Nikon toetsing

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Nikon toetsing

Post by Hein M. »

Hallo almal!

Dit is 'n week later en ek (ons) wonder of die teleskope al by die toetsers aangekom het ???

Enige terugvoer?

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Gerhard »

Hein,

Ek en Francois sit op warm kole om te hoor wat die reelings is om die teleskope in die hande te kry.

Sodra ons die teleskope het sal ons begin terugvoer gee...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

Ek was vir n week in die Kruger Nasionale park, en het gister middag terug gekom. Ons sal die aflewering hierdie week reel.

Ek het myne so bietjie gaan toets gisteraand in die volmaan, en so 3 jakke geskiet voor ons 22h00 terug gedryf was deur die koue. My wolpantoffels het uitstekend gewerk en my voete het nie een keer eers so bietjie koud gekry. My wange en vingers het egter nie so lig daarvan afgekom, en ek sien ek sal moet nuwe beter goed kry daarvoor.

Die Nikon Monarch E  2.5 - 10 x 56 Side Focus Illuminated reticle # 4 wat ek het, het homself baie goed van sy taak ge kwyt. Ek het hom eers op die baan ingeskiet nadat ek hom op die geweer (.223 Sako) ge monteer het so paar weke gelede, en die normale verstellings toetse met hom gedoen, en was baie tevrede met sy positiewe en baie presiese verstellings van sy turrets. Sy clicks is baie duidelik en jy voel behoorlik wanneer hy click. Sy side fokus Pallalax verstelling is baie duidelik en herhaalbaar. n Baie lekker feature wat hy ook het, en wat uitstekend in die nag werk, is dat as jy aan die parralax verstel, trek jy die knoppie uit, verstel hom dan op die verlangde afstand, druk hom terug en hy sluit in daardie posisie. Dit maak hom dieselfde as n teleskoop sonder parralax, en jy hoef nie weer daaraan te karring, en hy stel ook nie weer uit nie.

Ek het my parralux op 200m ingestel, hom gesluit en toe met hom in die nag gaan skiet. Sy illuminated reticle bestaan uit die duitse no #4 kruishaar wat lekker duk is aan weerskante, en van onder af, met n lekker dun kruishaartjie in die middel. Die liggie wat aankom kan of rooi, of groen wees soos jy verkies, en is slegs n baie klein kolletjie in die middel van die kruishaar wat op 5 verstellings gestel kan word, van baie vlou, net net sigbaar, tot baie helder, net soos jy verkies. Ek self verkies hom baie vlou dat my middelpunt van die kruishaar net net sigbaar is. Daardeur maak my oog se retina nie toe as die liggie aankom, wat veroorsaak dat die teiken (jakkals) dan minder sigbaar is. Ek skiet glad nie met my Burris se Illuminated kruishaar aan in die nag as gevolg van daardie rede. Selfs op sy flouste verstelling, en hy het net 2, is hy te helder. Die Nikon se liggie is perfek.

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope008.jpg[/img]


Dit was volmaan, en glad nie die beste kondisies om in te skiet, met mistigheid wat orals in die laagliggende dele begin pla het. Die Nikon het hom baie goed van sy taak gekwyt, en sy helderheid was baie goed. Selfs op 10 vergroting, wat vir my deesdae dat ek gewoond is aan groot vergroting scopes baie klein voel, en kon ek die jakkalse baie mooi sien en identifiseer oor lang afstande. Ek was baie tevrede met die voorlopige toetslopie, en sien daarna uit om hom weer n behoorlikke toets te gee as die maan donkerder is. Ek gaan ook rooibokke skiet oor 2 weke en beplan om hom ook daar in die dag te toets in die veld. Ek sal weer terugvoering gee.

My eerste indrukke oor die teleskoop, is dat hy n wenner kan wees vir nagskiet en spesifiek vir roofdier jag, teen n bekostigbare prys.

Sy kruishaar is so klein bietjie duk vir kolskiet oor die langer afstande. Ek gebruik daardie 32mm plakkers vir my inskiet werk en vind dat die kruishaar hom toemaak op 200m. Op die bokteikens sien ek egter dat jy nog gerieflik n breinskoot kan skiet op daardie afstand, en v?rder sonder dat dit die bok se kop te veel toemaak. Ek moet ook in ag neem dat ek met baie groot vergroting teleskope skiet deesdae, en dat dit mens bederf met dit wat jy daar voor kan sien. Ek dink dat iemand wat nie gewoond is aan sulke groot vergrotings soos ek, baie lekker gaan skiet met hierdie Nikon.

