9.3 x 62 herlaai data

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Hennie Oelofse »

Apie wrote:
Ek oorweeg nou om dalk sagter(konvensionele) punte te gebruik vir volgende seisoen.

Sent from my D5803 using Tapatalk
285gr Norma Oryx is n sagte "bonded" punt, hy werk baie lekker in my 9.3x62.

Probeer hom bietjie, jy sal nie fout maak nie!!!
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Apie »

Hennie Oelofse wrote:

Sal hom 'n 'go' gee!

Sent from my D5803 using Tapatalk
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Flip Nel »

Stem, die Norma Oryx het ook baie goed gewerk in my geweer, sal hulle maklik gebruik op enige bok.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Hennie Oelofse »

Flip nel wrote:
Hennie Oelofse wrote:
Apie wrote:
Ek oorweeg nou om dalk sagter(konvensionele) punte te gebruik vir volgende seisoen.

Sent from my D5803 using Tapatalk
285gr Norma Oryx is n sagte "bonded" punt, hy werk baie lekker in my 9.3x62.

Probeer hom bietjie, jy sal nie fout maak nie!!!

Stem, die Norma Oryx het ook baie goed gewerk in my geweer, sal hulle maklik gebruik op enige bok.
En teen so R 1250.00 vir 100 "premium bonded" punte gaan jy nie beter kwaliteit vir die prys kry nie.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Carl »

Ek het verlede week die TSX geruil vir Pro-amm 286gr. Moet eerlik wees die koeëls lyk heel netjies. Ek het nou alles hier gelees en hoewel Somchem nie data gee nie sal ek begin met:

54gr S355 lot 009/05 wat volgens die grafiek op 0.00 is.
Sal magnum primers gebruik. En dan spoed terug rapporteer.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Beer (Christo) »

Hi Carl

Sal graag will hoor of jy reggekom het met die Pro-amms. Ek het 'n klomp vir my pa gekoop om te laai.

Dan sal ek ook graag will hoor wat is die manne se mening oor ie volgende. Ons het nog 286gr Nosler Partitions en dit gemeet met 'n vernier - almal 9.3mm. Die Pro-amms meet tussen 9.26mm en 9.28mm.

Is dit 'n probleem en moet ek iets aanpas omdaarvoor te kompenseer?

Groete
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Flip Nel »

Beer (Christo) wrote:Hi Carl

Christo, ek so 3 jaar terug Pro-ams saam met Partitions gelaai, , die partitions gee bietjie meer druk, moes hulle klein bietjie met minder kruit laai vir die selfde spoed maar hulle werk goed, kan ongelukkig nie meer die ladings onthou nie, dit was voor Quickload

Op die oomblik gebruik ek net Pro-ams
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Swede »

Carl wrote:Ek het verlede week die TSX geruil vir Pro-amm 286gr. Moet eerlik wees die koeëls lyk heel netjies. Ek het nou alles hier gelees en hoewel Somchem nie data gee nie sal ek begin met:

54gr S355 lot 009/05 wat volgens die grafiek op 0.00 is.
Sal magnum primers gebruik. En dan spoed terug rapporteer.
Carl vir watter rede het jy oorgeskakel Pro-Amm toe?
And as thy days, so shall thy strength be
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Carl »

Swede wrote: Carl vir watter rede het jy oorgeskakel Pro-Amm toe?
Ek het hier raad gekry om hulle te gebruik. Tene die snelheid wat ek skiet gaan dit nie te veel pla nie. Daar was nie toe GSC beskikbaar nie.
Beer (Christo) wrote:Hi Carl
Sal graag will hoor of jy reggekom het met die Pro-amms. Ek het 'n klomp vir my pa gekoop om te laai.
Dan sal ek ook graag will hoor wat is die manne se mening oor ie volgende. Ons het nog 286gr Nosler Partitions en dit gemeet met 'n vernier - almal 9.3mm. Die Pro-amms meet tussen 9.26mm en 9.28mm.
Is dit 'n probleem en moet ek iets aanpas omdaarvoor te kompenseer?
Groete
Nee my herlaai kamer is in bokse, en my press is nog nie vasgemaak nie. Ek mag nie herlaai voor ek nie die ander bokse uitgepak het nie.
Loodkern gaan so effe uitsit so sal die loop vul, dit behoort nie probleem te wees nie. Dalk is die Pro-Amms se druk dan effe laer as die Noslers, en dit is weerens net 'n teken van die kwaliteit werk van PMP.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Beer (Christo) »

Dankie vir al die terugvoer

Ons het nog so paar Partitions oor, maar hulle het duur geraak om op die baan uit te skiet. Sal hulle hou vir jag en dan oorgaan na die pro-amms vir baan. Maar ons sal heel moontlik later die pro-amms ook vir jag gebruik.

Ek dink dis was in die thread genoem dat weens die relatiewe laer spoed van die 9.3, hulle goed genoeg is vir jag.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Flip Nel »

Beer (Christo) wrote:Dankie vir al die terugvoer

Ons het nog so paar Partitions oor, maar hulle het duur geraak om op die baan uit te skiet. Sal hulle hou vir jag en dan oorgaan na die pro-amms vir baan. Maar ons sal heel moontlik later die pro-amms ook vir jag gebruik.

