Boog ruil vir geweer

Post Reply
Prado
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am

Boog ruil vir geweer

Post by Prado »

Ek 2 ten volle boë wat ek wil ruil vir n geweer om langafstand te skiet(Bisley)

Hoyt maxxis 35 (80 pond) en Hoyt Matrix (70 pond). Die trek lengte onderskeidelik is 29 en 30 duim. Sites op beide boë is single pin sliders HHA en Viper, 2 scot release snellers en ongeveer 30 pyle waar van 24 nog nooit geskiet is nie. n Dubbel Vangaurd boogtas en n boogsling. Ongeveer 15 stelle broadheads, fletching jig, skaal en n skaal om die trek ponde te meet.

Vir iemand wat belangstel om so ruil te oorweeg kontak my op 083 sewe 76 8895
Copy of fiat 632.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by Plaashaas »

Mooi rooibok!! Hoeveel duim?
Prado
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am

Re: Boog ruil vir geweer

Post by Prado »

Dankie plaashaas, die horings is 22.5 duim.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by swc-tr »

Prado, ek wil ongelukkig nie ruil, maar is verheug jy wil Bisley probeer skiet, baie welkom.
Van waar is jy, kan jou in kontak bring met Bisley mense in jou geweste.
Gaan jy gaatjievisier Bisley skiet, soos met die boog?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Prado
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am

Re: Boog ruil vir geweer

Post by Prado »

swc-tr wrote:Prado, ek wil ongelukkig nie ruil, maar is verheug jy wil Bisley probeer skiet, baie welkom.
Van waar is jy, kan jou in kontak bring met Bisley mense in jou geweste.
Gaan jy gaatjievisier Bisley skiet, soos met die boog?
SWC-TR, ek is van Randburg. Soos jy daar noem, ek probeer Bisley skiet maar daar is groot kanonne wat die manne skiet. Ek skiet op die staduim seker met n windbuks invergelyking met wat van die groot manne mee skiet. My Ruger No1 243 is eintlik my jaggeweer. Ek was nou al twee keer op Heidelberg maar dit is n gesukkel. Die 243 op 900 meter met die wind saam kom op die teiken maar die telling is poef. As jy dink aan Springbok skuts is ek nog net n bok. Jy kan kies watter een ( boerbok?). ;D ;D

Ek het n Night Force op die 243, die scope is amper so lank soos die geweer. Lyk tog te koddig :laugh: :laugh:

Ek was n groot boogjagter maar moes dit op sy sit agv skouer probleme.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by Jake1 »

Adverteer maar wyd op ander plekke ook, hier is nie baie boogjagters hier nie maar wel ontsaglik baie kennis oor geweer teikenskiet.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by JPS »

Sien jy Schalk, nie gaaitjie viesier nie.

Hy join ons jong manne ++>:

Prado, as ek reg is was / is op Anchor Point en Bowhunting forum ? Ek was baie lank laas daar vandat die LA skiet gebyt het. Soos die manne noem probeer maar wyd en suid adverteer en hopenlik kom jy vinnig reg met iets groter as daai meerkat (6mm) geweer.

Moet nie intussen moed verloor nie en bly saam ons skiet op heidelberg. Die wind lesse alleenlik is die moeite werd en gaan jou net help voorentoe wanneer jou toeristing verbeter.

Ps. Daar is 'n dame met Howa 243 22" loop wat glad nie slegte scores skiet tot 800m nie so daai geweer van jou kan verseker gebruik word.

Ek dink daar is weer oefening volgende Saterdag 29 Julie op Heidelberg, hopenlik sien ons jou daar.

Groete
Jan
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by swc-tr »

Hi Jan.
Die man praat my deurmekaar, hy noem hy wil Bisley skiet, dis gaatjievisier, julle jong manne skiet F-Klas, dis nie Bisley nie....... >:D

Grappies, nee wat, dis goed as daar nuwe manne bykom.

Kyk bietjie hier hoe word dit gedoen https://www.facebook.com/media/set/?set ... 152&type=3
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by JPS »

;D as ek na daai man in die geel groen hemp kyk lyk hy redelik moedeloees ++>:

Is maar hoe ke ook baie keer lyk oppie baan :confused:
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by swc-tr »

Het jy opgemerk hoe baie Musgrave RSA aksies daar gebruik word?
En vir die hotkloue (ek is self een), hoe baie LH aksies daar is.

As ek so na die klomp Engelse kyk, kan ons bly wees hulle was nie betrokke tydens die Boere oorlog nie.......
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by JPS »

Net so Schalk,

Na die afgelope Australia match se resultate ook. Daai Pommies mag maar skiet.

Laat weet vir my as jy dalk weet van Linkerhandse aksie, Tristan is ook leftie...

Prado jammer vir die Hi jack - hoop dit was darm paar free bumps op jou advertensie.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by swc-tr »

Jan, Barnard of plaaslik is Mojet die huidige opsies vir Lefties.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Prado
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am

Re: Boog ruil vir geweer

Post by Prado »

JPS wrote:Net so Schalk,

Prado jammer vir die Hi jack - hoop dit was darm paar free bumps op jou advertensie.
JPS, ek is nie veel gepla oor Hi-jack nie. Dit is intressant om te sien waarheen n topic gaan. Maar dankie vir julle aanmoediging. Ek was baie aktief op die Anchor Point maar ek het gehoor die forum bestaan nie meer nie
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by DawieKotze »

swc-tr - wat is die storie met so baie wat kaalvoet skiet? ;D

Dan is daar nog iets wat my opval... Die oorgrote meerderheid gewere het gewone hout kolwe! Hoekom skiet die manne (en vroue) dan nou nie met die hedendaagse duur sintetiese kolwe nie. Ek dog dan hulle is soveel akkurater... :confused: :confused:
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Boog ruil vir geweer

Post by swc-tr »

Dawie, die somer is maar kort in Engeland, hulle wil seker die son geniet..... :laugh:
En dit reen ook baie, seker nie lus om elke aand skoene droog te maak nie.

Houtkolwe werk goed as hulle goed gepak is en waterdig gemaak is, "if it aint broke, don't fix it?"
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Post Reply