Vlakvark Boud Resep??

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Vlakvark Boud Resep??

Post by foxripper »

Manne,

Julle gaan seker dink ek het niks beter om te eet nie maar ek ek het n jong vlakvark se boud wat ek wil voorberei. Braai, slow cooker, oond..maak nie saak nie, solank hy net nie proe soos hy lyk nie.  ;D

Het n resep of twee op die internet gesien maar wil eerder hoor wat my forum vriende se.


Groete
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by Francois Briedenhann »

Ek het al gehoor die mense rook hom maar nog nie self geeet nie. Sal ook graag n resep wil kry want ek skiet hulle kort kort
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by Stefan764 »

Foxi. Het jy n spit?

Maak n sous van woestersous, obs en olyfolie en spuit hom so 24 uur voor jy hom wil braai in. Spuit hom tot die sous weer by die spuitgaatjies beginne uitloop. Druk die naald halfpad in, spuit die spuit halfpad leeg, verander spuitnaald se rigting, druk hon heel leeg. So boud van maklik n liter sous.

Laat hom in yskas/koelkamer rus oornag en more braai jy hom op die spit oor medium tot medium/warm kole vir 3-4 ure terwyl hy heeltyd draai.... Moenie te droog braai nie.

Vat die orige sous en moer n groot handvol bruinsuiker by, meng goed. Verf die boudjie terwyl hy draai elke 15-20minute deeglik met die oplossing.

Pasop om nie jou vingers raak te byt as jy eet nie.........

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by foxripper »

Stef,

Baie dankie, het nie n spit nie maar kan gou een maak.
Ek het gedink om 3/4 bottel Obs, 1/4 bottel Olyfolie en 1/4 woestersous. Of wat sou jy voorstel?

Groete
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by Stefan764 »

Foxman

Maak die mengsel en moer so by van die en van dai tot hy vir JOU reg smaak. Eks geneig om n ding te straf met die woestersous  ;D

Wonder nou net wat gan met die ander 1/4 van die OBS word  :-\ :-\

Gebruik genoeg olyf olie, hy maak dai varkie lekker sag.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by JACQUES BOTHA »

Manne
N varkboud moet swartpepper en koppie suurlemoen sap inkry...met die speserye van jou keuse.
As jy jouself wil bederf gee hom n ruim skootjie van die pork banger(wors) resep speserye van Freddie Hersch.
Jy sal hom geniet , hy loop sag oppie lyf.... n heerlike deur die keel
greetings
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by fanie17 »

faxripper
Sit die boud of enige wilds boud in n bak water, wat die boud bedek ,met n koppie asyn by , jy kan ook van daai marenade poeier saam oplos ,Los dit oor nag.Druk nou gate in die boud en druk spek,gedroogte perske en n paar stukies knoffel in die gate.Maak die boud nou toe in ,tin foil,met olyfolie en sout en peper op.Sit in die oond soos n skaap boud.Moet nie te gaar maak nie .Vat nou van die sous wat uit die oond kom en sit maroelajelie en room by,smelt dit op die stoof,Gooi op die vleis na dit gesny is,baie baie lekker.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by Geno »

Oom Faan,

Daai klink sommer bakgat!
Goed, beter, 6millimeter!
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Vlakvark Boud Resep??

Post by Swys14 »

my pa het hom altyd goed gestop met skaap vet en bacon vet deeltjies en dan ge slow cook in die oond met naeltjies...A M A Z I N G!!! Maar then again hy was n vleiswerk meester gewees en het vleis geken.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Post Reply