Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post Reply
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

Donderdag die 29 Junie se more breek aan, daar heers groot opgewonde in ons huis, vandag ry ons jagveld toe. Egter eers n paar takies om klaar te maak voor ons ry. My klong se skool het nou wragtig gaan hokkie en rugby wedtryde reël die dag wanneer ons wil ry! Nie teenstaande maak ons maar sy verpligtinge klaar en val so 16:00 in die pad. Die N1 is besig en ons arriveer 20:00 op die plaas. My pelle met hulle klonge is an lankal daar en die vuurtjie brand al hoog. Nou kyk ek het baie goeie pelle, skaars daar aangekom en gegroet laai die ander seuns die Hilux af. My pelle stop so n koue een in die hand. 'n Man is mos dors na die lang pad en jou senuwees op vir die taxis wat lorries verby gaan op sperstrepe, sodat jy links op die grond moet ry om hulle te vermy. Ons braai n vleisie en die klink soos n kerk besaar soos die manne klets. Die Boer vertel ons hy het geen reëls nie, maar asb. veiligheid, veiligheid en veiligheid is al reël wat hy het. Gelukkig is almal vroeg in die bed.

Ek is 4:00 die oggend wakker ek kan nie meer slaap nie en gaan gooi n paar stukke hout op die vuur en maak moer koffie. Nie lank nie en almal is wakker en dit klink weer soos n kerk besaar, die verskil is ek sukkel om almal te sien in hulle camo's.

Nie lank nie, kom die Cruisers ons op laai, en kyk ek het n ding vir n Cruiser ook. Daar is manne wat wil stap en ons laai hulle by verskeie punte af.

Nou is ons net vier op die Cruiser. Nie lank nie kry ons springbokke. Nico range en sê 302m, ek hou my turret op 250m mik bietjie op en druk die sneller en sien hoe die bok val in die scope en hoor die doef geluid. Kyk rond wat maak ander bokke en sien een wat staan, ek vra nie afstand nie en mik bietjie hoër en die bok val. Ons gaan laai die bokke, neem nie fotos nie en gaan jag verder. Nie lank nie is daar blesbokke, Nico roep 320m en ek gooi lood en die bok val, kyk weer rond nog ene staan en ek gooi weer lood, ek sien weer hoe val die bok en daai bekende doef geluid. Ai kyk nou is ek in my element. My klong sê vra vir my of hy nou maar ook n beurt mag kry? Ons neem 'n kiekie van die mooi blesbok ooi en ry oor die randjie, wraggies en hier staan die blesbokke weer. Nico roep 335m boeta draai die turret 350m toe en die skoot knal tussen die randjies en vlaktes deur. Ek sien die 87gr vmax tref agter die blad en die bok hardloop oor die randjie. Ek sê vir Nico dis n perfekte hartskoot en die bok lê net aan die anderkant van die randjie. Kyk nou word daar eers "gehigh five" dit is boeta se verste skoot nog. ( My klong oefen meeste Saterdae saam met my en hy skiet gonge tot 600m, ek ken sy vermoëns, vir julle manne wat dalk wonder of dit verandwoordelik is.)

Intussen kom die Gemsbokke uit ek sê vir Nico eerste bok links is die grootste, ek roep 326m die skoot knal uit die 300wsm sako TRG en die 165gr Barnes ttsx tref net agter die blad. Die bok val nie en draf n ent, ons ry nader en hy begin loop en toe staan hy , "quatering away" ek roep 336m en die skoot knal weer, weereens perfek agter die blad, die bok spring met n spoed weg maar begin later gelukkig loop. Ek hou haar met n valk oog dop tot sy in rivierloop verdwyn. Ek merk die groot groen bos.Ons is lekker hoog teen n randjie en kan vir kilometers sien. Sy kom nie uit die bos nie. Ons ry toe terug om die randjie om my klong se blesbok te gaan oplaai neem vinnig n kiekie en gaan soek die gemsbok. Ons kry haar toe lê onder n boom agter die bos en Nico gee die genade skoot. Ek kan nie glo die bok was nie dood na twee perfekte long skote nie nie en die Barnes is natuurlik dwarsdeur.