Ek sien uit na Francois en Gerhard se toetse.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Gerhard »

Piet,

Dit klink baie belowend...

Ek hoop ons kan dinge die week wat kom uitsort want beplanning is om volgende Saterdag aand die teleskoop sy eerste toets lopie te gee....

Ek hoop jy het darm paar fotos in die KNP geneem wat jy gaan deel met ons...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Hein M. »

Gerhard wrote: Hein,

Ek en Francois sit op warm kole om te hoor wat die reelings is om die teleskope in die hande te kry.

Sodra ons die teleskope het sal ons begin terugvoer gee...  ;)
Dankie Gerhard!

Nee, ek is net so opgewonde soos julle.  Op watter geweer gaan jy joune sit? 

Piet

Dankie vir die terugvoer.  Klink of jy tevede is.  Ek sien uit na die dagskiet-toets se terugvoering!

Groetnis!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Gerhard »

Hein,

Ek gaan die Nikon op die 22K Hornet sit.

Ek het bitter baie jakkalse met die Burris op die Hornet geskiet so sal lekker wees om te kan vergelyk en eerlike terugvoer gee oor die teleskoop.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Piet
Hoe vergelyk die Nikon met Roelof en Lynx se 2.5-10 dit lyk na presies dieselfde scope behalwe vir die paralax sluitstuk wat na 'n goeie idee klink.Watter skiet dissipline verg 'n paralaks verstelling vir 'n 10 vergroting?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Nikon toetsing

Post by erx »

Hi raychell

Ek sal ook baie graag 'n vergelyking tussen die Nikon en daai Lynx wil sien. Ek het so Lynx op my 308 en al verandering wat ek sou wou maak is na die 5-20x, verder is daar niks vout met hom. Die twee scopes lyk darem op 'n haar na mekaar!
Met vergroting op 10 sien ek 'n duidelike verskil as ek papier bokke skiet wanneer die paralaks nie op die regte afstand gestel is. As ek gaan jag stel ek hom op 200 en vergeet van hom.

Sterkte met die toetse manne, dit kan net lekker wees!

Groete
erx
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

raychell wrote: Piet
Hoe vergelyk die Nikon met Roelof en Lynx se 2.5-10 dit lyk na presies dieselfde scope behalwe vir die paralax sluitstuk wat na 'n goeie idee klink.Watter skiet dissipline verg 'n paralaks verstelling vir 'n 10 vergroting?
Raynie
Ek het ongelukkig geen ondervinding van die Lynx nie. Die Rudolph scope wat ek getoets het was n 16 x verg en die Nikon n 10 x, so n parallele toets is nie regtig moontlik nie. Ek het wel in die donker met altwee gekyk op 10 x vergroting, en albei was mooi helder. Die foute wat ek uitgewys het op die Rudolph was minder opsigtelik in die aand.
Last edited by Piet Breedt on Sun Jun 19, 2011 5:29 pm, edited 1 time in total.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Die foute wat in die dag uitgekom het was dit teenwoordig in die Nikon
Wat is die Nikon se prys?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

raychell wrote: Die foute wat in die dag uitgekom het was dit teenwoordig in die Nikon
Wat is die Nikon se prys?
Raynie
Nee, dit was met die Rudolph. Lees die toetse wat ek, Koos en Francois oor verslag gelewer het.

Ek is nie seker waarvoor die Nikon nou verkoop nie. Ek sal uitvind en laat weet.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Hein M. »

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

raychell wrote: Die foute wat in die dag uitgekom het was dit teenwoordig in die Nikon
Wat is die Nikon se prys?
Raynie
Ek dink nie die toetse op die Nikons is al klaar gedoen nie, amper nog nie eers begin nie.

