Ek is 4:00 die oggend wakker ek kan nie meer slaap nie en gaan gooi n paar stukke hout op die vuur en maak moer koffie. Nie lank nie en almal is wakker en dit klink weer soos n kerk besaar, die verskil is ek sukkel om almal te sien in hulle camo's.
Nie lank nie, kom die Cruisers ons op laai, en kyk ek het n ding vir n Cruiser ook. Daar is manne wat wil stap en ons laai hulle by verskeie punte af.
Nou is ons net vier op die Cruiser. Nie lank nie kry ons springbokke. Nico range en sê 302m, ek hou my turret op 250m mik bietjie op en druk die sneller en sien hoe die bok val in die scope en hoor die doef geluid. Kyk rond wat maak ander bokke en sien een wat staan, ek vra nie afstand nie en mik bietjie hoër en die bok val. Ons gaan laai die bokke, neem nie fotos nie en gaan jag verder. Nie lank nie is daar blesbokke, Nico roep 320m en ek gooi lood en die bok val, kyk weer rond nog ene staan en ek gooi weer lood, ek sien weer hoe val die bok en daai bekende doef geluid. Ai kyk nou is ek in my element. My klong sê vra vir my of hy nou maar ook n beurt mag kry? Ons neem 'n kiekie van die mooi blesbok ooi en ry oor die randjie, wraggies en hier staan die blesbokke weer. Nico roep 335m boeta draai die turret 350m toe en die skoot knal tussen die randjies en vlaktes deur. Ek sien die 87gr vmax tref agter die blad en die bok hardloop oor die randjie. Ek sê vir Nico dis n perfekte hartskoot en die bok lê net aan die anderkant van die randjie. Kyk nou word daar eers "gehigh five" dit is boeta se verste skoot nog. ( My klong oefen meeste Saterdae saam met my en hy skiet gonge tot 600m, ek ken sy vermoëns, vir julle manne wat dalk wonder of dit verandwoordelik is.)
Intussen kom die Gemsbokke uit ek sê vir Nico eerste bok links is die grootste, ek roep 326m die skoot knal uit die 300wsm sako TRG en die 165gr Barnes ttsx tref net agter die blad. Die bok val nie en draf n ent, ons ry nader en hy begin loop en toe staan hy , "quatering away" ek roep 336m en die skoot knal weer, weereens perfek agter die blad, die bok spring met n spoed weg maar begin later gelukkig loop. Ek hou haar met n valk oog dop tot sy in rivierloop verdwyn. Ek merk die groot groen bos.Ons is lekker hoog teen n randjie en kan vir kilometers sien. Sy kom nie uit die bos nie. Ons ry toe terug om die randjie om my klong se blesbok te gaan oplaai neem vinnig n kiekie en gaan soek die gemsbok. Ons kry haar toe lê onder n boom agter die bos en Nico gee die genade skoot. Ek kan nie glo die bok was nie dood na twee perfekte long skote nie nie en die Barnes is natuurlik dwarsdeur.
Ons besluit om terug te ry na die kraal waar die werkers die bokke kom haal om af te slag en die ander manne daar kry om n worsie te braai in die veld. Oppad kraal toe gewaar ons die "nar van die veld" en Nico roep 350m Ek laat 1minuut toe vir wind en weer " quatering away" skoot. Die skoot klap, doef en die malbees trek daar weg met spoed, maar na 25m ploeg hy gat oor kop teen die grond vas. Nico sê so droog weg: " Daar ruik hy nou harpuis." Ry nader en sien dit is maar n kleinerige bok. Het later 32kg uitgeslag. Ek vra toe vir die boer wat noem mens hierdie groen bossie met die vetplant agtige blare? Hy antwoord:" Nee ek is seker dit is n noemnoem bos." Ek vra:" 'n noemnoem bos?" Hy sê ja, noem dit net wat jy wil.
Ry kraal toe gaan braai n worsie en Dewald en Gerhardt sluit by ons aan. Ons gaan nou loopvoël jag, maar hulle is in die wildskamp, en die boer sê ons moet net mooi kyk vir die Livingstone elande, swartwitpense en goue wildebeeste waneer ons skiet. Ek sê toe: "lekker man daar vat hy! No pressure!" Oppad voltruise toe gewaar ons n rooibok maar net sy kop steek uit tussen die bosse. Plaas die kruishaar tussen die oë en onthou om te kyk waar is die smartie bokke en ander duur bokke, gewaar niks, druk die sneller en hy val. Stap toe nader en sien ek het links verby in die nek geskiet. Glad nie waar ek gemik het nie.
Ons gewaar die voltruise en die boer sê ons moet kyk een voltruis het n stok in sy nek ons moet hom skiet. Boeta sê hy sien hom en dit is nou sy beurt. Die skoot klap en die volstruis lê. Boeta sê eerste voltruis. Die ander hardloop so ent weg en loop staan en ek skiet een in die nek. My eerste volstruis.
Nou jag die ander manne koedoes en nie lank nie of twee bulle kom uit die bos gehardloop. Hulle skiet twee skote maar mis. Dit begin sterk skemer raak en ons besluit huiswaarts te keer. Boeta kry nog n springbok ram oppad huis toe.
Sal later dag twee vertel.
So paar kiekies.
