Ek gaan skiet toe vanoggend 'n paar skote met die 308 wat 'n ander loop gekry het. Die loop is 24.5" lank en lyk soos 'n lekker dik waterpyp
Ek gebruik toe Lapua doppe (57gr h20 kapasiteit) wat ge-ful-length size is en waarvan ek die nekke gesny het.
Nou die kamer is met 'n nuwe reamer gesny en daar is geen kopspasie probleme nie. (die slot maak met weerstand op die go-gauge toe)
Die eienaar van die reamer skiet 155.5 gr Bergers op 43gr S335, TPL van 72.25mm uit 'n 30.5" Border loop teen so 2930 fps. Sy pa skiet ook dieselfde lading in sy geweer.
As ek hierdie in Quickload sit wys dit na erge druk teen so 70 000 psi.
Nou ja 43gr is tog nie so erg nie? Om veilig te wees laai ek toe 42.5gr S335 agter 'n 155gr Nosler met TPL van 69mm (10 thou van die lands af)
Die spoed wat ek toe meet met my Oehler is 2825fps gemiddeld vir 5 skote. Hierdie wys na omtrent dieselfde druk in Quickload maar ek sien nie die druk op die doppe/primers of 'n grendel wat moeilik lig nie.
Net om te bevestig die chrono werk, ek het ook 208gr Hornady Amax koeels geskiet teen 2300 fps met 39gr S355 gelaai in die selfde doppe tot 'n TPL van 72.25mm (10 thou van die lands af) wat ooreenstem met quickload.
Die drie rondtes wat ek met my 260 geskiet het stem ook ooreen met Quickload se voorspelling.
Wil iemand waag met kommentaar?



