Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Gestraand uitgevind die groot winkel het hulle eerste Howa 6.5 Creeds met 26" lope ontvang.....
Kan jy nou glo hoe spook daai ekstra 2" by my, ek is soos 'n hoërskool seun wat als glo wat sy pelle hom vertel en wil dit ten alle koste hê...
Is daar meriete daarin vir die odd 50fps by jou nodespoed? Ek is nie nou naby QL nie so kan nie speel nie, sal die node sodanig skuif dat daai ekstra 2" 'n noemenswaardige verskil in die performance van die projektiel op afstand gaan maak?
As ek dit nie mis het nie, dan bring die 26 duim loop wel jou druk af op node spoed, maar die 6.5 Creedmoor doen die beste spoed met n 140gr koel, en n 24duim loop.
Ek skiet self lekker met die 140 NCC uit my geweer teen 2700fps maar ek het S365 Lot 76 wat lekker stadig brand, so ek kan by 'n hoër node uitkom, dis net bietjie naby aan maks vir my smaak, toe dink ek nou maar net as daai hoër node net so bietjie van maks af kan wegskuif met die ekstra 2" sal ek darem baie tempted wees om hom te probeer. Veral met RDFs
Jaco V wrote:Gestraand uitgevind die groot winkel het hulle eerste Howa 6.5 Creeds met 26" lope ontvang.....
Kan jy nou glo hoe spook daai ekstra 2" by my, ek is soos 'n hoërskool seun wat als glo wat sy pelle hom vertel en wil dit ten alle koste hê...
Is daar meriete daarin vir die odd 50fps by jou nodespoed? Ek is nie nou naby QL nie so kan nie speel nie, sal die node sodanig skuif dat daai ekstra 2" 'n noemenswaardige verskil in die performance van die projektiel op afstand gaan maak?
Hello Jan
Ja ek het vandag bietjie kans gehad om met QL te speel en dis verbasend, met die lot S365 wat ek het behoort ek in die omgewing van 2810fps te kry by druk van so 53k psi en dopvulling van 102.5%
Maar sal maar bly by my 24"
Daai funshoot klink lekker ek gaan plan maak. Laat weet die detail asb nader aan die tyd, solank julle manne nie lag nie