Nikon toetsing

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Beretta »

Dag se Koos
Daar het jy mos nou die antwoord koop n Lynx  ;D
Groete
Beretta
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Hahahahaha ;D ja nee raynie, ek sien jy wil nou half jou standpunt hier op my af forseer, dit gaan ongelukkig nie gebeur nie.
Of Piet bril dra of nie maak nie saak nie. Geen maatskapy gaan scopes uitbring vir slegs mense met brille nie, dis absurd en soos jy s? daarvoor is die Optical fokus daar om die beeld presies op die Retina van die oog te sentreer, maar dat die verskillende tipes lense se interaksie met bril lense verskil is 'n feit.
wat die toets metodes betref als sal in die verslag wees as ek die toetse klaar gedoen het en as jy sou wou kan jy dit maar lees, maar ek verwag ek sal seker op elke aspek deur jou aan gevat word, so ek gaan dit nie nou skryf en later weer nie, so wag maar.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Francois Marais »

Koos
Nog 'n klip in die bos
Baie interresant.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Beretta »

Manne
So oor al die scopes gepraat ek dink daar word meer wild in ons land met lynx scopes as enige ander brand gekiet.
Groete
Beretta
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Koos
Dit is nou toets
Jagtersdok
Ek is jammer as dit vir jou so oorkom ek sal wag en komentaar lewer as nodig.
Hier gaan ons nou weer verskil ek het begin speel met die goed voor daar 'n PC in elke huis was en internet was toe net die pentagon beskore,Tydskrifte was al wat daar was.Ek het my skoolgeld duur betaal en sou graag net wou weet hoe vergelyk X met Y ongelukkig moes ek X en Y koop om dit te sien. Wat ek wil sien is die volgende bv.
Nikon R8500.00
Lynx  R5500.00
Is die Nikon die R3000.00 meer werd of nie ?
Vir my beteken dit niks as iemand se X se beeld is goed nie, maar se vir my dat Y sin beter of dieselfde is beteken tog iets veral as die prys veskil nie te groot is nie.
Sit telskope langs mekaar en vergelyk hulle ,kyk na 'n resolusie kaart of iets maar vergelyk tog net.

Na Koos se inligting en prysverkil sal die ander aspekte maar moet wys om my te oortuig dat die Lynx nie die wenner hier sal wees nie
Meskien is Nikon nie overpriced nie maar die Lynx underpriced ?

Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Raynie Jy is darem net 6/7 jaar ouer as ek.

Ek stem heelhartig met jou saam, dat vir R3000 om opgemaak te word moet die een heelwat beter wees as die ander, of iets h? wat die ander een glad nie het nie.
Dit is ook hoekom ek nog nooit vir myself dit kon regverdig om R30 000 se scope te koop nie, want ek het nog nie daai kwaliteit optics nodig nie. My visie is nog beter as 20/20. So behalwe vir die "Braging rights" om te kan s? ek het ook een, was daar nog nie rede nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

Vir die van julle wat nie weet nie, Lynx is n SA "brand name" en word n?rens in die w?reld aangetref, behalwe hier by ons, net soos Rudolph scopes. Lynx gaan ook na oorsese maatskapye wat scopes maak, en bestel n redelikke groot klomp van n reeks, en dan plaas hulle Lynx se naam en logo op. So in werklikheid weet jy nie wat se scope jy eintlik koop nie. Die betrokke Lynx kan net sowel dieselfde scope wees as die Nikon, vir al wat ons weet.


Maar om terug te kom na die toets van die Nikon scope.

Ek en Prohunt (Johan) het gisteraand sy nuwe jagbakkie en Boskvark skietstoel gaan toets op sy "maiden voyage", en ek het toe sommer my .223 met die Nikon ook saamgevat.

Die nagjag was vooraf gegaan met n skietsessie by die skietbaan, sodat Johan sy stoel kon beproef en mooi verstel. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak en n Springbok teiken op 300m opgeplak om te sien hoe die Nikon met sy dikkerige kruishare sou vaar in n bok jag/uitdun situasie tot op 300m.

Die kruishaar het die kop so bietjie meer toegemaak as wat ek aan gewoond is, maar ek kon nogsteeds die kop mooi genoeg sien, om goeie skootplasing te kon verseker.
Die wind was ons genadig, en het net so effentjies van regs na liks gewaai as ek na die mirrage gekyk het.


