My 308 het ontplof :(

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Gelukkig nie ... maar ek sukkel om iets te verstaan.

Ek gaan skiet toe vanoggend 'n paar skote met die 308 wat 'n ander loop gekry het. Die loop is 24.5" lank en lyk soos 'n lekker dik waterpyp :)
Ek gebruik toe Lapua doppe (57gr h20 kapasiteit) wat ge-ful-length size is en waarvan ek die nekke gesny het.

Nou die kamer is met 'n nuwe reamer gesny en daar is geen kopspasie probleme nie. (die slot maak met weerstand op die go-gauge toe)
Die eienaar van die reamer skiet 155.5 gr Bergers op 43gr S335, TPL van 72.25mm uit 'n 30.5" Border loop teen so 2930 fps. Sy pa skiet ook dieselfde lading in sy geweer.
As ek hierdie in Quickload sit wys dit na erge druk teen so 70 000 psi.

Nou ja 43gr is tog nie so erg nie? Om veilig te wees laai ek toe 42.5gr S335 agter 'n 155gr Nosler met TPL van 69mm (10 thou van die lands af)
Die spoed wat ek toe meet met my Oehler is 2825fps gemiddeld vir 5 skote. Hierdie wys na omtrent dieselfde druk in Quickload maar ek sien nie die druk op die doppe/primers of 'n grendel wat moeilik lig nie.


Net om te bevestig die chrono werk, ek het ook 208gr Hornady Amax koeels geskiet teen 2300 fps met 39gr S355 gelaai in die selfde doppe tot 'n TPL van 72.25mm (10 thou van die lands af) wat ooreenstem met quickload.
Die drie rondtes wat ek met my 260 geskiet het stem ook ooreen met Quickload se voorspelling.


Wil iemand waag met kommentaar?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by tafjak »

Arnold

Trek jy die sneller nie te vinnig nie?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Ek het nogal spesiaal hiervoor opgelet en baie stadig getrek.

Ek is nogal opgewonde oor die geweer want die skote het mooi naby aan mekaar gesit, maar ek het te min te vinnig oor 'n te kort afstand geskiet. ;)
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Jagtersdok »

Arnoldus

Okay nou hier is wat ek dink en al so bietjie oor op gelees het.

Party lope kry net meer spoed uit party koele uit, hoekom weet ek nie. Dit is maar net so, veral as jy na van jou beter match lope etc gaan kyk.
Ek het nou sommetjies gemaak met jou spec en jy het so 61 000PSI nodig om daai koeel in jou loop so teen 2820ft/sec te laat stap.
Nou joune skiet 2825ft/sec jy seat 10 Thou van die lands af, dit is netso goed jy jam daai koeel in die lands. Daai koeel het geen vryboor om te hardloop nie, daar word dus nie daai energie verplasing gemaak nie dus het jy groter drik opbouing in daai dop en dit kan ook jou spoed dan aan jaag. Ek het al paar keer gesien as ek teen die lands seat met spesiefieke lading kry ek 'n spoed as ek nou begin dieper seat weg van die lands af neem die spoed af tot by 'n punt en dan begin dit weer optel.

Jy sou verwag dat met daai lading van jou 42.5gr die spoed so 2690ft/sec behoort te wees. Maar met daai stywe reamed kame van jou word geen energie vermors om die dop uit te sit nie, daar word ook groter build up van energie veroorsaak omdat jy teen die lande sit en met daai bakgat loop van jou wen jy meer spoed.

Onthou ook net een ding wat ek ges? het iewers anders, as jy nog nie tekens van druk sien nie beteken dit nie dit is nie daar nie, dit is al lankal daar. ook 'n ander ding, mens sien gouer druk tekens by grrot kamers en aksies wat al bietjie gewerk het omdat die brass makliker kan vervorm.

Maar dit lyk of daai 308 nou mooi gaan loop.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Jagtersdok wrote: Onthou ook net een ding wat ek ges? het iewers anders, as jy nog nie tekens van druk sien nie beteken dit nie dit is nie daar nie, dit is al lankal daar.
Ek stem en dit is presies waarvoor ek versigtig is. Tog hoor ek gereeld van ouens wat hulle 308's met 24" lope aanjaag totdat hulle 2900 fps skiet met 'n 150 gr koeel.

