Archangel vir Howa kort aksie.

Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Gawie(13mm) »

Ek het gister 'n jeuk gekrap wat nou al lank pla. ;D
My Howa .243, loop baie mooi met sy John Deere kolf op die baan, maar vir algemene jag en veldskiete is hy te swaar en sy voorgreep, hopeloos te wyd. Die rede vir die breë voorgreep was om stabilieteit te waarborg, aangesien die kolf uit soliede hout gemaak is.
Ek het hard na die GRS Beserk gekyk en sy prys was baie aanloklik. Ek het egter die Archangel kolf van "Promag" op 'n ander draad raak gesien en nes Martin begin navraag doen, maar niemand kon my sê wie die plaaslike agente is nie.
"The Shooting Guy's" het ook 'n foto vn 'n kliënt se geweer geplaas en ek het by hulle navraag gedoen.

Kurt het binne 'n half uur op my epos gereageer en beskikbaarheid en 'n prys bevestig.

Ek sou egter nog 'n bietjie moes spaar om die kolf en die vervoer koste uit Durban te bekostig.

Ek stap toe gister middag by Guns and Bows in Bellville in en daar staan wraggies 'n swart Archangel kolf teen dieselfde prys as wat Kurt my kwoteer het.(Jammer Kurt, ek het geswig >:D )

Teen R 8500 moes ek hom net vat. >:D

Terug by die huis het ek die aksie uit die ou kolf gehaal en in die Archangel ingeglip. Hy pas asof hy ge-glasbed is.
Terugskop nok vas teen die kolf met die aksieskroewe se gate wat 100% oplyn. Vasgedraai soos per die ingeslote instrusies en afgesit baan toe.

Ek was maar bra skepties oor die uitvoubare tweepoot, maar het maar aangestoot. Dit vou onder die voorgreep in na agter en is effens veerbelaai. Met die ontsluiting daarvan, spring dit omtrent 10 mm uit en van daar swaai dit uit na voor. Dit sluit positief in die oop posisie en is nogal stewig met omtrent 2 grade se kantel wat toegelaat word na elke kant. Die tweepoot kan "gelaai" word deur in die kolf in te leun. Die onderkante van die pote is geruit en is nie met rubber bedek nie.

Die snellerbeul is in een stuk gegiet saam met die kolf en die skede vir die magesyn steek onder die kolf uit en is skuins na binne afgewerk.
Die ProMag, 10 skoot magesyn gaan maklik in en sluit positief. Ek het 10 rondtes gelaai en al tien het telkemale seepglad gevoer, alhoewel my 243 se kamer oorgesny is na 'n .243 Ackley. Die magesyn is self 'n briljante stukkie ontwerp. Dit is 'n dubbel-stapel magesyn met 'n tuit aan die bokant wat die boonste patroon senter en mooi oplyn met die kamer. Die magesyn is dus amper dieselfde lengte as ander 5 skoot magesyne!

Die magesyn val egter nie vry wanneer dit ontsluit word nie en moet fisies uitgetrek word. Die knip sit tussen die snellerbeuel en die magesyn, soos dit hoort en sal nie maklik aan iets vashaak nie.

Daar is een gat, voor op die punt en twee agter aan weerskante van die kolf, vir QD hegpunte om 'n draband te akommedeer.

Die wangstuk se hoogte is verstelbaar dmv. 'n draaiknop wat positief "haak". Die treklengte kan op dieselfde manier verstel word. Ek het die kolf binne minute opgestel om my te pas en die "amphidexteres" gans-nek greep sal vir sommiges effens skraal voel, maar die palm-swel vergoed daarvoor.

Ek is heel in my skik met die kolf en dit lyk vir my na beter waarde vir geld as van die ander opsies. Ek sal wel metter tyd die twee poot vervang met 'n Harris maar soos die meegaande foto toon, doen die uitvou model sy werk.

So lyk die eerste drie skote op 100m, na ek die teleskoop weer op korrel gekry het.

....en so lyk my HOWA met sy nuwe baadjie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170706/efa925aaf4deaff455946fc9f6d371e4.jpg

Amper vergeet ek.
Daar is 'n flap aan die onderkant van die greep wat as bêre plek vir Allen sleutels, 'n "Bore snake" of self 'n paar ekstra patrone kan dien.