Springbok teiken op 300m met .223 en Nikon 2.5 - 10 x 56 scope


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 00m001.jpg[/img]

Soos julle weet, gebruik ek my turrets en verstel tussen elke afstand. Ek het op 100m, 200m en 300m verstel en weer terug, en soos julle kan sien, het hy sy zero perfek gehou.


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 00m003.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 00m002.jpg[/img]



Na ons baan sessie het ons gaan jakkals jag, maar ons vrek gesukkel. Hulle het ons ge antwoord, maar vir die eerste keer vandat ek roep, kon ek nie daarin slaag om een in te roep. Ons het toe gery en met die lig so 4 geskiet. Johan het eerste sy stoel en bakkie in ge wy, en daarna was dit my beurt. Die eerste een was baie naby, en hy het geval. Die 2de een was sowat 220+ meter, en het ook geval. Die derde een hier in die foto was op 288m (ge range). Ek het die turret vinnig verstel na 300m, en hy het geval.

Ek het die parralax op 200m gestel en ge lock vir die aand. Dit was nie vir my nodig om enigsins aan die parralax te verstel tussen die skote nie. Dit is nogal iets wat baie belangrik is vir die tipe van skiet waar jy nie altyd die tyd daarvoor het, en waar jy die skoot moet vat, as hy aangebied word.

Die beeld van die scope was regtig baie helder, en ek kon die jakkalse baie mooi identifiseer selfs tot op 300m. Ek het met die liggie aan op sy 2de (rooi) verstelling geskiet, en kon die middel van die kruishaar dus baie mooi sien, sonder dat die liggie my retina laat toetrek en ek minder sien.

Die 56mm lens voor maak dat die beeld in die nag met n lig, regtig baie duidelik is. Die  gesigsveld van die scope, selfs op 10 x vergroting is ook meer as genoeg, en moes ek op geen stadium soek na die jakkalse nie. Hulle was sommer dadelik in die scope as ek aanl?.  Die dukkerige kruishaar maak ook dat ek baie vinnig die kruishaar op sy plek kon kry, en vinnig skiet.


Hierdie is die een wat op 288m geskiet was.


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 223001.jpg[/img]


My gevolgtrekkinge:

Nadele:

1. Die kruishaar is bietjie te dik vir klein kolletjies skiet op 200m en verder op n skietbaan en sou ek hom nie gebruik vir kompetisie skiet.
2. Die persone wat gewoond is met n dun kruishaar skiet, kan hom te dik vind, veral in die dag oor langer afstande.
3. Ek sou hom verkies het met n 12 x vergroting slegs omdat ek nou al te lank met groot vergroting scopes skiet, en gewoond is daaraan.

Voordele:

1. Die kruishaar werk regtig baie mooi in die nag.
2. Die Illuminated Reticle werk baie mooi en is een van die beteres wat ek al gebriuk het.
3. Sy "Light Gathering" met sy 56mm Objektiewe lens is baie goed.
4. Die parralax wat kan sluit is n bonus, en maak dat die probleme wat gewoonlik gepaard gaan met parralax verstelling in die nag, nie daar is.
5. Identifikasie van teiken spesie is baie goed agv duidelikke beeld.
6. 10 x maksimum vergroting verseker goeie "field of view"
7. Scope redelik kompak.
8. 30mm Buis verseker genoegsame verstelling op turret vir langafstand skiet.
9. Scope hou sy zero 100% tussen herhaaldelikke verstellings van turret.
10. Turret versteling is baie positief en clicks baie duidelik.



Algemene indrukke:

Ek dink hierdie is n baie goeie keuse teleskoop vir iemand wat gereeld in die nag pes en roofdiere jag, selfs as dit jou bron van inkomste is. Vir die wat dit kan bekostig, sal die duur Europese scopes definifief die beter opsie wees, maar hierdie een het my regtig verbaas. Ek het hom nog nie op bokke in die dag beproef nie, maar van wat ek op die papier bokke gesien het, glo ek dat hy ook daar sy kant sal bring.

Met Nikon se goeie backup kan jy ook verseker wees dat die produk goed versien sal word, of selfs onmiddelik vervang sal word soos wat ek van kan getuig met n 9 jaar oue Rangefinder wat ek regtig hard mee gewerk het, wat hulle vervang het, sonder enige vrae.

Die groot vraag:

Sal ek hom vir myself koop?

Vir my  jakkals geweer, Definitief JA..!!!

