 is die 7x64 (huidiglik) my grootste kaliber en nog tot dusver genoeg kaliber gewees vir die wild wat ek jag. Indien ek die 6.5 vat sal dit my grootste kaliber wees en ek is nie seker of dit dan genoeg kaliber gaan wees vir die wild wat ek jag nie?

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Capt. Yoda »

Danie01 wrote:Kaptein, ek hoor wat jy sê tov 300 kalibers, maar dit het nog meer recoil as die 7mm en volgens my is die 7mm genoeg vir wat ek jag en op die afstande wat ek jag. Ek hou maar net eenmaal meer van die 7mm kalibers as die 300's. Ek is hou eintlik nie van die .300 kalibers nie.

Ek het reeds 7saum doppe, kort nog net die loop, so doppe is nie so groot probleem nie...

Supacow, ek het klaar die aksie, waarom n geweer van die rak af koop en waar kry ek n 270wsm varmint vir daai prys? Dalk n opsie as ek hom vir daai prys kan koop.

Rede hoekom ek saum gaan is sodat ek meer speling tov patroonlengte in die magesyn / aksie het. Ek het n tikka T3 aksie.

Ek het al baie gemsbokke, koedoes blouwildebees ens. met my 7x64 geskiet en ek weet wat sy vermoë is, ek wil net weet sal ek dieslefde met die 6.5 koele ook kan doen?

Ek weet jy kan enige bok met n .223 in die kop doodskiet, selfs met n .22, maar dan moet jy presies raak skiet en afstand speel n rol. As die wind erg waai gaan jy sukkel met jou .223. Selfs my .243 moet jy presies raakskiet om gemsbok met een skoot te laat val, waar die 7x64 jou daai ekstra slaankrag gee om met dieselfde skootplasing die bok met een skoot te laat val waar jy dalk n 2de skoot met die 6mm moet skiet.

Die rede vir die topic is omdat ek wil weet of die 6.5 mans genoeg is wat slaankrag betref vir jagdoeleindes. My nr. 1 opsie bly die 7saum, maar as ek te lank moet wag vir n loop sal ek die 6.5 oorweeg.

Behalwe vir my 303 is die 7x64 (huidiglik) my grootste kaliber en nog tot dusver genoeg kaliber gewees vir die wild wat ek jag. Indien ek die 6.5 vat sal dit my grootste kaliber wees en ek is nie seker of dit dan genoeg kaliber gaan wees vir die wild wat ek jag nie?

Groete

100%, ek hou weer nie regtig van die 7mms nie so ek vertsaan wat jy se. Dit is ook lekker om iets anders te he veral as elke 2de ou nie so roer van die rak af kan koop nie.
Watse gewing koels wil jy skiet in daai 7SAUM?

9 en self 9.5 twist behoort seker te werk

PS superkoei daai 270wsm is n 270 wat ek moontlik sal koop of kom ons se ek sal hom darem in my kluis laat staan
Last edited by Capt. Yoda on Thu Oct 25, 2018 11:28 am, edited 2 times in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by FHM »

Danie01 wrote: Die rede vir die topic is omdat ek wil weet of die 6.5 mans genoeg is wat slaankrag betref vir jagdoeleindes. My nr. 1 opsie bly die 7saum, maar as ek te lank moet wag vir n loop sal ek die 6.5 oorweeg.
Groete
Ek dink jy sal die interressant vind Danie ;)
http://thebiggamehuntingblog.com/best-6 ... r-hunting/
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Capt. Yoda »

FHM wrote:

Nee man fktog Francois

Capt. Oblivious wrote:

Hoe bedoel oom dan nou?
Die man wil weet of die 6.5 "mans genoeg is wat slaankrag betref vir jagdoeleindes"
Na hy teruvoer van die 6.5 jagters hier op die werf gekry het, en die link gelees het as hy wil, kan hy mos vir homself besluit, dan nie?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Supacow »

Dis 6.5 spam ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Capt. Yoda »

haha nee ek speel somer net FHM
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Danie01 »

FHM wrote:
Danie01 wrote: Die rede vir die topic is omdat ek wil weet of die 6.5 mans genoeg is wat slaankrag betref vir jagdoeleindes. My nr. 1 opsie bly die 7saum, maar as ek te lank moet wag vir n loop sal ek die 6.5 oorweeg.
Groete
Ek dink jy sal die interressant vind Danie ;)
http://thebiggamehuntingblog.com/best-6 ... r-hunting/
Dankie Francois, dit bevestig dat die 6.5 die werk sal doen, met n wye reeks koels beskikbaar.

Die saum sal die bok nog n bietjie vinniger kan doodskiet as die cm ookImage.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by Andre308 »

Danie,

As jy nou moet kies tussen 7mm SAUM en 6.5 SAUM, dan is daar n paar dinge wat jy aan moet dink.

Die 7mm SAUM is n goeie kaliber, en stamp n 180gr koel teen n baie mooi spoed. Om hom 100% kapasiteit uit hom te put is dit maar n 180gr koel uit n 30-32 duim loop met n vol dop VV560. Daar is wel baie ander resepte vir hom met n korter loop wat ook goed op papier lyk. Ek skat jy kan 2000 na 2600 skote uit hom kry. Alles hang mos maar af van hoe jy hom skiet, skoon maak ens. Die 7mm's kort n 8 twist loop om die beste uit n 180gr+ koel te kry...en dit is nou n hoender tande besigheid.

Die 6.5 GAP/SAUM is n plat skiet kaliber wat Superkoei se 270win soos n rys tor laat lyk. Daar is lekker koele op die mark vir hom, maar niks wat by n 7mm 180gr koel se BC kan kers vashou nie. Jy wen wel spoed bo die 7mm, maar dit kom teen n prys van loop lewe. Daar is wel baie 6.5mm lope beskikbaar in did mark met n 8 twist loop, so dit weer die plus punt. Ek glo jy sal n 1200 skote uit n loop kan kry, maar dit sal seker die lekkerste 1200 skote van jou lewe wees.

Of die 6.5 n groot bok kan vrek skiet...ja, maar hoe hoer jy die spoed maak, hoe beter moet daai koel kontruksie wees. Iets soos die 143eld x of beter is iets wat jy na sal moet kyk vir die jag applikasie.

Jy sal nie verkeerd wees met enige van die 2 nie!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by JPS »

Andre308 wrote:Danie,

Hier bo werk 1-9 twist Baie goed met 180gn plus koeëls in 7mm met 28” plus loop. Selfs by die kus gaan 8.5 mooi werk en dit is nie nodig vir 1-8 nie.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 6.5 vs 7 SAUM

Post by JohanvB »

As jy na hierdie webtuiste steeds twyfel oor die 6.5 se vermoë..dan weet ek nie so mooi nie..dis so voor die hand liggend dat die 6.5 die "job" kan doen.