Het iets by CFR verander?

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Het iets by CFR verander?

Post by Gian_dP »

Ek het 'n Howa .243, ek het al so 1400 skote deur hom gesit, vorige eineaar nie seker hoeveel hy geskiet het nie. Geweer skiet nog mooi, maar ek weet iewers gaan sy loop groet. Het toe maar 'n nuwe loop gekoop en verlede Donderdag die papierwerk ingegee om loop te verander en kamer oor te sny na 6XC toe.

Groot was my verbasing toe ek vanoggend 'n boodskap van die geweersmit kry, en 'n epos van SAPS af, om te bevestig dat my aansoek vir loopvervanging goedgekeur is! Letterlik nie eers 'n week nie.

Gaan oor 'n week gou laaste springbok of twee met die .243 plattrek, dan word hy ingegee vir sy "make-over"
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Het iets by CFR verander?

Post by Rudie »

As die wiel nou maar net altyd so vinnig wil draai.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Het iets by CFR verander?

Post by Harambe »

Ja siestog. Een van die ouens wat saam met my skiet wag nou al 4 maande vir sy semi-outo lisensie.
Of so iets
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Het iets by CFR verander?

Post by RUPERT »

Nee wat ek dink net jy was baie gelukig.
N maat van my se seun het 4 maande gewag net vir competency.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1178
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Het iets by CFR verander?

Post by Lourens »

Gian ek het so 6 maande terug by 'n redelik betroubare bron gehoor dat daar 'n nuwe kanaal by SAPS geskep word vir loopvervangings en kaliber veranderings, juis omrede dit in die verlede 'n absolute gemors was. Of dit wel so is kan ek nie se nie, maar hierdie is dalk 'n goeie teken.
Landcruiserman
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed Sep 07, 2016 3:39 pm

Re: Het iets by CFR verander?

Post by Landcruiserman »

Goedkeuring is een ding, maar wag tot jou geweersmid eers klaar is en jy vir die nuwe liksensie moet aansoek doen met die nuwe loop se inligting...
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Het iets by CFR verander?

Post by Henna308 »

My pa het na 4 jaar maar die gewere gaan haal en die hele loopvervanging as 'n ramp verklaar. Dit was wel in 2014 gewees. Dit is baie goeie nuus dat die loopvervangings vinniger gaan.
Post Reply