Ek sal in die week nog foto's plaas.
Last edited by Gawie(13mm) on Thu Jul 06, 2017 9:12 am, edited 5 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by PWV »

Met hierdie enjin gaan jy nou weer moeilikheid maak. Geluk mater, ek hoop al jou skote loop altyd so!

Sal 'n paar gloeimanne moet verkoop om so 'n ding aan te skaf!
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Plaashaas »

Dit lyk baie Gawie. Geluk man
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Ashley »

Daai lyk nou wraggies smart!
Baie geluk Gawie, baie mooi kolf..
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Heinz Petersen »

Nou lyk dit na n " kom kyk my geweer" opset. Nou kort jy net n Sinclair F-class bipod vir bel afstande skiet.
Het jy n traantjie gestort oor die J D kolf wat moes plek maak vir die nuwe een :)
Netjiese groepie daai.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by neef »

dit lyk baie goed, pragtig man. geniet hom en reguit skote vir jou met hom
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
User avatar
TSG
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Feb 14, 2017 6:14 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by TSG »

Gawie(13mm) wrote:Ek het gister 'n jeuk gekrap wat nou al lank pla. ;D
My Howa .243, loop baie mooi met sy John Deere kolf op die baan, maar vir algemene jag en veldskiete is hy te swaar en sy voorgreep, hopeloos te wyd. Die rede vir die breë voorgreep was om stabilieteit te waarborg, aangesien die kolf uit soliede hout gemaak is.
Ek het hard na die GRS Beserk gekyk en sy prys was baie aanloklik. Ek het egter die Archangel kolf van "Promag" op 'n ander draad raak gesien en nes Martin begin navraag doen, maar niemand kon my sê wie die plaaslike agente is nie.
"The Shooting Guy's" het ook 'n foto vn 'n kliënt se geweer geplaas en ek het by hulle navraag gedoen.

Kurt het binne 'n half uur op my epos gereageer en beskikbaarheid en 'n prys bevestig.

Ek sou egter nog 'n bietjie moes spaar om die kolf en die vervoer koste uit Durban te bekostig.

Ek stap toe gister middag by Guns and Bows in Bellville in en daar staan wraggies 'n swart Archangel kolf teen dieselfde prys as wat Kurt my kwoteer het.(Jammer Kurt, ek het geswig >:D )

Teen R 8500 moes ek hom net vat. >:D

Terug by die huis het ek die aksie uit die ou kolf gehaal en in die Archangel ingeglip. Hy pas asof hy ge-glasbed is.
Terugskop nok vas teen die kolf met die aksieskroewe se gate wat 100% oplyn. Vasgedraai soos per die ingeslote instrusies en afgesit baan toe.

Ek was maar bra skepties oor die uitvoubare tweepoot, maar het maar aangestoot. Dit vou onder die voorgreep in na agter en is effens veerbelaai. Met die ontsluiting daarvan, spring dit omtrent 10 mm uit en van daar swaai dit uit na voor. Dit sluit positief in die oop posisie en is nogal stewig met omtrent 2 grade se kantel wat toegelaat word na elke kant. Die tweepoot kan "gelaai" word deur in die kolf in te leun. Die onderkante van die pote is geruit en is nie met rubber bedek nie.

Die snellerbeul is in een stuk gegiet saam met die kolf en die skede vir die magesyn steek onder die kolf uit en is skuins na binne afgewerk. Die ProMag, 10 skoot magesyn gaan maklik in en sluit positief. Ek het 10 rondtes gelaai en al tien het telkemale seepglad gevoer, alhoewel my 243 se kamer oorgesny is na 'n .243 Ackley. Die magesyn is self 'n briljante stukkie ontwerp. Dit is 'n dubbel-stapel magesyn met 'n tuit aan die bokant wat die boonste patroon senter en mooi oplyn met die kamer. Die magesyn is dus amper dieselfde lengte as ander 5 skoot magesyne! Die magesyn val egter nie vry wanneer dit ontsluit word nie en moet fisies uitgetrek word. Die knip sit tussen die snellerbeuel en die magesyn, soos dit hoort en sal nie maklik aan iets vashaak nie.

Daar is een gat, voor op die punt en twee agter aan weerskante van die kolf, vir QD hegpunte om 'n draband te akommedeer.

