Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Julle gaan seker dink ek het niks beter om te eet nie maar ek ek het n jong vlakvark se boud wat ek wil voorberei. Braai, slow cooker, oond..maak nie saak nie, solank hy net nie proe soos hy lyk nie.
Het n resep of twee op die internet gesien maar wil eerder hoor wat my forum vriende se.
Maak n sous van woestersous, obs en olyfolie en spuit hom so 24 uur voor jy hom wil braai in. Spuit hom tot die sous weer by die spuitgaatjies beginne uitloop. Druk die naald halfpad in, spuit die spuit halfpad leeg, verander spuitnaald se rigting, druk hon heel leeg. So boud van maklik n liter sous.
Laat hom in yskas/koelkamer rus oornag en more braai jy hom op die spit oor medium tot medium/warm kole vir 3-4 ure terwyl hy heeltyd draai.... Moenie te droog braai nie.
Vat die orige sous en moer n groot handvol bruinsuiker by, meng goed. Verf die boudjie terwyl hy draai elke 15-20minute deeglik met die oplossing.
Pasop om nie jou vingers raak te byt as jy eet nie.........
Baie dankie, het nie n spit nie maar kan gou een maak.
Ek het gedink om 3/4 bottel Obs, 1/4 bottel Olyfolie en 1/4 woestersous. Of wat sou jy voorstel?
Manne
N varkboud moet swartpepper en koppie suurlemoen sap inkry...met die speserye van jou keuse.
As jy jouself wil bederf gee hom n ruim skootjie van die pork banger(wors) resep speserye van Freddie Hersch.
Jy sal hom geniet , hy loop sag oppie lyf.... n heerlike deur die keel
greetings
Jacques
faxripper
Sit die boud of enige wilds boud in n bak water, wat die boud bedek ,met n koppie asyn by , jy kan ook van daai marenade poeier saam oplos ,Los dit oor nag.Druk nou gate in die boud en druk spek,gedroogte perske en n paar stukies knoffel in die gate.Maak die boud nou toe in ,tin foil,met olyfolie en sout en peper op.Sit in die oond soos n skaap boud.Moet nie te gaar maak nie .Vat nou van die sous wat uit die oond kom en sit maroelajelie en room by,smelt dit op die stoof,Gooi op die vleis na dit gesny is,baie baie lekker.
my pa het hom altyd goed gestop met skaap vet en bacon vet deeltjies en dan ge slow cook in die oond met naeltjies...A M A Z I N G!!! Maar then again hy was n vleiswerk meester gewees en het vleis geken.
CZ 537 - 7x57mm Mauser Nosler 48 - 243 Win Savage 12 VLP DBM - 300 WSM Tikka T3 Lite - 22-250 Rem Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"