Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Ek het verlede week die TSX geruil vir Pro-amm 286gr. Moet eerlik wees die koeëls lyk heel netjies. Ek het nou alles hier gelees en hoewel Somchem nie data gee nie sal ek begin met:
54gr S355 lot 009/05 wat volgens die grafiek op 0.00 is.
Sal magnum primers gebruik. En dan spoed terug rapporteer.
Sal graag will hoor of jy reggekom het met die Pro-amms. Ek het 'n klomp vir my pa gekoop om te laai.
Dan sal ek ook graag will hoor wat is die manne se mening oor ie volgende. Ons het nog 286gr Nosler Partitions en dit gemeet met 'n vernier - almal 9.3mm. Die Pro-amms meet tussen 9.26mm en 9.28mm.
Is dit 'n probleem en moet ek iets aanpas omdaarvoor te kompenseer?

Groete
Christo, ek so 3 jaar terug Pro-ams saam met Partitions gelaai, , die partitions gee bietjie meer druk, moes hulle klein bietjie met minder kruit laai vir die selfde spoed maar hulle werk goed, kan ongelukkig nie meer die ladings onthou nie, dit was voor Quickload
Carl wrote:Ek het verlede week die TSX geruil vir Pro-amm 286gr. Moet eerlik wees die koeëls lyk heel netjies. Ek het nou alles hier gelees en hoewel Somchem nie data gee nie sal ek begin met:
54gr S355 lot 009/05 wat volgens die grafiek op 0.00 is.
Sal magnum primers gebruik. En dan spoed terug rapporteer.
Carl vir watter rede het jy oorgeskakel Pro-Amm toe?
Swede wrote: Carl vir watter rede het jy oorgeskakel Pro-Amm toe?
Ek het hier raad gekry om hulle te gebruik. Tene die snelheid wat ek skiet gaan dit nie te veel pla nie. Daar was nie toe GSC beskikbaar nie.
Beer (Christo) wrote:Hi Carl
Sal graag will hoor of jy reggekom het met die Pro-amms. Ek het 'n klomp vir my pa gekoop om te laai.
Dan sal ek ook graag will hoor wat is die manne se mening oor ie volgende. Ons het nog 286gr Nosler Partitions en dit gemeet met 'n vernier - almal 9.3mm. Die Pro-amms meet tussen 9.26mm en 9.28mm.
Is dit 'n probleem en moet ek iets aanpas omdaarvoor te kompenseer?
Groete
Nee my herlaai kamer is in bokse, en my press is nog nie vasgemaak nie. Ek mag nie herlaai voor ek nie die ander bokse uitgepak het nie.
Loodkern gaan so effe uitsit so sal die loop vul, dit behoort nie probleem te wees nie. Dalk is die Pro-Amms se druk dan effe laer as die Noslers, en dit is weerens net 'n teken van die kwaliteit werk van PMP.
Ons het nog so paar Partitions oor, maar hulle het duur geraak om op die baan uit te skiet. Sal hulle hou vir jag en dan oorgaan na die pro-amms vir baan. Maar ons sal heel moontlik later die pro-amms ook vir jag gebruik.
Ek dink dis was in die thread genoem dat weens die relatiewe laer spoed van die 9.3, hulle goed genoeg is vir jag.

Christo
Ek het die Pro-ams van Eland af gebruik, ek sal nie as ek kan help 'n groot eland bul laag op die blad skiet as ek kan nie, daai skouer bene is bitter groot, maar vir die ander skote sal ek hulle maklik gebruik, selfs met nek skote het hulle lekker gewerk, nie deurgeskiet nie maar nogsteeds die nek gebreek. Hoop dit help
Carl wrote:Ek het verlede week die TSX geruil vir Pro-amm 286gr. Moet eerlik wees die koeëls lyk heel netjies. Ek het nou alles hier gelees en hoewel Somchem nie data gee nie sal ek begin met:
54gr S355 lot 009/05 wat volgens die grafiek op 0.00 is.
Sal magnum primers gebruik. En dan spoed terug rapporteer.
Ek het nou uiteindelik my herlaai kamer reg. Bokse is amper uitgepak & press is vasgemaak.
Ek het die lading gaan skiet. Dit is effe laag, ek mik na 2200-2300 om hom 'n plat skieter te maak
1 1930, 2 1965, 3 1989 gem 1961 vps
Lading 54 gr S355 lot 009/05
TPL 3.155" (Magasyn 3.328" maks)
Lapua dop se H2O is 74.67 (klaar geskiet)
CCI250
Loop lengte 22 duim.
Carl, ek kan nie my spoed in die 9,3x62, .416 Ruger of .458 Lott kry met S355 nie. Ek weet nie of sekere lotte baie stadig is nie. Met 56gr S341 kry ek daai 286gr ProAmm koele om so 2260 fps te vlieg uit my A graad Mauser se 24" loop
Pappabeer wrote:Carl, ek kan nie my spoed in die 9,3x62, .416 Ruger of .458 Lott kry met S355 nie. Ek weet nie of sekere lotte baie stadig is nie. Met 56gr S341 kry ek daai 286gr ProAmm koele om so 2260 fps te vlieg uit my A graad Mauser se 24" loop
Selfde, met vorige lot het ek veilig 2400 fps gekry, met huidige lot kan ek net 2300 fps kry oor dop vol is
Ek kon tot vandag toe nog nooit n 250gr 9.3 tsx punt in enige bok kry nie, eland, bwb, zebra....niks. Alles in en uit. Kop, nek of blaaie. Ek het nou 286gr tsx gekry waarvoor ek gaan laai.
Ek gryp toe nou die dag die 338lm met 300gr scenars in om n parmantige bwb to klop. Naby genoeg gekom en vir sy nek deur die kop geskiet. Kom by die bwb net om n opgevromelde 100gr stukkie lood uit die nek uit te krap. Nou is ek van voor af bang en sal maar bly by die 9.3 met barnes tsx.
Net om aan te sluit by Flip. Ek het die naweek 'n groot blouwildebees 'n kopskoot geskiet met 'n 286 grein pro-am. Die koeël het gedoen wat hy moes. Reg van voor deur die dik skedel. Het hom op sy hurke geslaan en hy het net daar omgetiep.
Ek laai 335. My geweer is 'n 20 duim CZ 550 Battue. Omdat die loop maar kort is wil ek weet, gaan ek meer spoed uit die S355 kry as uit die S 335. My geweertjie skiet mooi akkuraat met die S335.
spekieries wrote:Ek laai 335. My geweer is 'n 20 duim CZ 550 Battue. Omdat die loop maar kort is wil ek weet, gaan ek meer spoed uit die S355 kry as uit die S 335. My geweertjie skiet mooi akkuraat met die S335.
Nee jy sal nie, al die advies is dat ek 'n vinniger dryfmiddel moet gebruik. Die dopvulling is maar 'n beperking. Anders moet jy ligter koeëls gebruik. Wat van GS Custom?
As jy spoed soek kontak vir Geno http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 29#p664529
'n 20" 9.3 is om goed soos BWB op kort afstande dood te maak!