Ek weet nie hoeveel van julle skiet F-klas nie, maar ek wil graag begin en soek bietjie raad asb.
Ek het die laaste tyd baie rond gekyk en gelees oor die geweer wat jy nodig het (ek wil graag die FTR klas skiet) so wat ek nodig het is iets soort gelyk soos die ou RSA 308 plank gewere, die probleem is net dat hulle baie skaars raak en die wat jy kry redelik hard gewerk het.
Ek kan nou wel n Savage 12FTR 308 kry, is ook n enkel skoot aksie, 30 duim loop, benchrest kolf, s/steel met n 1 op 12 twist.Kan hom kry vir so R14500
Het ook na die Remington gekyk maar sy loop is net 26 duim.
Is daar iemand wat iets weet of wat met een van hierdie gewere skiet, soek net bietjie hulp en raad voor ek die deposito moet betaal om hom te laat invoer.
Wag om iets te hoor van die slim manne......dankie



