GooseMan wrote:Waneer ek gate boor in my messe, raak die boorpunt nogal vinnig stomp. Ek het n hand-boor masjien, en ek stel hom op n stadige spoed.
Enige raad in terme van makliker boor en punte te spaar.
Hier's 'n paar dinge om aan te dink...
* Gebruik verkieslik HSS Kobalt boore - hulle hou net baie langer
* Stupid vraag, maar jy grind hopelik voordat jy die lem verhard?
* Gebruik 'n "cutting fluid" - Tapmatic werk baie goed, maar is vreeslik duur. Ek gebruik 'n emulsifiseerbare olie. Mens verdun dit tot so 8% met water - dit lyk dan amper soos melk, en werk baie goed.
Ek het darem al geleer hoe om die punte skerp te maak, maar na die eerste skerp maak, raak die boor punt nog vinniger stomp.
Ek vermoed dat jou probleem dalk hier kan lê - vir messtaal moet jou boorpunte 'n 130° hoek hê, en nie 'n 118° hoek soos wat gewone boore het nie. Die "relief" agter die snyvlak is ook van kardinale belang - te min "relief" sal vir seker jou bore te warm laat word. Dit is natuurlik ook uiters belangrik om nie die boorpunt te warm te laat word terwyl jy dit slyp nie, anders verloor jy sy temper (ja, ook met HSS...). Dompel die boor gereeld in water, nes jy doen wanneer jy jou messe grind.