Vir dagskiet op wild, kan ek nog nie n mening gee, alvorens ek hom getoets het op wild.
Last edited by Piet Breedt on Thu Jun 23, 2011 5:43 pm, edited 1 time in total.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Beretta »

Dag se Piet
Dankie vir jou report ek is so bly ek het n "lynx"goedkoop scope op my geweer ek sou darem baie kwaad gewees het as ek sou agterkom dat ek so baie vir n Nikon of Rudolph moes betaal het en dit is een es dieselfde maak  ;)
Groete
Beretta
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Piet dit klink heel goed ek hou veral van die sluitbare paralaks.Wat dink jy kan die rede wees vir die groot prysverskil tussen Nikon en Lynx.Die paralaks op die lynx is al wat my plae
Meskien moet iemand bietjie rondshop dalk le die verskil by S&O of is hulle die invoerders.

Jagtersdok
Wat ek bedoel hier met die forum het ons nou die geleendheid om mede jagters te help veral jonges om nie in dieselfde slaggate te trap nie en die regte goed te koop.Ek sou wat wou  gee om die relevante inligting tot my beskiking te kon he
Raynie
Last edited by raychell on Thu Jun 23, 2011 6:28 pm, edited 1 time in total.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nikon toetsing

Post by tafjak »

Piet
1. Die kruishaar is bietjie te dik vir klein kolletjies skiet op 200m en verder op n skietbaan en sou ek hom nie gebruik vir kompetisie skiet.
............oe la la! Ek geniet dit natuurlik vreeslik as die dikker kruishare hulle plekke begin vind. Ons skiet nie veel na die ouens se koppe nie, te veel van 'n waagstuk op die tjekkie. :D

Presies wat ek ondervind die laaste klompie jare. Met my #8 kruishaar kon ek niks onder 12-15mm groepeer met ou slingervel nie, maar met die nuwe #4 dikte kruishaar gooi ou slingevel sulke lekker klein groepe, die ou raak nou roekeloos en kon al 2(nog net 3 geskiet) 5mm 3skoot groepe gooi. Die kruishaar is vir my baie belangrik by die aanwending en reken dit as 'n "go" of "no go" wanneer ek scopes check.

12Vergrotings is ook vir my(nie veel ander jakkalsmanne nie) nogal 'n hulpmiddel as ek eers op die ouens se lywe wil bly.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

Die Nikon wat ek het is aan my gegee deur Nikon SA wat die invoerders en verspreiders is. . S & O word deur hulle voorsien hulle.

Beretta, wanneer laas het jy na Lynx scopes oor die algemeen se pryse gekyk? Die wat ek na gekyk het het sommer baie duurder geword nou onlangs.

Die prys van teleskope word gewoonlik deur die graad van die lense wat hulle in het bepaal. Dit kan wees dat 2 verskillende scopes in dieselfde fabriek gemaak word, en presies dieselfde lyk, maar een van hulle n ho?r graad lense in het, en dan heelwat duurder is. Ek weet nie of dit wel die geval tussen die 2 scopes waarvan ons hier praat wel so is nie, maar ek vermoed dit. Dit is soos petrol, die een is n 93 oktaan, en die ander is 98 oktaan, maar altwee is petrol.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nikon toetsing

Post by Koos Barnard »

Piet
Lynx word ook in Australi? bemark, as jy die Australian Shooter tydskrif lees sal jy sien dat daar bemark word.
Groetnis

PS Ek wag steeds vir die inligting oor jou skietkursus. My e-pos is: koos@whylo.co.za
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

Dankie Koos. Ja, lynx het in Australi? ontstaan, en het ook hier oop gemaak so klompie jare gelede. Maar dit is net hier in SA en Australi? waar hulle beskikbaar is. Hulle vervaardig nie hulle eie scopes nie, en koop dit uit by verskeie vervaardigers in die ooste wat dan die Lynx logo op sit.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Piet
Lynx bestaan in RSA sederd 1995
Hulle koop net van een maatskapy in Japan
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

raychell wrote: Piet
Lynx bestaan in RSA sederd 1995
Hulle koop net van een maatskapy in Japan
Raynie
Ek het n Lynx 10 - 50 x 60 teleskoop en n Nikko Sterling van dieselfde groote gehad wat identies is.  Die Lynx is nie nou meer beskikbaar, en toe ek navraag doen by die Lynx stalletjie op doe Aim Show sowat 2 jaar gelede, het die groot baas van Lynx SA my vertel hulle koop dit uit by Nikko Sterling. Nikko Sterling het toe die getalle wat hy moet koop voor hy sy logo daar mag opsit so verhoog dat dit nie meer die moeite werd is op daardie model. Hy het toe vir my ges? hulle source hulle scopes by n paar scope vervaardigers, onder andere in Japan.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Ek het self die inligting by Michael gekry en was op die lyn met hom toe ek dit geskryf het ek sal hom defnetief Maandag weer bel om uitsluitsel daaroor te kry en vir julle terugvoer gee.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Piet
Waar word Nikon vervaardig?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

