Hornady GMX

Post Reply
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Hornady GMX

Post by DawieKotze »

Het iemand dalk ondervinding van beide die volgende twee koe?ls van Hornady vir jag doeleindes?

30 kal - 150gr Interbond vs 150gr GMX.

Die GMX is 'n monolitiese koe?l met plastiek punt en heelwat duurder as die Interbond, maar as hy werk...............

Meer inligting is hier:
http://www.chuckhawks.com/hornady_GMX_bullets.htm           

maar ek wil graag hoor of iemand al praktiese ondervinding met hulle gehad het in die jagveld.

Groete
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX

Post by Geno »

Madako,
Stefaans het hulle getoets,
Hier is sy verslag: http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=7

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX

Post by erx »

Hi makado

Ek verkies die Hornady interlock bo die interbond, geen ondervinding met GMX maar kan wel se die AMAX wat ook 'n ballistic tip is skiet baie lekker.

Groete
erx
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Erx

Vir watter aplikasie verkies jy die Iterlock bo die interbond?

Die interbond is premium konvensionele corebonded koeel waar die interlock net die locking ring het, breek baie maklik op en die weight retention is omtrent die helfde van die Interbond in die Jag situasie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Madako

Die GMX is baie goeie opsie.
Ek dink nie dit gaan lank vat nie dan sal meeste jagters oor beweeg na die monolitiese opsies wat nie lood bevat nie.

Enige van die volgende opsies in my beskeie mening is goeie roep.

Barnes (Die hele reeks)
Nosler E-tip (Het die kort bowtail)
Hornady GMX ( Het die lang Bow tail)
GSC HV reeks (Word lokaal vevaardig)

En die keuses is in geen spesifieke volgorde nie, almal presteer uitmuntend op werk verrugting en doodmaak vermo
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX

Post by erx »

Hi Jagtersdok

Ek moes een ding by se, Interlocks werk uitstekend op 'n kop of nek skoot, het persoonlik nog nie 'n lyfskoot met hulle probeer nie.
Kry mens 'n boatail in die interbonds?

Groete
erx
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Erx jy Die meeste intebonds is boatail, baie selde wat jy flat base Interbond sal kry.

Ek sal jou nie aanraai om Intrelocks in die blad in te jaag met bietjie ho?r spoed nie, honde gaan baie vleis kry en dalk lood vergiftiging.

Op lae spoed 2400ft/sec hou hy darem sy gewig redelik.

Ek het met 270 1 rooibok ooi op die blad gestamp met Interlock op 100meter, dit het gelyk of handgranaat in haar lyf ontplof het
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX

Post by erx »

Jagtersdok, ek sal jou glo op daai rooibok se blad.
My profile foto was een van hulle op 'n blesbok.

Groete
erx
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Ludwig

Ja ek glo ook die GMX mors minder vleis as die Interbond weer. want daar is tog bietjie lood wat weg spat.

Ek het ook beluit om die monolitiese rigting te gaan as ek al my Interbonds en Accubonds uit geskiet het, maar volgens my is daar net daai 2 keuses as jy konvensionele koeels gaan skiet.

Ek sal dan weer kyk waarvan my roere hou, die GMX of die E-tip of die Barnes Tipped TSX
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Hornady GMX

Post by DawieKotze »

Dankie manne!

Die Interbonds het my en my gewere lank baie goed gedien, maar ek begin ook al hoe meer kyk na monolitiese koe?ls. Na hierdie jagseisoen sal omtrent al die interbonds (150 - 180 gr) op wees en dan sal ek met die GMX en TSX's begin lading soek.

Ek wonder of daar 'n groot verskil gaan wees tussen die sweetspot van die Interbond na die GMX? Sal seker wees met verskillende BC's. Met dieselfde gewig is die GMX mos langer. Is hy beskikbaar in daai Quickload program? Siende dat dit relatief nuwe koe?ls is.