Ek wag maar in spanning om te sien wat die manne s
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Piet het mos nou klaar sy bevindings gepen ek vra mos nou vir hom.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Dit is heeltemal reg Raynie

Ek sien maar net dit was voorlopige toets lopie, dat Piet self s? hy nog behoorlik gaan toets en dat ek al 3 manne se terugvoer wil hoor

Een aand se skiet in die kondisies is glad nie in my o? 'n voledige toets nie, maar ja dit is maar net ek.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon toetsing

Post by Piet Breedt »

Hein M. wrote: Raynie

Dink dis hy die

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... ck_id=4563

Hein
Dis net hy daai
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Jagtersdok
As jy in een aand die geleendheid het om Nikon, Roedolf en Nightforce te vergelyk wat wil jy die volgende aand sien ? Betroubaarheid sal ons eers oor ten minste 'n jaar kan bepaal ek hoop die scopes sal lank genoeg op die manne se gewere bly.
Verder dink ek die direkte kompitiesie vir die Nikon sal die Lynx wees, weet nie wat die se prys nou is nie en ek hoop iemand sal die vergelyking kan tref. As dit nie moontlik is nie sal ek 'n man in die distrik wat een het ongelukkig sonder die IR sin vir een aand leen en vergelyk met die Lynx ,hy het die Nikon al seker 6 jaar en ek het hom nog nie hoor mor nie.
Glo my hy word nie helderder as jy meer deur hom kyk nie
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Raynie

Dit is nie voledige toets nie. As mens scope toets doen jy dit oordentlik, oor goeie tyd, verskillende omstandighede (oop vlakte, bosveld, skietbaan), verskillende tye met betrekking tot lig (nag, dag, skemer) Volle verstellings potensiaal en werking en so gaan die lysie nog baie ver aan.

Ek het nerens gesien Piet het ges? xat hy 3 of 4 scopes langs mekaar getoets het op dieselfde aand nie.
OOk optics van verskillende coatings en lensproduk presteer verskillend in verskillende omstandighede. Party doen beter in swak lig as ander party kan jy geen verskil in bvdie dag sien nie maar in die nag is dit duidelik en ook anders om, maar die goed hoef ek mos nie vir jou te vertel nie, jy weet mos die dinge as optics kenner.

Volgens my, en ja ek weet nie baie nie, is daar twee tipes scopes as jy na kwaliteit kyk.
Die algemene een wat op alle gebiede redelik tot goed moet presteer.
Spesialis scopes wat op een gebied uitmuntend moet wees.

Want daar is geen scope wat op elke gebied die heel beste is nie

So ek s? weer ek wag vir almal se terug voer en die volledige terugvoer al gaan die scope nie helderder word nie en een ou se o? is nie elke ander ou se o? nie veral as daar gepraat word van bril dra etc. want met lig refraksie en die invloede wat verskillende lense (bril en scope) op mekaar het moet ook in ag geneem word.

Ai nou raak ons heel tegnies, maar as jy 'n scope behoorlik wil toets en werklik met gesag oor die topic wil praat moet jy al die goed in ag neem en behoorlik getoets het.

Maar weereens dit is maar net ek. vir ander manne is 2 sinne seker genoeg
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Jagtersdok
lees verder
Ek het wel in die donker met altwee gekyk op 10 x vergroting, en albei was mooi helder.
Kom ons kyk na verstelling potensiaal die scope het nie target turrets nie so dit is nie regtig van toepassing dat die scope altyd na dieselfde plek toe moet terugskyf nie eerder moet dit op skoot bly en dit sal jy eers oor paar jaar agterkom of die scope rondskuif hopenlik.

Om te se die scope is opties goed beteken nie veel nie vergelyk met 'n produk wat meeste lede ken en se reguit vir my is dit opties beter as x of y is of nie
Ons is vertel dat Roelof net so goed is soos Swarofski Z6 en roelof self het gese die scope is opties net so helder soos Nightforce?

Verder het ek Michael van Lynx dieselfde vraag gevra hoekom is daar 'n paralaks verstelling op 'n 2.5-10x56 ek kon geen bevredeginde andwoord kry hoop Piet kan aan Nikon se verspryders die vraag rig

Behalwe vir betroubaarheid is dit nie nodig om weke aan die scope te toets nie

Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Nikon toetsing

Post by erx »

Dankie en amen Raynie, ek kon nie beter my standpunt stel!

Groete
erx
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Raynie

Ja nee ek weet nie hoekom jy so op die Rudolf scope hammer nie, want ek het geensins melding van die fabrikaat gemaak nie, my eerste stelling was dat dit maar amper net die begin fase van toetsing is oor die Nikon scopes wat vir die manne gegee is en dat ek in spanning wag vir die uitslae.

Weereens s? ek dat as die toets vir jou goed genoeg was en dit al inligting is wat jy soek good for you, vir my wat iemand is wat altyd na alle aspekte kyk is dit nie nastenby nie  en ek glo meeste verbruikers wil so ver en veel as moontlik weet van die pro's en con's van die produk wat hulle dalk wil aanskaf. Dus moet die produk behoorlik getoets word.