Ons besluit om terug te ry na die kraal waar die werkers die bokke kom haal om af te slag en die ander manne daar kry om n worsie te braai in die veld. Oppad kraal toe gewaar ons die "nar van die veld" en Nico roep 350m Ek laat 1minuut toe vir wind en weer " quatering away" skoot. Die skoot klap, doef en die malbees trek daar weg met spoed, maar na 25m ploeg hy gat oor kop teen die grond vas. Nico sê so droog weg: " Daar ruik hy nou harpuis." Ry nader en sien dit is maar n kleinerige bok. Het later 32kg uitgeslag. Ek vra toe vir die boer wat noem mens hierdie groen bossie met die vetplant agtige blare? Hy antwoord:" Nee ek is seker dit is n noemnoem bos." Ek vra:" 'n noemnoem bos?" Hy sê ja, noem dit net wat jy wil. ++>:

Ry kraal toe gaan braai n worsie en Dewald en Gerhardt sluit by ons aan. Ons gaan nou loopvoël jag, maar hulle is in die wildskamp, en die boer sê ons moet net mooi kyk vir die Livingstone elande, swartwitpense en goue wildebeeste waneer ons skiet. Ek sê toe: "lekker man daar vat hy! No pressure!" Oppad voltruise toe gewaar ons n rooibok maar net sy kop steek uit tussen die bosse. Plaas die kruishaar tussen die oë en onthou om te kyk waar is die smartie bokke en ander duur bokke, gewaar niks, druk die sneller en hy val. Stap toe nader en sien ek het links verby in die nek geskiet. Glad nie waar ek gemik het nie.

Ons gewaar die voltruise en die boer sê ons moet kyk een voltruis het n stok in sy nek ons moet hom skiet. Boeta sê hy sien hom en dit is nou sy beurt. Die skoot klap en die volstruis lê. Boeta sê eerste voltruis. Die ander hardloop so ent weg en loop staan en ek skiet een in die nek. My eerste volstruis.

Nou jag die ander manne koedoes en nie lank nie of twee bulle kom uit die bos gehardloop. Hulle skiet twee skote maar mis. Dit begin sterk skemer raak en ons besluit huiswaarts te keer. Boeta kry nog n springbok ram oppad huis toe.

Sal later dag twee vertel.
So paar kiekies.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by joe rocket on Sat Jul 08, 2017 6:00 pm, edited 4 times in total.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

DAG 2

Saterdag oggend breek aan en dit is met gemengde gevoelings om by die vuur sit en wag vir die ketel om te kook. Vandag is ons laaste jag dag, môre moet ons huis toe. Die Cruiser kom haal ons sewe uur en dit klink alweer soos n kerkbesaar soos die manne kekkel.

Chris se seun wil graag n springbok skiet en nie lank nie kry ons hulle onder in die vlakte. Hierdie bokke is fiks hulle wy teen 80km/h, ons sukkel om naby te kom. Die bokke hardloop oor n randjie en ons besluit om hulle te bekruip. Johan neem sy skiet stokke en ons klap 'n toon. Die wind waai gelukkig in ons gesigte. Bo die randjie gewaar ons die bokke en " jagmode" tree automaties in. Op 200m vra ek vir Johan of hy gemaklik is met skiet stokke oor die afstand. Hy sê ons kan maar lood gooi oom! Regs staan n mooi ram hy lê aan en die nul kwes weergalm oor die vlaktes en die bok val. Die ram het later 28kg karkas uitgeslag.

Die ander manne soek weer koedoe en ons ry na n 6000 hektaar kamp met n klomp klowe en droeë rivier beddings. Nie lank nie spring daar twee bulle uit die bos en die Jordaan broers gooi lood! Dit klink asof die derde wêreld oorlog wat uitbreek soos hulle skiet maar niks is raak nie. Die koedoes verdwyn oor die randte. Groet maar die koedoes hulle is weg.
Ons ry verder, nou kyk hierdie kamp is groot en kon net sowel die tokkel kamp gedoop word, want vir kilometers sien jy tokkel. Ewe skielik spring daar twee mooi koedoe koeie uit die rivierloop en ek hou my ore toe en wag vir die Jordaan broers se skote, maar niks! Ek vra hoekom gooi julle nie lood nie? Nee kom die antwoord ons skiet nie koedoe koeie nie.

Ons ry verder die tokkel in en kry 'n trop blesbokke tussen die randjies. Dewald lê aan op n mooi ram ek roep 300m en die Musgrave praat! Die ram lê, maar is nie dood nie, rug af. Dewald se oom Chris vat my groen mamba korrel so oor die tralies en skiet die blesbok in die kop. Hy sê: " pappie die mamba pik giftig". Ons ry weer, hierdie keer die berge in. Ek kan nie glo waar daai Cruiser kan ry nie. Kom af met die berg en gewaar n Gemsbok. Net sy kop steek uit. Chris lê aan met sy 375 ek roep 200m en die skoot loop. Geen doef. Kyk die gemsbok trek daar weg met spoed, hardloop en draai terug na ons toe. Die Jordaan broers spring af en toe breek die vierde wêreld oorlog uit. Sommer uit die vuis! Een skoot is raak en die bok val! Chris vat die groen mamba en gee die genade skoot in die nek net agter die kop. Ek range gou afstand en die leica sê 300m. Kyk die Jordane kan skiet. Ons gaan braai n vleisie in n droeë rivierloop.