raychell wrote: Piet
Waar word Nikon vervaardig?
Raynie
Vra vir hom spesifiek oor die 10 - 50 x 60 wat hulle ingebring het, maar nou nie meer stock agv die groot getalle wat Nikko Sterling vereis wat hy moet vat voor  hulle sy logo op sit.

Ek weet Nikon word in Japan gemaak, ek dink in hulle eie fabriek, maar ek kan verkeerd wees. Ek sal uitvind.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Hein M. »

Piet Breedt wrote:
raychell wrote: Piet
Waar word Nikon vervaardig?
Raynie
Ek weet Nikon word in Japan gemaak, ek dink in hulle eie fabriek, maar ek kan verkeerd wees. Ek sal uitvind.
Piet,

Op my Nikon (6 maande oud) staan "Made in the Fillipynes".  Dalk is al die (Japanese, etc. parte) net daar inmekaargeslaan :D
Myne is wel 'n Monarch 3.  Dalk word die versk. modelle in versk. lande gemaak? 

Hein
Last edited by Hein M. on Sat Jun 25, 2011 10:10 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
rednat

Re: Nikon toetsing

Post by rednat »

Piet
Dankie vir objektiewe benadering.
Baie manne is nogal lief om hulle in die TE argumentering van die argument te laat vasvang.
Ek besit die Nikon Monarch (Gold) E 2.5 - 10 x 56 asook die Lynx LX 2 met selfde mates en groen lig kolletjie.
Wat die Monarch betref kan ek jou verslag ondersteun -- die dikker kruishaar het my ook gepla totdat ek die voordeel daarvan in die nag ervaar het.
Die Lynx lewer ook groot tevredenheid en lewer gemaklik mooi groeperings op 300. Sy kruishaar met die dikker 12uur pilaar in sy fynkruis is egter 'n negatiewe aspek asook die fokus wat nie lock nie
Ek het in die nag met skietlig terwyl ek die lig dim na teiken op 200 gekyk met my Lynx, Nikon, Leu VX 111 en Zeiss -- op selfde vergrotings,ens. -- dus appels met appels vergelyk. Die Nikon het wel met gedimde lig volgens my o? die Lynx merkbaar geklop. Ek sal liewers nie s? wat die Leu en Zeiss gemaak het nie want dan is dit weer 'n nuwe argument -- ek het wel nou my Leu vir 'n goeie prys verkoop.
Last edited by rednat on Sat Jun 25, 2011 2:24 pm, edited 1 time in total.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

dus appels met appels vergelyk
Rednat
Ek wens ons kan meer sulke vergelykings kry,dit is dalk die rede dat die Nikon R8500 kos en die Lynx R5500 tot R6000
Piet
Ek sal Michael beslis uitvrae oor daai model ,Tom Rogers het destyds vir my een gestuur om na te kyk ek onthou die model se verstelling was baie beperk en hy het my gese dit is vir windbukse bedoel .Ek het hom nie gevrae waar dit gemaak is nie.
Ek het ook vandag 'n 3-9 Nikon Monarch gesien gemerk
"Made in the Fillipynes"
Ek glo hulle koop ook oral uit.
Ek weet dit klink of ek Lynx adverteer maar die sugested retail prys en die straatprys verskil baie shop rond Lynx het nie regtig baie duurder geword nie bv
Model                        SRP                            Handel prys
2.5-10x56IR              R7268.00                      R5900.00
5-20x50                    R9918.00                      R7900.00
5-20x50 IR                R11100.00                    R8900.00
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
rednat

Re: Nikon toetsing

Post by rednat »

raychell
As jy die kykgoed se kykvermo? wil vergelyk vir nagskietdoeleindes dan gaan jy in die nag na jou skietbank. Pak hulle almal langs mekaar stewig vas en gefokus op dieselfde mikpunt. Vergelyk dan. Ek besit so 'n 12 teleskope waarvan 4 met 56mm o? en 2 met 50mm o?. Het hulle so l?gemaak en na teiken op 200 gekyk -- die teiken het koe?lgate en verskeie dikte strepe. Met die skietlig op volsterkte kon jy nie eintlik verskil sien om die prysverskille te regverdig nie. Draai toe die dimmer af en toe kon jy duidelik sien hoekom jy onder andere vir sekeres meer betaal en vir ander te veel betaal.
Let Wel: As jy 'n Citi gholf koop kan jy hom nie met 'n Toareg vergelyk nie -- maar die citigholf kan 'n lekker rydingetjie wees as jy nie 'n Toareg kan koop of wil koop nie.