Ek dink dis was in die thread genoem dat weens die relatiewe laer spoed van die 9.3, hulle goed genoeg is vir jag.
Christo

Ek het die Pro-ams van Eland af gebruik, ek sal nie as ek kan help 'n groot eland bul laag op die blad skiet as ek kan nie, daai skouer bene is bitter groot, maar vir die ander skote sal ek hulle maklik gebruik, selfs met nek skote het hulle lekker gewerk, nie deurgeskiet nie maar nogsteeds die nek gebreek. Hoop dit help

groete
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Beer (Christo) »

Help baie. Dankie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Carl »

Carl wrote:Ek het verlede week die TSX geruil vir Pro-amm 286gr. Moet eerlik wees die koeëls lyk heel netjies. Ek het nou alles hier gelees en hoewel Somchem nie data gee nie sal ek begin met:
54gr S355 lot 009/05 wat volgens die grafiek op 0.00 is.
Sal magnum primers gebruik. En dan spoed terug rapporteer.
Ek het nou uiteindelik my herlaai kamer reg. Bokse is amper uitgepak & press is vasgemaak.

Ek het die lading gaan skiet. Dit is effe laag, ek mik na 2200-2300 om hom 'n plat skieter te maak ;)
1 1930, 2 1965, 3 1989 gem 1961 vps
Lading 54 gr S355 lot 009/05
TPL 3.155" (Magasyn 3.328" maks)
Lapua dop se H2O is 74.67 (klaar geskiet)
CCI250
Loop lengte 22 duim.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Carl, as jou 9.3 'n baie lang jump het maak hy maar so.

Werk op tot jou verkose spoed.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Pappabeer »

Carl, ek kan nie my spoed in die 9,3x62, .416 Ruger of .458 Lott kry met S355 nie. Ek weet nie of sekere lotte baie stadig is nie. Met 56gr S341 kry ek daai 286gr ProAmm koele om so 2260 fps te vlieg uit my A graad Mauser se 24" loop
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Carl »

Dankie manne ek het nou weer onthou ons gaan ander dryfmiddel gebruik! Dit was op 'n ander draad gewees.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Flip Nel »

Pappabeer wrote:Carl, ek kan nie my spoed in die 9,3x62, .416 Ruger of .458 Lott kry met S355 nie. Ek weet nie of sekere lotte baie stadig is nie. Met 56gr S341 kry ek daai 286gr ProAmm koele om so 2260 fps te vlieg uit my A graad Mauser se 24" loop
Selfde, met vorige lot het ek veilig 2400 fps gekry, met huidige lot kan ek net 2300 fps kry oor dop vol is
Engel
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Tue Jun 23, 2015 9:22 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Engel »

Ek kon tot vandag toe nog nooit n 250gr 9.3 tsx punt in enige bok kry nie, eland, bwb, zebra....niks. Alles in en uit. Kop, nek of blaaie. Ek het nou 286gr tsx gekry waarvoor ek gaan laai.

Ek gryp toe nou die dag die 338lm met 300gr scenars in om n parmantige bwb to klop. Naby genoeg gekom en vir sy nek deur die kop geskiet. Kom by die bwb net om n opgevromelde 100gr stukkie lood uit die nek uit te krap. Nou is ek van voor af bang en sal maar bly by die 9.3 met barnes tsx.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by spekieries »

Net om aan te sluit by Flip. Ek het die naweek 'n groot blouwildebees 'n kopskoot geskiet met 'n 286 grein pro-am. Die koeël het gedoen wat hy moes. Reg van voor deur die dik skedel. Het hom op sy hurke geslaan en hy het net daar omgetiep.

Ek laai 335. My geweer is 'n 20 duim CZ 550 Battue. Omdat die loop maar kort is wil ek weet, gaan ek meer spoed uit die S355 kry as uit die S 335. My geweertjie skiet mooi akkuraat met die S335.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Oom Anton, ek het teen 2250fps geskiet met my Battue met 286gr Pro Amm en S355
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by spekieries »

Daai klink na 'n mooi spoed Deon. Miskien moet ek die S355 bietjie probeer.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Carl »

spekieries wrote:Ek laai 335. My geweer is 'n 20 duim CZ 550 Battue. Omdat die loop maar kort is wil ek weet, gaan ek meer spoed uit die S355 kry as uit die S 335. My geweertjie skiet mooi akkuraat met die S335.
Nee jy sal nie, al die advies is dat ek 'n vinniger dryfmiddel moet gebruik. Die dopvulling is maar 'n beperking. Anders moet jy ligter koeëls gebruik. Wat van GS Custom?
As jy spoed soek kontak vir Geno http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 29#p664529 ;D
'n 20" 9.3 is om goed soos BWB op kort afstande dood te maak!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Carl ,jy kan met daai 20.5" loop 'n lekker node slaan met die 286gr teen 2250fps.

S355 gee vir jou beter spoed teen laer druk. Ek was happy!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Carl »

DWB wrote:Carl ,jy kan met daai 20.5" loop 'n lekker node slaan met die 286gr teen 2250fps.
S355 gee vir jou beter spoed teen laer druk. Ek was happy!
Deon ek het darem 22" om mee te werk, maar probeer nou 341. As dit nie werk nie sal 'n pel dit oorneem.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Apie »

spekieries wrote:Daai klink na 'n mooi spoed Deon. Miskien moet ek die S355 bietjie probeer.

Julle gaan nie spoed kry uit S335 Lot11 met daai kort loop nie.
Lot 11 is staaaaaadddiiggggg.

my 9.3 kry ek 2176fps voor 52.8gr S335 Lot(699 en 706 en nog 'n ou blik alles deeglik gemeng.) met 'n 286 ProAmm uit ' 24duim loop.

Die volgende node is by 55000 psi op 2317fps.

Ek het nog nie opgewerk na hom toe nie. Hy skiet plat genoeg...
Post Reply