Savage 12FTR .308

User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Dag mense,

Ek weet nie hoeveel van julle skiet F-klas nie, maar ek wil graag begin en soek bietjie raad asb.

Ek het die laaste tyd baie rond gekyk en gelees oor die geweer wat jy nodig het (ek wil graag die FTR klas skiet) so wat ek nodig het is iets soort gelyk soos die ou RSA 308 plank gewere, die probleem is net dat hulle baie skaars raak en die wat jy kry redelik hard gewerk het.

Ek kan nou wel n Savage 12FTR 308 kry, is ook n enkel skoot aksie, 30 duim loop, benchrest kolf, s/steel met n 1 op 12 twist.Kan hom kry vir so R14500

Het ook na die Remington gekyk maar sy loop is net 26 duim.

Is daar iemand wat iets weet of wat met een van hierdie gewere skiet, soek net bietjie hulp en raad voor ek die deposito moet betaal om hom te laat invoer.

Wag om iets te hoor van die slim manne......dankie

Image
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by DSBW »

Yes Piet

Goeie keuse ou maat, die yanks skiet baie die Savage in FTR, in SA is daar ookal 'n paar op die baan, alhoewel die meeste manne nog die plank gewere gebruik met scope op. Hierdie Savage model is spesifiek ontwerp vir FTR, en volgens alle berigte skiet hulle 'n hond in 'n bos in.

My opinie, jy sal beslis nie 'n fout maak nie, veral nie vir die prys nie. Het jy al gedink aan 'n teleskoop? Onthou dat jy een kry met genoeg elevasie verstelling, op 900 meter stel die .308 manne hier na 30 minute se kant toe!

Groete

Dawie
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Dankie Dawie,

Ek voel al klaar beter.
As ek nou die Savage bestel is hy eers vroeg volgende jaar hier en dit gee darem nog tyd om te besluit oor die teleskoop, maar ek kyk na Leupold of Zeiss. Ek sal op n kol met jou gesels as ek die model nommers het en hoor wat jy dink.

Groete en mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Savage 12FTR .308

Post by Armand Steenkamp »

Witpiet

Ek dink rerig nie jy sal verkeerd gan met daai Savage nie.Hulle skiet sommet baie fyn!En ek dink daai is n baie goeie prys!!!Wonder wat sal hulle in SA kos?
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Armand,

Het op Safari & Outdoor se web tuiste n prys gesien van R15000, maar hulle voorraad was uit en hulle wag vir nuwes om in te kom. Moet net noem dat ek nog net goeie goed hoor van die Savage FTR en is besig om baie opgewonde te raak.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Danie Lombard .243

Re: Savage 12FTR .308

Post by Danie Lombard .243 »

Witpiet

Koop daai roer my ou mater, ek skiet nou al 10 jaar met 'n Savage en NIKS kom by daai roer se akkuraatheid nie. Lank nie meer 'n Savage loop nie, kaput geskiet maar steeds die Savage aksie. Hul is tops! EN die snellers breek soos glas, van die beste op die mark. Ek verkies my Savage sneller bo my super dooper Remington X mark pro sneller. Yardse beter. Nee, ligjare beter.
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Wil net met julle deel dat ek so pas my Savage 308 bestel het, hoop sommer dat hy vroeg volgende jaar al hier is........ ;D
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Savage 12FTR .308

Post by Armand Steenkamp »

Witpiet

BAIE GELUK.Stywe hand druk van diekand af.Hahaha al probleem is nou net daai laaaaang wag!!!!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Ek het gister my nuwe Savage vas gehou en haar n bietjie geliefkoos. :-*

Moet s?, dit was elke bietjie wag die moeite werd gewees. ;D

Hoop ek kry nou my liksens baie vinnig.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Raven »

Witpiet,

DIt bly maar net 'n lekker gevoel daardie.

Liksens gaan mos nie te lank vat nie man, jy skiet nog voor die biltong tyd om is.  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Hunter xxx

Re: Savage 12FTR .308

Post by Hunter xxx »

Pietta
Het jy al met hom geskiet. ???
Hunter
Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: Savage 12FTR .308

Post by Christoff Bosch »

Witpietskiet
Jy het verseker nie 'n fout gemaak nie. Die amerikaner wat laas jaar die canadian cup gewen het skiet met so roer uit die boks uit niks modifikasies nie het 'n 5.5 - 22 x 56 Nightforce opgehad wat 'n 100 moa verstelling het en het die manne stil geskiet.
So baie geluk jy het 'n goeie keuse gemaak.
Christoff
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Christoff Bosch wrote: Witpietskiet
Jy het verseker nie 'n fout gemaak nie. Die amerikaner wat laas jaar die canadian cup gewen het skiet met so roer uit die boks uit niks modifikasies nie het 'n 5.5 - 22 x 56 Nightforce opgehad wat 'n 100 moa verstelling het en het die manne stil geskiet.
So baie geluk jy het 'n goeie keuse gemaak.
Christoff
Dankie Crsitoff,

Ek het so v?r ook nog net baie positiewe dinge gehoor van die Savage. Ek het kontak gemaak met 1 van Team Savage se lede wat met die gewere se skiet, net 1 van die 4 lede se gewere is gepak en dit s? vir my nogal baie. :-X
Ek kan nou net nie meer wag om met hom n paar skote te skiet nie.

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

My lisensie gekry, teleskoop is op en ek gaan Saterdag bietjie die loop in breuk. ;D

Kan nie meer wag nie.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by BLOK »

8 maande, glad nie sleg nie ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Gerhard »

Sit paar fotos op van jou geweer man...

Lekke skiet ek glo jy gaan elke skoot geniet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Savage 12FTR .308

Post by Armand Steenkamp »

Aitsa! En dit het toe ne so lank gevat nie!! Baie geluk!
Onthou om vir ons n fototjie op te sit van die geweer en die geweer se eerste groep!

Maak mooi!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

BLOK wrote: 8 maande, glad nie sleg nie ;D
Blok dink ook nie dit is so sleg nie, ek het vir die liksens 1 maand en 3 weke gewag. :D
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Witpietskiet »

Nou ja, ek het Saterdag die Savage gaan skiet en ek is baie gelukkig met hom. Ek het so tussen die loop inbreuk ook n lading of 2 geskiet. Die wind het egter my planne so bietjie kom om krap, maar ek is baie gelukkig met die Savage. Sien die Savage wil skiet, moet hom net so bietjie "fine tune" :D

[img width=560 height=420]http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00048.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00049.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00051.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00054.jpg[/img]
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Gerhard »

wow...

Ek sal darm met bree bors rondloop met sulke groepe....

Baie netjies gedoen!!!  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by 243Songdaug »

Netjies gedoen!

Pragtige wapen wat perform soos hy moet.
Dont tell me, show me......
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Francois Marais »

Pieta

Sien hy loop soos stroop.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Kalahari »

Pieter
Baie netjies man, ek sal wat gee vir sulke groepe.

Nou kan jy en Ilana mekaar aanvat , sy met die pienk roer en jy met die grys wa. Sal 'n interessante stryd wees.

Groete

Kalahari
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Francois Marais »

Johan
Nou kan jy en Ilana mekaar aanvat
Gani fair wees nie, sy skiet baie beter as hy........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Savage 12FTR .308

Post by Kalahari »

Francois Marais wrote: Johan
Nou kan jy en Ilana mekaar aanvat
Gani fair wees nie, sy skiet baie beter as hy......

FM

Kom ons hoor wat Pieter se op hierdie stelling...... ;D

Groete
Johan
Post Reply