As ek nou eendag tyd het om 'n lading te ontwikkel sal dit nice wees want toe ek vandag vinnig besig is om die teleskoop in te stel en sommer so my laaste twee skote deur dieselfde gat jaag op 50m toe weet ek ... om my loop te vervang was 'n goeie besluit.
Hopelik was daai nie 'n fluke nie.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Jagtersdok »

Arnold

Ek het gevoel in my gat daai 308 van jou gaan super duper bedonerd akuraad wees en jy gaan goeie spoed uit hom kry
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Ek het vanoggend weer bietjie met die meneer gaan skiet. Ek doen toe saam met 'n pel lading ontwikkeling op 300m met daai metode wat jy 20 skote skiet ens.
Ongelukkig het ons altwee se chrono se batterye die gees gegee voor ons ordentlik kon begin. Ek was ook bietjie gekniehalter omdat ek 'n 10X vergroting teleskoop gebruik het so ek sal maar sien of die data enige iets inhou vir my. {die kruis het sommer my mikpunt toegemaak.

As ek moet skat wil ek voorspel dat die sweetspot hier by 2800 fps l? wat so 42gr S335 is. Die 4 skote van 41.8gr 41.9gr, 42gr en 42.1 gr het 'n totale vertikale verspreding van 8mm tussen senters.
Nou hoe akkuraat dit is weet ek nie want 17 van die 20 skote het binne 3" geval en ek het ladings tussen 41.5gr en 43.5gr getoets. So dit kon per toeval gewees het. Volgende sal ek groeperings met die ladings gaan skiet om te sien wat hulle inhou.

Ek het darem een skoot met die 260 ook geskiet  ;D
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by IndianLima »

Arnold,

Hiers waar ek al sweetspots gevind het met meeste 155gr koeels. 2850fps, 2930fps en 2980fps. Daar is ook veronderstel om n sweetspot iewers oor 3000fps te wees, maar ek het nog nie daar uitgekom nie.

Jou kamer is tight maar jy sal 43gr sonder probleme skiet in lapua doppe. Jou 17/20 3" groep klink BAIE belowend vir daai kort lopie!
my 43gr wys nog geen na bitter min druk. ek het al opgestoot na 44.2 voor ek begin primers blaas het! So asseblief moenie gaan 44.2gr gooi nie, maar wees gerus met 43gr.

Laat weet as jy n lading kry.

Groete
Ivan Lamprecht
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Ivan, 43gr wys ook potensiaal en ek reken dit is hier by 2850fps. By 43.1gr het ek die eerste tekens van druk opgetel, of ek dink so.
42.9gr, 43.0gr en 43.1gr is 15mm vertikaal versprei. (soos ek ges? het kan dit ook tedoen het met die teleskoop se klein vergroting.
Ek gaan egter 43gr verder toets vir groepering.

Die 4 skote van 41.8, 41.9, 42 en 42.1gr is egter 'n groter verpsreiding van lading en wys op 'n bietjie meer stabilitiet (in my o?). Hiervan sal ek dan seker 41.9gr en 42gr toets vir groepering.

Onthou daai 17/20 3" groep is met 'n 2gr verskil in ladings geskiet, so ja ek stem saam dat die kort lopie potensiaal wys. Ek sal net een of ander tyd 'n ordentlike teleskoop moet vasbout  ;D
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Ek het vandag toe bietjie gaan verder sukkel met die ladings. Kon darem hierdie kry met een van drie ladings wat ek getoets het.
Die eerste skoot van die groep het hom so bietjie oopgemaak en ek reken dit is oor ek die loop so bietjie met die nylon borsel geskrop het voor die skoot.
Daar sal nog verder gepeuter moet word maar wat opvallend was is die 5 skote wat ek gelaai het met pmp primers en hoe konstant die spoed was teenoor die CCI BR2 primers. Dit is soos Neels s?, die spread was single digits.

[img width=560 height=420]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 132533.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 132651.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 2831-1.jpg[/img]
Hierdie was geskiet op 300m.
Last edited by Arnold on Fri Jun 03, 2011 4:34 pm, edited 1 time in total.
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by IndianLima »

Arnold,

As ek jy was het ek ONMIDDELIK gestop, kan nie veel beter gaan van daar af nie... jy kan maar enige tyd baan toe kom met daai lading en geweer! Enige groep onder n 1/2MOA is goed! as jy hom geskiet het soos op fot 1 en 3 is hy mooi plat ook - as mens nou daai warmer uithaal.

Watse lading het jy hom mee geskiet en teen watse spoed? punte, doppe en primers?

Ivan
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 308 het ontplof :(

Post by Arnold »

Ivan, al drie fot's is van dieselfde groep.

155gr Nosler custom competition - COL 69mm (+-10 thou van die lands af)
Lapua doppe - outside neckturned
CCI BR2 primers
41.9gr S335
2750 fps

Die 43gr lading gee 2850 fps en ek wil hom graag bietjie meer toets. Hy het so 2" op 300m geskiet waarvan 3 skote in 0.7" was en 'n mooi horisontale groepie gemaak het.
Kondiesies was toe nie meer so mooi nie so ek sal weer toets.
Post Reply