Vir die van julle wat nie weet nie, Lynx is n SA "brand name" en word n?rens in die w?reld aangetref, behalwe hier by ons, net soos Rudolph scopes. Lynx gaan ook na oorsese maatskapye wat scopes maak, en bestel n redelikke groot klomp van n reeks, en dan plaas hulle Lynx se naam en logo op. So in werklikheid weet jy nie wat se scope jy eintlik koop nie. Die betrokke Lynx kan net sowel dieselfde scope wees as die Nikon, vir al wat ons weet.
Maar om terug te kom na die toets van die Nikon scope.
Ek en Prohunt (Johan) het gisteraand sy nuwe jagbakkie en Boskvark skietstoel gaan toets op sy "maiden voyage", en ek het toe sommer my .223 met die Nikon ook saamgevat.
Die nagjag was vooraf gegaan met n skietsessie by die skietbaan, sodat Johan sy stoel kon beproef en mooi verstel. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak en n Springbok teiken op 300m opgeplak om te sien hoe die Nikon met sy dikkerige kruishare sou vaar in n bok jag/uitdun situasie tot op 300m.
Die kruishaar het die kop so bietjie meer toegemaak as wat ek aan gewoond is, maar ek kon nogsteeds die kop mooi genoeg sien, om goeie skootplasing te kon verseker.
Die wind was ons genadig, en het net so effentjies van regs na liks gewaai as ek na die mirrage gekyk het.
Springbok teiken op 300m met .223 en Nikon 2.5 - 10 x 56 scope
[img width=560 height=420]
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 00m001.jpg[/img]
Soos julle weet, gebruik ek my turrets en verstel tussen elke afstand. Ek het op 100m, 200m en 300m verstel en weer terug, en soos julle kan sien, het hy sy zero perfek gehou.
[img width=560 height=420]
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 00m003.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 00m002.jpg[/img]
Na ons baan sessie het ons gaan jakkals jag, maar ons vrek gesukkel. Hulle het ons ge antwoord, maar vir die eerste keer vandat ek roep, kon ek nie daarin slaag om een in te roep. Ons het toe gery en met die lig so 4 geskiet. Johan het eerste sy stoel en bakkie in ge wy, en daarna was dit my beurt. Die eerste een was baie naby, en hy het geval. Die 2de een was sowat 220+ meter, en het ook geval. Die derde een hier in die foto was op 288m (ge range). Ek het die turret vinnig verstel na 300m, en hy het geval.
Ek het die parralax op 200m gestel en ge lock vir die aand. Dit was nie vir my nodig om enigsins aan die parralax te verstel tussen die skote nie. Dit is nogal iets wat baie belangrik is vir die tipe van skiet waar jy nie altyd die tyd daarvoor het, en waar jy die skoot moet vat, as hy aangebied word.
Die beeld van die scope was regtig baie helder, en ek kon die jakkalse baie mooi identifiseer selfs tot op 300m. Ek het met die liggie aan op sy 2de (rooi) verstelling geskiet, en kon die middel van die kruishaar dus baie mooi sien, sonder dat die liggie my retina laat toetrek en ek minder sien.
Die 56mm lens voor maak dat die beeld in die nag met n lig, regtig baie duidelik is. Die gesigsveld van die scope, selfs op 10 x vergroting is ook meer as genoeg, en moes ek op geen stadium soek na die jakkalse nie. Hulle was sommer dadelik in die scope as ek aanl?. Die dukkerige kruishaar maak ook dat ek baie vinnig die kruishaar op sy plek kon kry, en vinnig skiet.
Hierdie is die een wat op 288m geskiet was.
[img width=560 height=420]
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 223001.jpg[/img]
My gevolgtrekkinge:
Nadele:
1. Die kruishaar is bietjie te dik vir klein kolletjies skiet op 200m en verder op n skietbaan en sou ek hom nie gebruik vir kompetisie skiet.
2. Die persone wat gewoond is met n dun kruishaar skiet, kan hom te dik vind, veral in die dag oor langer afstande.
3. Ek sou hom verkies het met n 12 x vergroting slegs omdat ek nou al te lank met groot vergroting scopes skiet, en gewoond is daaraan.
Voordele:
1. Die kruishaar werk regtig baie mooi in die nag.
2. Die Illuminated Reticle werk baie mooi en is een van die beteres wat ek al gebriuk het.
3. Sy "Light Gathering" met sy 56mm Objektiewe lens is baie goed.
4. Die parralax wat kan sluit is n bonus, en maak dat die probleme wat gewoonlik gepaard gaan met parralax verstelling in die nag, nie daar is.
5. Identifikasie van teiken spesie is baie goed agv duidelikke beeld.
6. 10 x maksimum vergroting verseker goeie "field of view"
7. Scope redelik kompak.
8. 30mm Buis verseker genoegsame verstelling op turret vir langafstand skiet.
9. Scope hou sy zero 100% tussen herhaaldelikke verstellings van turret.
10. Turret versteling is baie positief en clicks baie duidelik.
Algemene indrukke:
Ek dink hierdie is n baie goeie keuse teleskoop vir iemand wat gereeld in die nag pes en roofdiere jag, selfs as dit jou bron van inkomste is. Vir die wat dit kan bekostig, sal die duur Europese scopes definifief die beter opsie wees, maar hierdie een het my regtig verbaas. Ek het hom nog nie op bokke in die dag beproef nie, maar van wat ek op die papier bokke gesien het, glo ek dat hy ook daar sy kant sal bring.
Met Nikon se goeie backup kan jy ook verseker wees dat die produk goed versien sal word, of selfs onmiddelik vervang sal word soos wat ek van kan getuig met n 9 jaar oue Rangefinder wat ek regtig hard mee gewerk het, wat hulle vervang het, sonder enige vrae.
Die groot vraag:
Sal ek hom vir myself koop?
Vir my jakkals geweer, Definitief JA..!!!
Vir dagskiet op wild, kan ek nog nie n mening gee, alvorens ek hom getoets het op wild.