En ja almal weet dat ek die Rudolph scopes gaan toets die oues sowel as die nuwe reeks wat kom en ek sal die ding op elke fasset deur sy passies sit en objektief s? wat ek sien maar so sal ek ook gemaak het as ek 'n Nikon, Zeiss, Leupold of Swarovski moet toets en iets daaroor s?.

"Kom ons kyk na verstelling potensiaal die scope het nie target turrets nie so dit is nie regtig van toepassing " en as daar nou after market turrets beskikbaar kom?

Om te se die scope is opties goed beteken nie veel nie vergelyk met 'n produk wat meeste lede ken en se reguit vir my is dit opties beter as x of y is of nie
om die stelling te maak na een aand se vinnig kyk en toets. daai is effens roekeloos en ek glo nie iemand met die aansien soos Piet Breedt sal in daai strik trap nie.

Soos ek reeds ges? ek wag in spanning om die 3 manne se verslae te lees
Last edited by Jagtersdok on Tue Jun 21, 2011 12:21 am, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Nikon toetsing

Post by erx »

Thanks dok, nie geweet jy gaan ook 'n toets op die Rudolfs doen?
My hele vraag is net, het julle almal so baie wortels geeet toe jul jonk was? Ek is self nie so oud, dra nie bril, maar kan wragtig nie so fyn die verskil tussen die goed sien?
Moet ek my oe laat toets vir 'n slag?

Groete
erx
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nikon toetsing

Post by Jagtersdok »

Erx ek is geen expert nie, nie in my eie o? in elk geval nie. Maar ek het darem so effe 'n idee hoe die menslike oog werk en so hier en daar iets van optics.

Jy hoef glad nie jou o? te toets nie. Daar mag klein verskilletjies wees en ook soms baie groot verskille, As jy weet waarvoor om te kyk is dit maklik.

Vir party ouens is een of twee goed genoeg, ek is nie so mens nie. Ek kyk na alle aspekte. Dit is maar net wie ek is.

Hierdie scopes is miskien meer gemik op die nagskiet, maar tog sal baie ouens dit as algemene jag scope gebruik, dus voel ek dat alle omstandighede na gekyk moet word.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Nikon toetsing

Post by raychell »

Jagtersdok
Die moontlikheid vir aftermarket turrets is heel onwaarskynlik die Nikkon het nie die gleufie wat benodig word vir dit nie.
Vir party ouens is een of twee goed genoeg, ek is nie so mens nie. Ek kyk na alle aspekte. Dit is maar net wie ek is.
Kan jy asb meer uitbry en 'n lys van die aspekte wat jy gaan toets en hoe jy dit gaan doen.

Verder het ek nog nooit 'n teleskoop gesien adverteer vir mense wat 'n bril nodig het nie.As Piet 'n bril gebruik neem ek aan hy kyk met dieselfde bril deur al sy teleskope? Die diopter (Fokus) moet net vir jou gesigsafwyking ingestel word gewoonlik +3tot-3

Ek het gister 'n prys vir Lynx 2.5-10x56 gekry R5500.00 R3000.00 goedkoper as Nikon
Raynie
Last edited by raychell on Thu Jun 23, 2011 11:48 am, edited 1 time in total.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nikon toetsing

Post by Koos Barnard »

Manne
Nog 'n klip in die bos. So 'n paar jaar gelede wou ek 'n torture toets doen met scopes. hulle so 'n bietjie mors (met hammers slaan en laat val ens). Het die scope vervaardigers gekontak en al die groot name wou nie een verskaf nie (veral Leupold het 'n moerse issue daarmee gehad). Lynx was die enigste (Michael Rogers) wat bereid was om 'n scope te verskaf. Ek het toe ook 'n Nikon van Safari & Outdoor ontvang.  Beide op gewere gesit en die gewere op hul recoil pads staangemaak en dan laat omval. Dit het nie veel gedoen om die zero te skuif nie. Ook 'n kontrepsie gebou met 'n pendulum waarmee ek die scopes kon slaan met 'n sewepond hammer. Beide scopes se verstellings het baie min of glad nie geskuif as jy die hou slaan regoor die turrets nie, maar slaan jy die voorste bell (objektief) het hulle taamlik geskuif. Die Lynx was egter by verre die wenner en het konstant beter as die Nikon gedoen.
Groetnis
Post Reply