So van toets gepraat: jy weet sekere maniere van toets deur mense wat stories/kommentare/rubrieke skryf is werklik oneties, belaglik en lagwekkend. Ons vind so dikwels dat 'n teleskoop of geweer getoets moet word. Dan word 'n gratis doodmaak geleentheid by 'n jagplaas verkry met die voordeel van advertensieruimte -- en dan moet 'n bok doodgeskiet word om nou kwansuis die geweer of teleskoop te toets --- die geweer of teleskoop kon net so goed of selfs beter op 'n teiken getoets word.  As jy nou 'n koe?l wil toets dan is dit iets anders -- ek weet egter van geen geweer of teleskoop wat beter op 'n bok getoets kan word as op 'n skietbaan nie. Van ons skrywers in van ons voorste jag en geweer tydskrifte maak hulle gereeld hieraan skuldig -- ook 'n soort van soustrein???
Last edited by rednat on Sat Jun 25, 2011 9:40 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nikon toetsing

Post by tafjak »

Rednat
rednat wrote:
So van toets gepraat: jy weet sekere maniere van toets deur mense wat stories/kommentare/rubrieke skryf is werklik oneties, belaglik en lagwekkend. Ons vind so dikwels dat 'n teleskoop of geweer getoets moet word. Dan word 'n gratis doodmaak geleentheid by 'n jagplaas verkry met die voordeel van advertensieruimte -- en dan moet 'n bok doodgeskiet word om nou kwansuis die geweer of teleskoop te toets --- die geweer of teleskoop kon net so goed of selfs beter op 'n teiken getoets word.  As jy nou 'n koe?l wil toets dan is dit iets anders -- ek weet egter van geen geweer of teleskoop wat beter op 'n bok getoets kan word as op 'n skietbaan nie. Van ons skrywers in van ons voorste jag en geweer tydskrifte maak hulle gereeld hieraan skuldig -- ook 'n soort van soustrein???
Het enige rubriekskrywer hom "skuldig" gemaak aan hierdie "misdryf" in jou teenwoordigheid of by jouself?

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Wat die toetsing in die veld betref hoef jy glad nie 'n bok in die veld te skiet nie. Maar vat 2-3 gewere met dieselfde klas scopes (maw vergorting, objective lens groote etc) (Wat ook werk is die die kolwe wat mens scopes op mount want jy moet hom in die skouer toets en is baie ligter om te dra, om te sien hoe vinnig die fokus in kom en al die ander finikie goed, dis tog hoe jy hom gaan gebruik) en gaan veld toe. Gaan kyk deur almal nie net een of 2 keer nie, maar hele paar keer na wild uit verskillende posisies, in skaduwee, helder sonlig, deur bosse, verskillende tye van die dag en verskillende afstande. noe tref jy waaragtig 'n vergelyking. Een bok gaan nie vir jou 'n antwoord gee nie. Skietbaan toets is nog meer intense.

Taf ja daai vraag wat jy vra vra ek ook, dit is 'n kwaai stelling om te maak deur te s? mense is oneties en as jy veralgemeen is dit 'n baie rowwe stelling
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Rednat
Hier moet ek met Jagtersdok saamstem dit is nie nodig om iets te skiet nie,maar sal dieselfde bok lank genoeg stilstaan om met verskillende gewere op hom te mik
Ek glo nie daar is enige van ons wat 'n dier gaan skiet net om die scope te toets nie ,die wild moet geskiet word en dit skep die geleendheid om die telskoop in die regte wereld te toets.
Jagtersdok
Hier is dalk nog 'n senario om te toets my siening is dat 'n enige 56mm lens teleskoop 'n baie gespesialiseerde istrument is vir of nagjag of langafstand teiken skiet nie algemene jag nie. Die teleskope is swaarder as 40-44mm telskope en moet hoog monteer word ek voel dit is totaal oorbodig op 'n algemene jaggeweer .
Oom Chris se altyd "jy mount nie 'n Nightforce op 'n geweer nie jy mount die geweer onder die Nightforce"
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Post Reply