Eers geskiedenis. ...
Ek het die wapen uitsluitlik gekoop vir sy Aksie,n P14
My idee was om hom om te bou na n 404 Jeffrey. ..my hart's begeerte.
Oom by wie ek hom gekoop het kon my net se dat die 303 harder skiet as ander 303..
Koop toe die geweertjie met norma doppe ..rcbs epps dies en n klompie gelaaide klippe
Als vir R3500
Toe ek hom kry en besef wat dit is besluit ek om te begin speel met hom en kyk of ek moontlik hom kan kry om n redelike groepering op n 100m te skiet.
Nou ek het nog twee 308 in die kluis wat ek ligter punte teen hoër snelheid kan skiet (150gr Barnes teen so 2800fps) so ek wil swaar punte skiet uit hom vir n lekker bosveld jag lading.
Is huidiglik besig met lading toetse ens ...as ek 1 en n half duim op n 100m met hom kan kry is ek happy. ..wil jag met hom..nie skyf skiet kompetiesies wen nie.
Klaar ander sneller op gesit...nuwe scope. ..wat vandag gedood het na die eerste skoot
Volgende verbetering is nuwe kolf
Sal soos ek aan gaan met hom fotos plaas.
Hiers sy eerste bloed getrek En hier n Gemmie. ..n mooi duk bul.
Eerste keer wat ek sien n Gemmie gaan staan op sy agter voete. ..bulk soos n bees en val letterlik oor sy eie voor voete 5 meter verder......die geweertjie slaan hard!!
Enige raad ...kretiek...of inligting sal ek wardeer
Enige iemand dalk kennis op wats die beste pad vorentoe vir n nuwe kolf?