Die wangstuk se hoogte is verstelbaar dmv. 'n draaiknop wat positief "haak". Die treklengte kan op dieselfde manier verstel word. Ek het die kolf binne minute opgestel om my te pas en die "amphidexteres" gans-nek greep sal vir sommiges effens skraal voel, maar die palm-swel vergoed daarvoor.

Ek is heel in my skik met die kolf en dit lyk vir my na beter waarde vir geld as van die ander opsies. Ek sal wel metter tyd die twee poot vervang met 'n Harris maar soos die meegaande foto toon, doen die uitvou model sy werk.

So lyk die eerste drie skote op 100m, na ek die teleskoop weer op korrel gekry het.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20170526_162843.jpg

....en so lyk my HOWA met sy nuwe baadjie.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20170526_162517.jpg

Amper vergeet ek.
Daar is 'n flap aan die onderkant van die greep wat as bêre plek vir Allen sleutels, 'n "Bore snake" of self 'n paar ekstra patrone kan dien.

Ek sal in die week nog foto's plaas.
No Stress Gawie(13mm), glad you managed to get what your heart desired ^-^
Burn Powder, Not Your Pocket!

kurt@theshootingguys.co.za

www.theshootingguys.co.za

CZ75 9mmP Compact, .22LR Anschutz, Howa 6.5CM, DWM 7x57, Howa .308, Sabbati 12ga OU
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Boersonderroer »

Ek is nie 'n groot ondersteuner van die bench styl kolwe nie, maar daai is nou bitter mooi.
Geluk, hoop jy geniet hom
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by joe rocket »

Mastag maar dis mooi. Die goose neck lyk sommer windgat. Geniet hom.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Swede »

Baie mooi Gawie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Hansieslim »

Dalk kan ek so van die sideline af inkom en net noem dat ek ook al goeie en vininge reaksie van Kurt af gekry het die tye wat ek navrae gedoen het. Sal graag eendag ook iets by hom wil koop vir sy goeie diens.

Baie mooi Gawie. Daai Howa lyk nou sommer Super Windgat!!!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Swede »

Van wat is die kolf gemaak?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Gawie(13mm) »

Swede wrote:Van wat is die kolf gemaak?
Die manne se webtuiste praat van 'n "koolstof gevulde polimeer".

Baie dieselfde gevoel as Remington se "All weather" kolwe. Glad nie die "sagte rubber" gevoel of die "flex" van 'n Hogue nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by PWV »

Gawie(13mm) wrote:
Swede wrote:Van wat is die kolf gemaak?
Die manne se webtuiste praat van 'n "koolstof gevulde polimeer".

Baie dieselfde gevoel as Remington se "All weather" kolwe. Glad nie die "sagte rubber" gevoel of die "flex" van 'n Hogue nie.
Op Afrikaans noem hulle dit "tupperware" ;)
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Swede »

PWV wrote:
Gawie(13mm) wrote:
Swede wrote:Van wat is die kolf gemaak?
Die manne se webtuiste praat van 'n "koolstof gevulde polimeer".

Baie dieselfde gevoel as Remington se "All weather" kolwe. Glad nie die "sagte rubber" gevoel of die "flex" van 'n Hogue nie.
Op Afrikaans noem hulle dit "tupperware" ;)
Dankie nou verstaan ek ;)
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Hein (Haan) »

Hy lyk mooi Gawie , baie geluk

Sent from my iPhone using Tapatalk
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Supacow »

Amper vergeet ek.
Daar is 'n flap aan die onderkant van die greep wat as bêre plek vir Allen sleutels, 'n "Bore snake" of self 'n paar ekstra patrone kan dien.

Moet maar n paar losprimers daar wegsteek vir noodgevalle ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by Gawie(13mm) »

Supacow wrote:Amper vergeet ek.
Daar is 'n flap aan die onderkant van die greep wat as bêre plek vir Allen sleutels, 'n "Bore snake" of self 'n paar ekstra patrone kan dien.

Moet maar n paar losprimers daar wegsteek vir noodgevalle ;)
Eina!!! Bloei my skene nou! :-[
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Archangel vir Howa kort aksie.

Post by dawiec »

netjies Gawie!
Post Reply