Ek soek nou my gemsbok en skakel oor na jag "mode" en ons ry en ons ry maar sien niks. Dit raak laat en daglig raak min. Ek maak maar vrede en kry so gevoel dat ek nie my gemsbok gaan kry nie. Die boer sê ons gaan gou uitkyk punt toe ry daar sal ons mooi kan kyk. Wragtig bo-op uitkyk punt gewaar ons 4 Gemsbokke so 2km van ons af. Ek besef dit is laat en draai die Zeiss sê turret na 350m. Ons ry nader die gemsbokke gewaar ons ek dink by myself dit is nou of nooit! Klop op die dak en die Cruiser stop. Ek plaas die kruishaar agter die blad kyk vinnig en sien die bok is wild ver. Ek "Kentucky windage" die kruishaar nog so 35cm hoër en laat loop. Ek sien hoe die 87gr vmax die blad been voor die hart tref en weet hier is moeilikheid! Die 3 ander bokke laat loop rivier toe en die kwesbok agterna maar hy draf nie lekker nie en sukkel. Johan en ek skiet nog twee skote maar dit is mis. Ons ry rivier toe en my maters is soos mes van die bakkie af en loop langs die rivier mooi in gelid. Die ander Cruiser laat weet die kwesbok is nie by die ander gemsbokke nie. Ek en die boer ry in die rivier af. Ek sê vir hom kom ons gaan terug waar ons die bok geskiet het en vat sy spoor. Hy sê dis reg ons maak so. Kyk my senuwees is op ons het nog vyftien minute daglig oor en ek weet die skoot is n sitter in die engine kamer daai bok sal more nie sien nie, maar die donker gaan ons vang. Ons ry terug na waar ek die bok geskiet het en daar sien ek hom oppad na n ander beboste rivierloop. Draai turret na 200m en skiet terwyl hy loop. Dis raak en hy steier voerentoe en val. Ry nader en gee die genade skoot. Die boer sê vir my die bok het ver gestaan sommer baie ver. Verligting tree in en almal is weer kalm. By nadere ondersoek sien ons dit was n gis koei. Lekker vet slag 102kg uit, karkas.

Hierdie was een van my lekkerste jagte ooit. Ver skote ja, maar ons oefen mos gereeld. Selfs die boer het gesê dit is n plesier om te kyk hoe die kinders en manne skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by joe rocket on Sat Jul 08, 2017 11:05 am, edited 5 times in total.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Heinz Petersen »

Lekker storie Jason en wraggies n paar mooi fotos. Baie geluk met al die bokke.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by toelie »

Lekker as n jag so loop, lekker wye afstande ook geluk
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Springkudu »

Baie netjies Joe, lekker storie om te lees ook. Geluk met die suksesvolle jag aan jou en jou seun, ons wag in spanning vir dag 2 se verhaal....
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by ruaanb »

groot lekkerte ou maat!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by FHM »

Lekker Joe - baie geluk julle ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Gawie(13mm) »

Smaak my daai "Zombie" hou van bel! ;D

Welgedaan Jason. Dra asb. my gelukwense aan jou klong ook oor.
Dankie vir die deel en die mooi foto's.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Jurgen Visser »

Lekker vertel Jason , met trots kan jy jou bors uitstoot vir jou seun
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Parker »

Mooi storie van n groot lekker! Hierdie jaar was my kleinseun vir die eerste keer saam. Wat n voorreg om die lekker op sy gesig elke dag te kon sien. Hy is nog klein, net 4 jaar oud maar klaar n mannetjie van en vir die veld.
Stoot lood!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

Die Gembokke. Vir my een van die mooiste bokke.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

Regter en linker blad waar koeël in is en gedeeltes uit is. Blad been voor hart wat gebreek is. 2cm links en dit was n perfekte skoot.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Ashley »

Baie geluk Joe!
Die Gemsbok is rerig n pragtige bok ja, hys nog op my to-do lysie ook
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

Johan se springbok saam met sy neef Dewald.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Flip Nel »

Sjoe julle het lekker gejag, baie geluk, dankie vir die deel
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Mellies »

Mooi man! Nou lekker saam gejag...

Met n vleisie...
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by joe rocket »

Dankie vir die gelukwensinge manne my klong sê ek moet vir die ooms ook dankie sê.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by dawiec »

biae geluk Jason! mooi skote!!
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Steyr270 »

Skitterende storie, pragtige fotos.
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by jankraay »

joe rocket wrote:Die Gembokke. Vir my een van die mooiste bokke.
Een van die lekkerste bokke ook. Wel gedaan met die jag.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 477
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by Sean3006 »

Thank you for sharing your tale with us Joe...
Reading these stories will have to do for those of us that arent makng it to the hunting grounds this season...
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nog 'n Pa en Seun jag in die hart van die Karoo.

Post by PWV »

Nou eers tyd gekry om jou storie te lees, Jason. Pragtig en goed om te sien hoe 'n pa en seun saam deelneem aan hierdie sport waarvoor ons so lief is.
Post Reply