Groete
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Madako

Die GMX is op quickload
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
300Winmag

Re: Hornady GMX

Post by 300Winmag »

madako wrote: Ek wonder of daar 'n groot verskil gaan wees tussen die sweetspot van die Interbond na die GMX? Sal seker wees met verskillende BC's. Met dieselfde gewig is die GMX mos langer. Is hy beskikbaar in daai Quickload program? Siende dat dit relatief nuwe koe?ls is.
Groete
Hornady adverteer die BC as die selfde met die selfde gewigte (SST, Interbond en GMX) so wat hulle in hulle advertensie
se is jy doen jou load development met SST en dan kan jy oor gaan na enige een van die ander 2.
Mens moet net dan bevestig dat hulle wel die selfde skiet. (Net jammer hulle maak nie 180gr .308 GMX nie.)
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

300Win
Dink jy nie 165gr is genoeg koeel uit 308 se loop nie?

Ek dink dis meer as genoeg koeel met die extra spoed wat jy uit daai 165gr mono kry is die slaankrag maar net dieselfde as 180gr en jy kan enige iets tot Eland se kind stamp met daai.

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Jy is heeltemal reg Ludwig
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
300Winmag

Re: Hornady GMX

Post by 300Winmag »

Jagtersdok wrote: 300Win
Dink jy nie 165gr is genoeg koeel uit 308 se loop nie?
Ek dink dis meer as genoeg koeel met die extra spoed wat jy uit daai 165gr mono kry is die slaankrag maar net dieselfde as 180gr en jy kan enige iets tot Eland se kind stamp met daai.
Neels
O nee, dit het nie vir my oor die gewig gegaan nie - dis net die 150gr en 165gr wat ek wel al in my geweer geskiet het, lekker bont was. (Gekoopte Federals) Hy het beter geraak met die swaarder koeels. As die GMX net so lank soos die gewone 180gr is sal ek hulle verseker probeer.  Ek sal enige tyd eerder die ligter punt skiet as ek voldoende
akkuraatheid kry - meer spoed = beter trajek asook bykomende penetrasie. Nee wat die bokkie gaan nie weet ek was 15gr short op die koeel nie. 
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX

Post by Jagtersdok »

Gee daai 165gr GMX 'n try, ek dink hy gaan loop soos stroop in jou 300
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Hornady GMX

Post by DawieKotze »

Ludwig

So jy reken met die 308 (1:12) moet mens maar liewer bly by die 150gr GMX'e? Die 165 Interbonds het soos stroop geloop in myne!

Sal maar albei probeer en kyk.

Ai - dis lekker om 'n herlaaier te wees! Weer iets om na uit te sien!

Groete
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
300Winmag

Re: Hornady GMX

Post by 300Winmag »

Ludwig wrote: Madako, nee, ek kan jou nie 'n besliste antwoord gee nie. Die GMX'e is net baie lank vir hulle gewig, soos met meeste monolitiese koeels. Die 165gr gaan baie naby aan 'n 200gr konvensionele lood koeel se lengte wees, en lengte is tog die bepalende faktor vir loop twist. So my logika s? vir my, as jou geweer nie 200gr loodkern koeels mooi kan stabiliseer nie, gaan hy sukkel met die 165gr GMX'e ook.
Hulle is lank  :o :o Langer as die 200gr Sierra's - ek sal julle aan die einde van die naweek laat weet of hulle die selfde as die Sierras skiet - hoop so
want ek kry hulle so 4 deur een gat (wel net op 50 meter maar dit lyk baie mooi)

En iets anders - die outjies is mooi - sal more aand laai - skiet eers more boog komp (nie so goed soos Gerhard nie maar ok genoeg om dit lekker te maak). Hulle gaan die 300 se dop se lyne nog mooier maak.
300Winmag

Re: Hornady GMX

Post by 300Winmag »

Toe skiet ek amper 3 op 100 meter deur die selfde gat - al die ladings wat ek probeer het,
het kleiner as 'n duim geskiet, met die vinnigste een die beste. Sal nou maar
'n bokkie moet gaan soek.
Post Reply