Boog ruil vir geweer
-
Prado
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am
Boog ruil vir geweer
Ek 2 ten volle boë wat ek wil ruil vir n geweer om langafstand te skiet(Bisley)
Hoyt maxxis 35 (80 pond) en Hoyt Matrix (70 pond). Die trek lengte onderskeidelik is 29 en 30 duim. Sites op beide boë is single pin sliders HHA en Viper, 2 scot release snellers en ongeveer 30 pyle waar van 24 nog nooit geskiet is nie. n Dubbel Vangaurd boogtas en n boogsling. Ongeveer 15 stelle broadheads, fletching jig, skaal en n skaal om die trek ponde te meet.
Vir iemand wat belangstel om so ruil te oorweeg kontak my op 083 sewe 76 8895

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Mooi rooibok!! Hoeveel duim?
-
Prado
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am
Re: Boog ruil vir geweer
Dankie plaashaas, die horings is 22.5 duim.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Prado, ek wil ongelukkig nie ruil, maar is verheug jy wil Bisley probeer skiet, baie welkom.
Van waar is jy, kan jou in kontak bring met Bisley mense in jou geweste.
Gaan jy gaatjievisier Bisley skiet, soos met die boog?
Van waar is jy, kan jou in kontak bring met Bisley mense in jou geweste.
Gaan jy gaatjievisier Bisley skiet, soos met die boog?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Prado
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am
Re: Boog ruil vir geweer
SWC-TR, ek is van Randburg. Soos jy daar noem, ek probeer Bisley skiet maar daar is groot kanonne wat die manne skiet. Ek skiet op die staduim seker met n windbuks invergelyking met wat van die groot manne mee skiet. My Ruger No1 243 is eintlik my jaggeweer. Ek was nou al twee keer op Heidelberg maar dit is n gesukkel. Die 243 op 900 meter met die wind saam kom op die teiken maar die telling is poef. As jy dink aan Springbok skuts is ek nog net n bok. Jy kan kies watter een ( boerbok?).swc-tr wrote:Prado, ek wil ongelukkig nie ruil, maar is verheug jy wil Bisley probeer skiet, baie welkom.
Van waar is jy, kan jou in kontak bring met Bisley mense in jou geweste.
Gaan jy gaatjievisier Bisley skiet, soos met die boog?
Ek het n Night Force op die 243, die scope is amper so lank soos die geweer. Lyk tog te koddig
Ek was n groot boogjagter maar moes dit op sy sit agv skouer probleme.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Adverteer maar wyd op ander plekke ook, hier is nie baie boogjagters hier nie maar wel ontsaglik baie kennis oor geweer teikenskiet.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Sien jy Schalk, nie gaaitjie viesier nie.
Hy join ons jong manne
Prado, as ek reg is was / is op Anchor Point en Bowhunting forum ? Ek was baie lank laas daar vandat die LA skiet gebyt het. Soos die manne noem probeer maar wyd en suid adverteer en hopenlik kom jy vinnig reg met iets groter as daai meerkat (6mm) geweer.
Moet nie intussen moed verloor nie en bly saam ons skiet op heidelberg. Die wind lesse alleenlik is die moeite werd en gaan jou net help voorentoe wanneer jou toeristing verbeter.
Ps. Daar is 'n dame met Howa 243 22" loop wat glad nie slegte scores skiet tot 800m nie so daai geweer van jou kan verseker gebruik word.
Ek dink daar is weer oefening volgende Saterdag 29 Julie op Heidelberg, hopenlik sien ons jou daar.
Groete
Jan

Hi Jan.
Die man praat my deurmekaar, hy noem hy wil Bisley skiet, dis gaatjievisier, julle jong manne skiet F-Klas, dis nie Bisley nie.......
Grappies, nee wat, dis goed as daar nuwe manne bykom.
Kyk bietjie hier hoe word dit gedoen https://www.facebook.com/media/set/?set ... 152&type=3
Die man praat my deurmekaar, hy noem hy wil Bisley skiet, dis gaatjievisier, julle jong manne skiet F-Klas, dis nie Bisley nie.......
Grappies, nee wat, dis goed as daar nuwe manne bykom.
Kyk bietjie hier hoe word dit gedoen https://www.facebook.com/media/set/?set ... 152&type=3
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Is maar hoe ke ook baie keer lyk oppie baan
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Het jy opgemerk hoe baie Musgrave RSA aksies daar gebruik word?
En vir die hotkloue (ek is self een), hoe baie LH aksies daar is.
As ek so na die klomp Engelse kyk, kan ons bly wees hulle was nie betrokke tydens die Boere oorlog nie.......
En vir die hotkloue (ek is self een), hoe baie LH aksies daar is.
As ek so na die klomp Engelse kyk, kan ons bly wees hulle was nie betrokke tydens die Boere oorlog nie.......
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Net so Schalk,
Na die afgelope Australia match se resultate ook. Daai Pommies mag maar skiet.
Laat weet vir my as jy dalk weet van Linkerhandse aksie, Tristan is ook leftie...
Prado jammer vir die Hi jack - hoop dit was darm paar free bumps op jou advertensie.
Na die afgelope Australia match se resultate ook. Daai Pommies mag maar skiet.
Laat weet vir my as jy dalk weet van Linkerhandse aksie, Tristan is ook leftie...
Prado jammer vir die Hi jack - hoop dit was darm paar free bumps op jou advertensie.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Jan, Barnard of plaaslik is Mojet die huidige opsies vir Lefties.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Prado
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Wed Mar 01, 2017 10:15 am
Re: Boog ruil vir geweer
JPS, ek is nie veel gepla oor Hi-jack nie. Dit is intressant om te sien waarheen n topic gaan. Maar dankie vir julle aanmoediging. Ek was baie aktief op die Anchor Point maar ek het gehoor die forum bestaan nie meer nieJPS wrote:Net so Schalk,
Prado jammer vir die Hi jack - hoop dit was darm paar free bumps op jou advertensie.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Boog ruil vir geweer
swc-tr - wat is die storie met so baie wat kaalvoet skiet?
Dan is daar nog iets wat my opval... Die oorgrote meerderheid gewere het gewone hout kolwe! Hoekom skiet die manne (en vroue) dan nou nie met die hedendaagse duur sintetiese kolwe nie. Ek dog dan hulle is soveel akkurater...

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Boog ruil vir geweer
Dawie, die somer is maar kort in Engeland, hulle wil seker die son geniet.....
En dit reen ook baie, seker nie lus om elke aand skoene droog te maak nie.
Houtkolwe werk goed as hulle goed gepak is en waterdig gemaak is, "if it aint broke, don't fix it?"